Aandag Proeflesers

Ons vra dringend vir gekwalifiseerde proeflesers waarvan ons kan rekord hou. Ons gaan binnekort heelwat poeflesers nodig kry. Leoni sal nie alles alleen kan behartig nie. Maar jy moet ‘n gekwalifsieerde proefleser wees, met die nodige ervaring. e pos aan elsabedebeer8@gmail.com

Te Laat

TE LAAT

(Deur: Riana le Roux)

Sy sit al twee dae hier langs my bed my hand en vashou. Prewel net die heeltyd saggies, terwyl trane sporadies oor haar wange kom en gaan. En ek? Ek hang net hier . . .tussen niks en nêrens! In die milli-sekondes voor die bus die kant van my bakkie getref het, het my lewe nié by my verby geflits soos almal altyd sê nie. Wat beteken dit? Dat ek nie regtig gelewe het nie? Stront man! Ek is Paul Struwig de Klerk Jnr. Natuurlik het ek ‘n lewe …gehad. Weet die spul hier ooit presies wie ek is?

Hel, ek verstaan nie regtig wat hier aangaan nie. Ek sweer ek droom seker weer. Ek sit, nee hang dan hier en kyk na myself wat in die bed lê, gekoppel aan pype en masjiene wat die heeltyd piep en skree. Geen mens sal kan slaap met die flippen geraas nie. As ek uit dié bed opstaan, gaan iemand les opsê.

“Paul, hoor jy my?” Marda fluister sag hier by my oor. Ek kan haar warm asem teen my wang voel. “Ek is so jammer oor alles. Ek moes nooit al daardie dinge vir jou gesê het nie. Ek is jammer.” Snikkend laat sak sy haar kop op my bors.
Ek wil my hand uitsteek en oor haar lang donker hare streel – haar troos – maar ek lê net daar. Of hang ek hier? Dan onthou ek die helse fight wat ons gehad het voor ek werk toe is en ek met skreeuende bande daar weg is! Oor Lizelle. Ek wonder waar is Lizelle? Sy sal seker nie kom nie.

‘n Kort grys mannetjie in ‘n wit jas stoot skielik die deur oop en kom staan langs my bed. In sy hand is ‘n klomp papiere. Hy praat sag, maar saaklik met Marda wat intussen op haar voete gekom het. Seker een of ander kwaksalwer.
“Mevrou De Klerk, die toetse bevestig wat ek reeds vermoed het. U man is in ‘n koma. Behalwe vir breinswelling, kan ons geen defnitiewe skade sien nie, maar net die tyd sal leer. Hy sal voorlopig aan die ventilator gekoppel bly tot ons verdere toetse gedoen het.” Dit klink of hy ‘n geoefende rympie opsê. ‘n Koma! Hy weet duidelik nie waarvan hy praat nie, die idioot. Ek kan dan alles hoor. Ek is dan hier!

Marda gaan sit weer op die stoel. Sy is wasbleek. “Dankie dokter,” is al wat sy kan uitkry terwyl snikke nou haar skraal lyf skud. Sjame, sy lyk so moeg, weerloos en alleen. Ek het vergeet hoe mooi sy is. Haar lang swart hare raam haar vleklose, fyn gesiggie en haar groot blou oë is nou nog meer prominent as gewoonlik, met die donker kringe wat onder hulle lê. Wat het ek aangevang! Hoe maak ek die gemors reg? Hoe kon ek so wreed wees? Dis eintlik so ironies. Ek is seker die bekendste prokureur in die stad, wat gewoonlik ander mense se gemors opruim en hulle uit die moeilkheid kry, en nou? Nou hang ek net hier . . . en kyk.

Veel later, laat Marda haar ompraat om huis toe te gaan om te gaan rus. Ek wil skree dat sy moet bly. Dat sy my nie alleen moet los nie. Dat ek jammer is. Maar sy hoor my nie. Die horlosie teen die muur tik onophoudelik en oorverdowend. Hoe lank gaan ek hier hang? Of lê, of wat ook al. Dan swaai die deur oop en Lizelle sluip saggies in tot langs my bed. Jimmel sy is sexy! ‘n Paar aande gelede, het ek nog daardie sensuele lippe gesoen en my hande oor haar lyf laat gly. Nou staan sy hier, met ‘n vreemde geamuseerde glimlag op haar gesig.

