Skryf Wenke vir gedigte

SKRYF WENKE VIR GEDIGTE:
Ek deel hierdie wenke wat van oraloor bymekaar gemaak is bloot as ‘n oorentoesiastiese student van die digkuns wat daarvan hou om notas af en toe deur te lees vir inspirasie en algemene riglyne.
VOORBEREIDING:
Hou ’n notaboekie byderhand vir idees.
Skryf goeie sinsnedes/ frases/ idees neer voor hulle verdwyn.
Neem waar wat om jou gebeur en vang dit vas met woorde.
Kry boeke wat help:
Verklarende Woordeboek
Pharos se Tesourus van Afrikaans
Afrikaanse woordelys en spelreels
Skryf Afrikaans van A-Z
Ken taalreëls en spelreëls.
Gee idees en temas “breintyd” om te ontwikkel.
Doen navorsing oor jou gekose tema.
Skryf vir die verwysingsraamwerk van jou teikenleser.
Vermy wat jou pla in ander skrywers en leer by die wat jy geniet.
BEPLANNING:
Besluit watter komponente belangrik is en beskryf hulle goed.
Besluit op die konteks waarbinne jy wil skryf.
Besluit wie aan die woord is in jou gedig.
Besluit wie jou teikenleser en mark is.
Besluit op die ritme van jou gedig.
Besluit op watter rym jy in die gedig gaan gebruik en hoekom.
Besluit watter formele riglyne jy wil gebruik.
Kies die vorm van jou gedig
Kies beelde wat by die konteks pas.
Kies ‘n ongewone temas om oor te dig.
Beskryf ‘n ou temas uit ’n unieke oogpunt.
Skep ’n oortuigende gedig-mileu.
Weet “waarheen” jy gaan skryf in terme van die slot.
Party digters gooi ees alles neer en begin dan skaaf.
DIE TITEL:
Die titel maak die eerste indruk en moet lesers se belangstelling prikkel.
Die titel van ‘n gedig weergee die “siel” van jou gedig sonder om die einde te verklap.
LIGGAAM VAN DIE GEDIG:
Poog om jou werk universeel sprekend te maak deur voorbeelde uit jou eie mileu.
Die simboliek wat jy gebruik moet aanpas by die tema.
Strofes is belangrik om gedagte wisseling, oorskakelings, ens. aan te dui.
Boei die leser
Skryf in die styl waarmee jy gemaklik voel en ontwikkel dit tot meesterskap.
Gebruik karakters en vertellersperspektief
Ontsluit en stel nuwe wêrelde aan die leser voor.
Geur met ‘n woorde of ‘n sin uit ‘n ander taal
Meng verbeelding met realiteit.
Meng humor en erns.
Gebruik keurig-, beskrywende en korrekte taal.
Gebruik funksionele detail.
Buit die ritmiese aspekte van taal uit.
Skryf in jou eie, unieke stem.
Daag die alledaagse seggingswyse uit.
Laat die leser op die idee wat jy wil oordra self ontdek.
Gebruik al 6 sintuie.
Laat jou leser dink, voel, ervaar. (suggereer )
Maak gebruik van progressie in jou karakter of tema.
Skryf” dig”. Vermy onnodige woorde.
Wissel af met beeldspraak en stylfigure.
Skommel woorde as jou gedig nie goed op die oor val nie, of sukkel om te rym.
Skryf oor dinge wat jy ken en wat deel is van jou leef- en ervaringswêreld.
Skep ‘n unieke werklikheid met taalvaardigheid.
Gee lesers genoeg leidrade. Plant subtiele rigtingwysers.
Gebruik argetipes wat dimensie aan jou gedigverleen.
Ongewone woorde hou jou rym interessant en vars.
Kontraspunte maak jou gedig interresant. bv. “lig” en “donker”.
Gebruik unieke metafore en vergelykings.
Beskryf emosies deur die verkonkreet van abstrakte selfstandige naamwoorde soos bv. Vrees, woede, leed, vreugde, geluk, hartseer, ens.
Die ritme van jou gedig moet aanpas by jou tema deur bv. vokaal keuses, en korter of langer reëls.
SLOT:
Sluit die gedig met ‘n slot af wat die leser vergengoeg laat.
Sluit op ‘n verrassende wyse af.
Sluit op ‘n samevattende/gevolgtrekkende wyse af.
Laat die leser iets om oor te dink.
NADAT DIE GEDIG GESKRYF IS:
Soek ondoelbewuste gebruik van clichés en sny.
Soek areas in jou gedig wat vervelig raak en sny.
Sny soveel ‘n’s en die’s as moontlik.
Soek oorbodige gebruik van byvoeglike naamwoorde, modale woorde (mos, tog, nog, miskien, dalk, egter, wel, maar) en verkleinwoorde en sny.
Soek ondoelbewuste herhalende woorde, vergelykings ens. en sny.
Lees jou gedig hardop om te kyk of rym geforseerd is.
Gaan die spelling na met WSpel (‘n gratis Afrikaanse spel-nasien program.)
Laat lê jou skryfwerk vir ‘n ruk, lees dit en skryf oor.
Soek vir oorbedigte woorde soos maan, sterre, see, hart, siel, ens. en sny.
Vermy oormatige Bybel en mitologiese verwysings.
Kyk vir botsende metafore en rond en bont beeldspraak.
Vra iemand anders om jou gedig na te sien.
Gaan jou werk na voor jy plaas.
Luister aandagtig na kritiek.
Vra hulp wanneer jy dit nodig kry
Veleen hulp aan medeskrywers.
Lewer opbouende ritiek op ander skrywers se werk sodat jy teorietiese aanslag vir jou eie werk ontwikkel.
Lees en analiseer erkende en goeie skrywers se werk
Links-gerigte reels is die standaard vir gedigte omdat dit makliker lees.
Uitroeptekens en ellipse word minimaal gebruik.
Hoofletters – “skree”, trek aandag en beklemtoon.
Moenie oorhaastig wees nie
Geniet wat jy skryf, die leser sal dit optel.

