Gedigte van ons Facebook groep

Dwaalspoor

ek stap terug
op die dwaalspoor
van ontnugtering
soek na die rede vir
jou haastige vertrek
ek talm by die valsheid
van jou woorde
die skroeiende kyke
in jou raaisel-spieël oë

ek het jou slaafs gevolg
my laat lei deur jou hande
jou vals-liefde in my gekoester
niksvermoedend, verdiepgeraak
in jou manlikheid

nou soek ek na broodkrummels
wat in dié doolhowe
my terug moet neem
na ‘n veilge hawe
waar die verbond
van ons liefde
eens sin gemaak het

©Riana le Roux
27/05/2017

One thought on “Gedigte van ons Facebook groep

  1. Ronel says:

    Dis ‘n lieflike gedig Riana, veral jou metafoor van die broodkrummelpaadjie soos Hansie en Grietjie is vir my besonder goed!

Lewer kommentaar