“Ja, Paul,” fluister sy sag. “Ons sou môre dié tyd al in Mauritius wees en nou lê jy hier. Jy het seker ook nooit die moed gehad om vir Marda te vertel van my nie, nê? Wel, my lewe gaan aan en ek sien nie kans vir die drama nie. Jy sal in elkgeval nie weer uit die bed opstaan nie. Ek het net kom groet. Ek gaan nou by Du Plooy en Malan werk . Stefan du Plooy het my ‘n fantastiese aanbod gemaak wat ek nie kan weier nie. Koebaai.” Sy draai summier om en loop nonchalant weg, sonder om weer terug te draai.
Ek wil vir haar sê dat ek wel vir Marda vertel het en dat dit die rede is waarom ek hier lê, maar ek lê net daar terwyl ‘n masjien aan die linkerkant van my bed skielik alarm maak en sy haarself vinnig uit die voete maak. Ek is kwaad, bang en moedeloos. Dan begin my lyf op die bed onbedaardelik te ruk en twee susters storm die kamer binne.

“Code blue!” skree die een en druk ‘n knoppie op die een monitor. Dit is te midde van die daaropvolgende deurmekaarspul, wat ek vir die eerste keer die donker gedaante sien wat in die hoek van die vertrek staan. Geklee in ‘n lang donker mantel met ‘n kappie wat sy kop bedek. Roerloos. Wagtend. Ek kyk na die mense wat nou om my bed saamdrom. Almal praat deurmekaar in mediese terme wat ek gladnie verstaan nie – dan sien ek die reguit groen lyn op die monitor bo my bed en ek besef, ek is besig om te sterf!

Ure later, na wat gevoel het soos ‘n ewigheid, lê ek steeds roerloos in die bed met die groen lyn wat nou weer sy ritmiese op-en-af grafiek maak. Die gedaante is nie meer in die kamer nie. Ek wens Marda wil nou kom. Ek voel so alleen en magteloos.

Vroeg die volgende oggend is Marda terug. Sy het haar Bybel saamgebring en lees nou hardop vir my versies wat seker veronderstel is om my te bemoedig. Of dalk eerder haarself. Sy was nog altyd baie gelowig en gaan gereeld Sondae kerk toe. Ek daarinteen, was nog nooit groot op die geloof-ding nie. Ek het dit nog nooit nodig geag nie. Ek kon my eie lewe goed beheer sonder enige inmenging of raad.

“Here, asseblief help my met die vreeslike besluit wat ek moet neem. Ek weet U kan vir Paul gesondmaak as U wil, maar ek moet vandag besluit en ek weet nie hoe nie,” bid Marda nou hardop, terwyl sy my hand vasklou. Haar hand voel so warm en sag in myne. Ek wens ek kon haar net weer in my arms neem en haar vashou. Sal sy my ooit kan vergewe? Ek hoop nie sy besluit om tog van my te skei soos wat ek haar gevra het nie. Ek wil haar nie verloor nie. Sy is al wat ek oor het.

Later sien ek hoe sy uitgeput op die stoel langs my bed aan die slaap raak. Verbeel ek my, of sien ek weer die donker figuur daar in die hoek langs die gordyn? Die kamer se ligte is af en dit is in donker gehul. Wanneer gaan hierdie gemors einde kry?

Die kort gryskop-dokter maak vroegoggend vir Marda wakker.
“Mevrou, ek is bevrees die uitslag is nie goed nie. U man is wel breindood soos wat ons gevrees het en net die masjiene hou hom nou aan die lewe. Ons het op u aandrang al die toetse weer herhaal, maar helaas . . . Marda gaan nou onbeheersd aan die huil. Die dokter probeer troos, maar sy storm by die deur uit voor hy haar tot bedaring kon bring. Breindood! Dit is nie moontlik nie! Ek kyk na my liggaam wat op die bed lê. Hulle is verkeerd. Ek is hier. Ek hoor en sien alles. Ek moet iets doen! Maar wat? Hoe?

Ek is verbaas om my ma en pa vroeg die volgende oggend saam met Marda langs my bed te sien. Het hulle al die pad gevlieg van London af, net om my te kom sien? Ma huil onophoudelik vandat sy die kamer binnegekom het en ek herken skaars vir pa – Paul Struwig de Klerk Snr. Hy het krom en grys geword. Kan drie jaar so ‘n verskil maak? Vandat hulle geemigreer het, het hulle my gesmeek om te kom kuier, maar ek was te besig met belangrike sake. Soos Lizelle onder andere, besef ek skuldig. Gaan ek ooit weer die geleentheid hê om met hulle te gesels en te sê ek is jammer? Jammer dat ek hulle so afgeskeep het vandat ek die praktyk by pa oorgeneem het.