Ontmoet die skrywer van Moord Oord

“Nadat ek “Afgehandel” gelees het, was Juanita se nuwe boek, Moord Oord ‘n maklike keuse en weereens was ek nie terleurgestel nie. Wat ‘n fantastiese boek, Van die begin van die boek af is die bekendmaking met elke karakter van so aard dat mens voel dat hulle ou kennisse is. Die Beskrywing van die omgewing by Maison de Beauté, neem mens in vervoering, na ‘n ander wereld, amper asof jy self daar was en selfs die pad na die stalle ken. Tot Lana en Valentin se huis is ‘n ingemesselde prentjie. Die mengelmoes van karakters is ongelooflik, en tog word hierdie so anders op soveel maniere, groepie almal verbind deur die onvoorspelbare nagmerrie wat om hulle plaasvind. Partykeer wil mens soos met ‘n goeie riller fliek, vir die karakters skree!. Die tweestryd in die moordenaar se kop……ongelooflike vertelling.. Hierdie boek kon ek nie neersit nie…ek moes net weet.
Juanita, hou aan betower, ek sien uit na die volgende een.”

Wanneer jy sulke goeie terugvoer oor ‘n boek lees, dan kan jy nie help as om te wonder wie die skepper van sulke stories is nie. Ons gesels met Juanita Swart oor wie sy is en waar haar stories vandaan kom.

15350458_853427684799079_7311138803150042008_n.jpg

Wie is jy en waar vandaan  kom jy?

Ek is ‘n ma van ‘n pragtige dogter . Ek werk voltyds en skryf deeltyds.

Ek het groot geword in Pretoria en nadat ek so ruk aan die Natalse kus gewoon het, my weer in Pretoria kom vestig.

Wanneer het jy begin skryf en hoekom?

