Selfpublikasie Kompetisie

SA STORIES/DIGTERS in samewerking met GROEP 7 UITGEWERS en SA VRYSKUTSKRYWERS bied aan:

SELFPUBLIKASIE KOMPETISIE – Junie 2017

Dit is met GROOT opgewondenheid dat ons hierdie, ses–maandelikse kompetisie op ons twee blaaie aankondig!! Die geleentheid vir ons lede om hul eie KORTVERHAAL-/DIGBUNDEL te publiseer!!

REëLS:

1) Die kompetisie sal twee maal per jaar op albei blaaie aangebied word.

2) 1 Wenner en 2 naaswenners op elke blad

3) Wenner word die volgende aangebied:

– Jou eie kortverhaal-/digbundel gepubliseer deur Groep 7 Uitgewers.
– 15 Kortverhale of 80 Gedigte per bundel.
– Onder die titel van jou keuse.
– Gratis voorbladontwerp, bladuitleg, ISBN nr, en ook verspreiding op aanlyn winkel – geborg deur Groep 7 Uitgewers.
– 50 Gratis bundels elk – om te verkoop/versprei vir jou eie winste.
– Gratis proeflees deur Leoni Benghiat– Geborg deur SA Vryskutskrywers en ook advertering van jou bundel op haar relevante aanlyn-bladsye.
– Boekbekendstelling saam met SA Stories/Digters se boekbekendstellings en blootstelling op ons blog en Facebook bladsye.

4) 2 Naaswenners kry presies dieselfde – behalwe elkeen slegs 10 gratis
bundels elk.

5) Enige verdere bestellings kan daarna deur die wenners by Groep 7 gemaak
word teen R50@ bundel, of bepaal soos deur Groep 7.

6) Beoordeling van wenners/naaswenners sal gemaak word deur Riana le
Roux, Elsabe de Beer en Leoni Benghiat.

7) Die EERSTE 20 lede wat in “comments” ‘n JA plaas, kom in aanmerking vir hierdie wonderlike geleentheid. Wees net egter seker dat jy genoeg kortverhale/gedigte sal hê vir jou bundel teen die sluitingsdatum.

8) ‘n Inskrywingsfooi van R100 MOET teen 1 Julie 2017 betaal word deur elk van die 20 lede wat hul name geplaas het – anders verbeur jy jou plek en word ander lede kans gegee. Die bankdetails sal persoonlik aan die betrokke lede verskaf word.

9) Die sluitingsdatum vir die voorlê van 3 Kortverhale en 5 Gedigte vir beoordeling is vanaf 1 September tot 7 September. Dit sal deelnemers na ons e-pos.

10) Die wenner en naaswenners sal aangekondig word op die blaaie op Maandag 17 September 2017

11) Daarna sal die wenner/naaswenners al hul kortverhale en gedigte moet stuur vir proeflesing, bladuitleg ens.- wat deur Groep 7 en SA Vryskutskrywers hanteer sal word.

12) Die bundels word vroeg in 2018 saam met ons volgende SA Stories/Digters bundels by ‘n boekbekendstellingsfunksie bekendgestel.

13) Die beoordeling van die inskrywings gaan streng toegepas word op die kwaliteit van die skryf/digwerk en sal veral ook op taalversorging/spelling gekeur word.

14) Jou inskrywing moet vergesel word van jou bundel se TITEL, asook ‘n lokteks, ‘n foto en beskrywing van jouself.

15) Die wenners en naaswenners mag daarna (vir een rondte), nie weer aan die kompetisie deelneem nie, om so veel moontlik van ons lede ‘n kans te gee.

Hierdie is ‘n fantasiese geleentheid wat julle nie moet misloop nie!
ONS IS BAIE OPGEWONDE OM HIERDIE PAD SAAM MET JULLE TE STAP!

DIE 20 PERSONE VIR DIE DIGBUNDEL-KOMPETISIE (Selfpublikasie) IS:

Marietjie Erasmus
Werner Wehmeyer
Simon Riekert
Beatrix Hooman
Adele van Zyl
Salome Oppermann
Melinda Du Plessis
Ansie Drotsky
Roeline van Schalkwyk
Susan Tiervlei
Annalize Booysen
Marion Philander
Jacqueline Esterhuyse-Smit
Linda du Plessis
Gert Jakobs
Riana Barnard Matthee
Adéle Theron
Alida Marais
Zareth Ciska Geyser
Zanelle Jordaan

Lees asb die reëls weer baie goed deur. Indien jy besluit om te onttrek moet jy binne 24 laat weet, sodat die volgende persoon op die lys genoegsame tyd gegun kan word vir deelname.

Die inskrywingsgeld van R100 moet teen 1 Julie 2017 inbetaal word. Die rekeningbesonderhede sal persoonlik aan julle ge-inbox word. Versuiming van inbetaling sal veroorsaak dat jy outomaties jou plek verbeur.

Julle het drie maande om voor te berei vir die keuring/beoordeling wat tussen 1-7 September voorgelê moet word. Sterkte en weereens baie geluk!

2 thoughts on “Selfpublikasie Kompetisie

  1. Ronel says:

    Wow! Wat ‘n fantastiese geleentheid vir die uitsonderlike lys name! Baie sterkte aan elke een van julle. Ek is baie dankbaar dat ek nie ‘n beoordelaar hoef te wees nie. Welgedaan julle!

Lewer kommentaar