Wanneer die dokter, twee susters en ‘n predikant later inkom, besef ek dat daar groot fout is. In die hoek van my oog merk ek ook op dat die donker figuur weer sy posisie in die hoek van die vertrek ingeneem het.
“As u klaar afskeid geneem het, kan ons die masjiene nou afskakel,” sê die dokter rustig asof dit iets is wat hy elke dag doen.
Afskakel! Is julle mal?
“Ek is hier! Marda! Ma! Moenie dit doen nie! Ek is nog hier!” Ek skree so hard ek kan, maar duidelik hoor hulle my nie. My liggaam lê steeds roerloos. Marda buk vooroor en soen my sag op my lippe. Haar trane drup op my wang en sy sê sag:
“Vaarwel my liefling. Ek sal jou altyd liefhê.”
“Ek het jou ook lief Marda! Ek is so jammer. Vergewe my asseblief!” Maar sy hoor nie my histeriese geskree nie.

Magteloos kyk ek hoe die dokter die rooi knoppie op die ventilator druk en die skielike stilte in die vertrek is om van mal te word. Die monitor bo my bed maak nou weer ‘n reguit groen lyn met ‘n lang piep-geluid en die donker gedaante begin nader beweeg. Ek probeer my vinger beweeg en skree, maar almal het reeds die kamer verlaat. Ek smeek die doodsengel vir tyd, sodat ek vir vergifnis kan smeek. Ek bid ook herhaaldelik na Marda se God vir redding uit hierdie doodshel, maar al antwoord wat ek kry is die alomteenwoordige donkerte.
Dan besef ek . . .dit is te laat vir my . . . vir altyd.

© Riana le Roux

FOTO KOMPETISIE

Ons soek ‘n pragtige, geskikte voorbladfoto vir ons nuwe bundel by julle!!
TEMA: SEE EN SAND
Golwe, strande, skulpe, ligtorings etc
Julle het twee en ‘n half maande tyd! Soek deur jou fotos op jou rekenaar of ry jou kamera saam en neem een!!
Reëls:
1) Moet jou EIE foto wees
2) Portretformaat – 300dpi
3) Twee inskrywings per lid
4) Plaas op blad tussen 15-31 Aug onder opskrif FOTO BUNDEL.
5) Vrywaaringsvorm moet onderteken word deur wenner vir gebruik.
6) Kleurfoto
7) Geen herkenbare dorpstrukture en geboue nie asb
8) Prys vir wenner
9) Wenner word 1 Sept aangekonding
19) Slegs digitale fotos – geen selfoonfotos nie

 

Nuus van Facebook

AANDAG!!🎨🎨🎨

Ons eerste gesamentlike “Skilder met woorde” produk saam met Phillip Steyn is besig om vorm aan te neem!!

Sit solank ‘n geldjie eenkant vir ‘n wonderlike Kersgeskenkie vd hele familie!!

Ons sal alles uitblaker as ons dinge mooi agtermekaar het!

Watch hierdie space OOK!! 👀😜👀

Woord en Noot 30 Mei

Ek lees vandag:
Wie- Shaun Warner
Klein karoo – Annalize Booysen
Skedelkus – Maritza Du Preez
Klippe van ys- Lee redel
Laeveld Paradys – Hannes Snyman
Natuurlied – Riana Barnard Matthee
Die Blom – Roeline
Natuur – Elsabe de Beer
Moeder Aarde het gewag – Anneke Barnard
Loflied oor die natuur – Beatrix Hooman
Immergroen – Marike Erasmus
Karoo operalied – Linda du Plessis
Ek sien jou dapper jagter – Ita
Hoe lieflik – Lee Redel
Drakensberge – Linda du Plessis
Jakaranda fees – Lee Redel
Ons mooiste land – Elsabe de Beer
Stories:
Wydsbeen dag – Sybie
WInkelstories – Simon Riekert
Spook van Oranje – Hannes Snyman
Toe ons nog kinders was – Ina Cantoni
Aandklas – Elsabe de Beer

Ria Fourie

LitNet Skryfkompetisie: Jou troudag

untitled.png

http://www.litnet.co.za/skryfkompetisie-jou-troudag

Wen ’n boekpakkie met ’n boek wat jou gaan help om ’n troue te beplan – en nog ander lekker leesstof!