Ek het al vandat ek baie klein is geskryf. Vakansies het ek en my sussie mekaar uitgedaag met titels en dan na die tyd ons stories vergelyk. Later het ek vir die skool met spesiale geleenthede (Boomplantdag, Republiekdag ensovoorts) ook gedigte geskryf. My eerste publikasie was “Vrees” wat ek in Standerd 8 geskryf het , dis latere jare in die “Poetry institute of Africa”se bundle “Different Horizons”gepubliseer.

Wat het jy geskryf wat ons kan lees?

Ek het “Afgehandel” in 2013 gepubliseer en “Moord Oord”in 2016.15419802_859450377530143_7995486681498938250_o.jpg

Waaroor gaan jou boek/stories en waar kan ons dit kry om te lees?

Afgehandel gaan oor Belinda wat ‘n middeljarige maatskaplike werker is, wie se demone uit haar verlede weer opduik wanneer sy ‘n berig op die radio hoor van ‘n geliefde onderwyser wat vermoor is. Wanneer sy die huis gaan besoek van een van haar pasiente neem een van hierdie demone in haar oor en verander haar lewe onherroeplik.

Moord Oord gaan oor Simoné Barnard wat gekeur word om by die welbekende Maison de Beauté te gaan studeer. Vir haar is dit ‘n welkome uitkoms van haar ouerhuis en sy pak die jaar aan met vooruitsigte van vryheid, deels om haar eie mens te word, maar ook om haar droom te verwesenlik om mense “mooi” te maak.

Sy ontmoet vir Andrea, Una, Logan en Heinrich en ‘n vriensdkapsband begin tussen hulle vorm. Die eienaars, Lana en Valentin asook die mentors by Die Oord (Dr Heleen van Dalen, Johannes Riekert, Ishita Kapoor en Kuma Minami) speel ‘n rol in die vorming van die studente asook die werkers by Die Oord.

Dit is egter na die twee weke induksie program wat dinge lelik begin skeef loop met die ontdekking van ‘n lyk en dan…. dan word mense een vir een vermoor by Maison de Beauté……

My boeke is op Smaswords beskikbaar https://www.smashwords.com/books/search?query=Juanita+Swart

of deur kontak te maak met my op my Facebook blad

https://www.facebook.com/juanitaswartskrywer/?ref=bookmarks

Wat is jou groot droom?

My groot droom is (seker soos alle skrywers s’n is) om voltyds te kan skryf. Om mense te inspirEer, bang te maak en te laat dink!

Wie of wat inspireer jou?

Inspirasie kom na my toe op verskillende maniere en om my op verskillende maniere te inspireer.

As ek ‘n mooi gedig lees, ‘n mooi liedjie hoor of ‘n goeie storie lees inspireer dit my om te skryf.

As ek na mense se stories luister wat deur moeilike dinge in die lewe moes veg en steeds bo uitgekom het, inspireer dit my om aan te hou probeer

As ek na my dogter kyk en besef wat ek en sy al oorwin het, inspireer dit my om my alles aan te hou gee.

Behalwe vir skryf, watter ander belangstellings het jy?

Ek hou daarvan om te lees oor misdade (opgelos of onopgelos). Dis vir my fasinerend wat in mense se koppe aangaan en hoekom mense sekere besluite neem. Dit gee my ook idees vir my stories.

Ek hou ook van fotografie en veral om vreemde goed af te neem (soos ou , stukkende poppe)

Gunsteling boek en skrywer en hoekom?

Natuurlik enigeiets wat Deon Meyer skryf

Watter plek sal jy nog wil besoek of selfs gaan bly?

Ek sal graag Mexiko wil besoek. Daar is ‘n plek in Mexiko, Doll Island, wat ek baie graag sal wil beleef . Ek sal ook graag na Griekeland en China wil gaan. Van die drie sal ek in Griekeland wil bly

Waar en wanneer skryf jy die beste?

Ek maak spesifieke tye om stories te skryf. As ek BAIE hartseer is dig ek goed.

Ek se altyd , my stories kom uit my kop uit en my gedigte uit my hart.

As jy môre die lotto wen, wat sal jy doen?

mmmmmm…. Ek sal nie ophou werk nie, ek sal seker halfdag werk en die ander helfte van die dag skryf 😊

Watter belangrike lewensles(se) pas jy in jou lewe toe?

