Sonja Brown se wenbrief

WENBRIEF VAN PRETUITDAGING 3!

Sonja Brown to SA Stories

Pretuitdaging 3
Selfmoord Brief van ‘n Sirkusnar
98 Woorde

2 Mei 2017
Jakkie, my seun, jy kry my groot skoene. Die bloues wat jy altyd wou hê, maar nooit wou vol staan nie.
Ernie, vir jou gee ek my rooi neus. Dit word nie deur alkohol misbruik veroorsaak nie.
Stefanie, my blink onderbaadjie is joune. Vals steentjies daarop. Soos jou liefde.
Kevin, my pruik met helder kleure is joune. Dit sal jou klagte-tong bietjie ophelder.
Mamma, die plastiese trofëe wat sê ‘World’s best friend’ op die vertoonkas is vir jou. Net om te wys ek WAS goed genoeg vir IEMAND.
J.

Jippie, die pille begin werk… Nag, Pappa.
©Sonja Brown

2 thoughts on “Sonja Brown se wenbrief

Lewer kommentaar