Jy het ’n keuse: (a) vertel vir LitNet hoe jou ideale troudag sal lyk; of (b) deel spesiale herinneringe aan jou groot dag.

Strooimeisies, ma’s, vriendinne en oumas is ewe welkom om in te skryf.

En natuurlik ook mans wat die vrou in hulle lewe of iemand anders se troudag seepglad wil laat verloop.

Hoe om in te skryf

Stuur jou stuk saam met jou naam, selnommer en posadres na troudag@litnet.co.za, met die onderwerp “Skryfkompetisie: Jou troudag”. Jou inskrywing moet ons voor of op 15 Junie 2017 bereik.

Prys: Boekpakkie

My bruidsboek, ’n volledige trougids vir die gelowige bruid deur Christine Ferreira en Marielle de Vos, Lux Verbi, ISBN 9780796320155

  • Kuierkos (Rooi rose) saamgestel deur Vickie de Beer, Human & Rousseau, ISBN 9780798171878
  • Doen dit wéér só: nuttige wenke vir jou huis, saamgestel deur Zerelda Esterhuizen, LAPA,  ISBN 9780799379839
  • Die Mannheim-sage 1: Die fortuinsoekers deur Lerina Erasmus, Human & Rousseau, ISBN 9780798174541
  • Gunstelingvlegsels: die mooiste style stap vir stap deur Laura Kristine Arnesen en Marie Moesgaard Wivel, Tafelberg, ISBN 9780624077923
  • Huweliksklokkies op Jakkalswater deur Sarah du Pisanie, LAPA, ISBN 9780799373844

Die boeke is geborg deur NB Uitgewers (Lux Verbi, Human & Rousseau en Tafelberg) en LAPA.

Reëls

  • Slegs Suid-Afrikaanse burgers mag inskryf.
  • Maak seker dat jou naam, selnommer en posadres jou stuk vergesel.
  • Lengtebeperking: maksimum 600 woorde.
  • LitNet behou die reg voor om nie alle inskrywings te plaas nie.
  • Die weninskrywing sal op LitNet verskyn.

Ons Storie

Geskiedenis van SA Stories en SA Digters:
Alle lede, ek wil iets hier se, die wat die boekbekendstelling gaan mis, gaan baie mis. Ek het 6 maande gelede hierdie blad toevallig ontdek toe ek gesoek het na ‘n plek waar ‘n mens skrywers kan help. Hierdie blad was sonder admin, en ek het dit geneem. Ek het dit SA Stories hernoem, op daardie stadium was ek en Ilette van groep 7 op soek na skrywers om deel te neem aan ‘n kompetisie wat ons wou loods. Riana was een van die eerstes wat gereageer het op my versoek. Na ‘n rukkie het ek haar gevra of sy my nie wil help met die admin van hierdie bladd en nog een wat ek gestig het, SA Digters. Die res is geskiedenis. Maar ek wil vandag se baie, baie dankie vir Riana met al haar slim planne wat sy altyd het vir ons blaaie. Ek en sy gee werklik so baie om vir julle, ons is aan haar baie dank verskuldig. Ook aan al die ander admin lede wil ek se baie, baie dankie vir al die hulp en raad sonder elkeen van julle sou ons nie nou gewees het waar ons is nie – op pad na ons tweede kortverhaalbundel en digbundel.
SA Skrywers, julle is in veilige hande hier, ons gaan GROOT hoogtes bereik, wag en kyk. Baie dankie Riana, Pieter, Suretha, Ria en Werner. Julle is onontbeerlik!!

Elsabe de Beer

SA Digters Bundel 2

AANDAG – TEMA NUWE BUNDEL!!📚

Die tema vir ons volgende bundel is:

SEE EN SAND

Dink, see, golwe, strande, skulpe, ligtorings, skepe, see-vakansies ens.

Kan ook as metafore, vergelykings ens gebruik word.

Sluitingsdatum: 30 September

Twee gedigte kan vanaf 1 Sept ge-email word vir keuring na rianaleroux111@gmail.com
(NIE VOOR 1 SEPT NIE ASB)

Vir bekendstelling vroeg 2018

Intussen kan julle dit op die blad plaas.

Lekker dig!!