Skilder met Woorde Uitdaging 6 Wenner

UITDAGING 6 – Vallei Arts En Crafts
WENNER !!!

Misleide sandpaleis
So vroeg vertrap my meisiekind
jou hart gedoop in see van pyn
jou leef gebou ʼn sandkasteel
bring vreug, liefd en samesyn

Jou emmer styfgedrukte sand
vorm heel jou brose sandkasteel
in leed verwoes deur woeste wind
jou hart’s verdriet, verdeel

Nog jonk was jy my meisiekind
ʼn plaas se moord, word dit genoem
ʼn nuut verkragte skommeling
met mense lewens wreed verdoem

Ek sien jou oog vol sonneskyn
hier by jou wankel sandpaleis
jou ewig durend hart is bly
gevorm vreugde, liefde in jou hartspaleis18342547_636326383233093_8579653572751143965_n.jpg

2 thoughts on “Skilder met Woorde Uitdaging 6 Wenner

  1. Ronel says:

    Skitterend Hannes en so bly vir jou!
    Kon jy Desember dink dat jy Meimaand al hier sou sit met ‘n hele paar wenners!

Lewer kommentaar