Wenner van vonkgedig uitdaging 6

WENNER VAN VONKGEDIG UITDAGING 6:🎉🎉🎉

Baie geluk Beatrix Hooman!

Pragtige gebruik van die 7 woorde.

Inbox asb jou posadres vir my.

MELODIE VAN ‘N GOUSBLOM

geil, skaam staan jy gousblom
angstig, wagtend vir oggendson

onder die sering van lang skaduwees
ontluik die nostalgie om harte te genees

kosbaar in skoonheid geskep
toegevou in blare, ñ gogga vasgevang in jou web

kom proe jy die oggendstond
druppels dou wat saggies drup, om jou rond

is dit dalk nog ñ traan
wat so heilsaam skugter taan

sing die wind saggies sy treurlied
ñ unieke melodie, wat net jy kan bied

©BcHooman

One thought on “Wenner van vonkgedig uitdaging 6

Lewer kommentaar