Ons Storie

Geskiedenis van SA Stories en SA Digters:
Alle lede, ek wil iets hier se, die wat die boekbekendstelling gaan mis, gaan baie mis. Ek het 6 maande gelede hierdie blad toevallig ontdek toe ek gesoek het na ‘n plek waar ‘n mens skrywers kan help. Hierdie blad was sonder admin, en ek het dit geneem. Ek het dit SA Stories hernoem, op daardie stadium was ek en Ilette van groep 7 op soek na skrywers om deel te neem aan ‘n kompetisie wat ons wou loods. Riana was een van die eerstes wat gereageer het op my versoek. Na ‘n rukkie het ek haar gevra of sy my nie wil help met die admin van hierdie bladd en nog een wat ek gestig het, SA Digters. Die res is geskiedenis. Maar ek wil vandag se baie, baie dankie vir Riana met al haar slim planne wat sy altyd het vir ons blaaie. Ek en sy gee werklik so baie om vir julle, ons is aan haar baie dank verskuldig. Ook aan al die ander admin lede wil ek se baie, baie dankie vir al die hulp en raad sonder elkeen van julle sou ons nie nou gewees het waar ons is nie – op pad na ons tweede kortverhaalbundel en digbundel.
SA Skrywers, julle is in veilige hande hier, ons gaan GROOT hoogtes bereik, wag en kyk. Baie dankie Riana, Pieter, Suretha, Ria en Werner. Julle is onontbeerlik!!

Elsabe de Beer

One thought on “Ons Storie

  1. Ronel says:

    Elsabe, jy en Riana het vir so baie van ons yslik-groot geleenthede gebied en hekke oopgemaak wat ons nooit self sou kon doen in ses maande se tyd nie!
    Om dankie te sê voel so min, maar glo my dat van my kant – en ek glo ek praat eintlik namens almal – is ons dankbaarheid baie groter as woorde! xxx

Lewer kommentaar