Opsoek na ‘n boek wat jou hart raak?

deur Maritza du Preez

The light between oceans- ML Stedman

Hierdie verhaal is seker een van die mees onverbeterlikste
vertellings wat ek nog gelees het!  Die skrywer slaag  daarin om ń diepere simboliek van alles wat voor
jou afspeel tuis te bring. Jy word uitgedaag om na te dink oor ń paar dinge.

Die ligtoring dien as die sentrale punt waarom alles afspeel en sorg vir die perfekte ruimte vir groot drama’s om in te ontvou.

“If a lighthouse looks like it’s in a different place, it’s not the lighthouse that’s moved.”

Vanaf die eerste gety wat inkom word jy saam met die bladsye ingetrek
omspoel deur die liefde, die spanningsdrade van vriendskap. Verteer deur die verraad en diepe leed van elke karakter.

ń Tema van die onbaatsugtige liefde tussen ń moeder en haar kind sal jou diep ontroer. Die oorlog getysterde tydperk waarin meeste van die gebeure afspeel dra waarskynlik ook sterk by tot die karakters se gemoedstoestande, wat jou net nog meer empatie met hulle laat ervaar.

Die prosesse wat mens volg om te genees na diep verwonding. Isabel se selfkasteiding word aangebring deur haar baba’s se stil geboortes. Jy leef saam met haar in haar kop en sien die verlies aan selfwaarde maar ervaar ook dieselfde tipe pyn wat Hannah Potts verduur om haar man en kind aan die see te verloor. The light between oceans is ń storie oor verwerping,  aanvaarding asook diepe verlies. Hoe groot is die hart van ń pa? Wat sal hy opoffer?

“Every end is the beginning of something else.”

untitled.png

Lewer kommentaar