As jy nog nie self daardeur is nie, moenie oordeel nie

Wat laat jou lekker lag en wat maak jou ongelukkig?

Kinders laat my lekker lag , ek hou van hulle energie en die goed wat hulle kwyt raak.

Oneerlikheid  maak my baie ongelukkig

Het jy enige raad vir ongepubliseerde skrywers?

Ek dink al wat ek kan sê is om nooit op te gee nie, hard te werk en nie alles te ernstig op te vat wat mense vir jou sê nie 🙂

Dis nou nie baie profound nie, maar dis uit my hart uit.

 

Skryfwenke: Klein Stories

Riglyne vir klein stories
Martie Preller
‘Okay, hier staan ek nou tyd af om die woorde te lees wat jy geskryf het – doen nou iets vir my! Vermaak my – laat my lag of laat my huil of laat my wonder of RAAK my op die een of ander manier. Moet my net nie VERVEEL nie!!!!!

Onthou – JULLE sê net so maklik “BORING!!!!!” as iets julle verveel! En dis iets wat julle as voornemende skrywers van die begin af moet weet – jy moet jou leser se aandag HOU – hoekom anders sou hy/sy lees? En ‘n lekker storie (al is dit net een van 600 woorde) hou mens se aandag – want daar GEBEUR iets en dan weer GEBEUR daar iets onverwags – en dit hou jou aandag – en jy WIL WEET WAT GAAN GEBEUR en dit laat mens verder lees. En DIS wat ‘n storie is – iets wat jou laat aanhou en aanhou lees OMDAT JY WIL WEET WAT GAAN GEBEUR!

Maar, jy kan ook nie sommer net voortbabbel nie – daar moet “orde” in jou storie wees – dit moet “sin” maak. Jy kan nie sommer ‘n karakter inbring en dan verdwyn hy weer sonder dat hy bygedra het tot die verloop van die storie nie.

As mens net 600 woorde mag gebruik, dan vertel ‘n mens ‘n “klein” storie – maar nog steeds een met ‘n oploop (daar moet iets gebeur) – ‘n klimaks (iets onverwags gebeur) en ‘n afloop. As jou storie te lank is vir die hoeveelheid woorde – dan word die storie so ylerig soos jy hom probeer inpers in die hoeveelheid woorde.

Ek weet dis BAIE moeilik om so kort te skryf – maar dis BAIE goeie oefening want dit dwing mens om by die ESSENSIE van die storie te bly.

Nog ‘n paar wenke vir ‘n lekker storie:

Iets eienaardig gebeur nou – begin van die storie.
Nou moet alles in storie al hoe meer spannend word – leser moet bekommerd wees! Hoofkarakter in die moeilikheid?
NOG meer moeilikheid – alles word erger.
Oplossing vir die moeilikheid. Onverwagte wending – wat leser nie verwag nie – soos in ‘n grappie – dit wat snaaks is is omdat dit ONVERWAGS is.
Moenie te veel karakters inbring nie. Dis ‘n kort storie. Alle karakters moet ‘n DOEL in die storie hê.
Dis makliker om jou storie te laat afspeel oor ‘n kort tyd omdat jy so min woorde moet gebruik. Kan nie eintlik JARE laat verloop in ‘n duisend woorde nie.
Moenie die plot te ingewikkeld maak nie – weer eens – jy het min woorde om mee te werk.
Skryf in die teenwoordige tyd – wat NOU gebeur – moenie verlede tyd gebruik nie – lomp verlede tyd in Afrikaans – met al die het gedit en het gedat.
GENIET wat jy doen – stories WEET altyd as jy dit nie GENIET nie en dan wil hulle nie geskryf word nie. (Moenie met stories sukkel nie – hulle weet beter as jy!)

Skryfuitdaging 5

Skryfuitdaging 5. Stel ‘n storieplan saam volgens Janie Oosthuysen se riglyne,en stuur vir my teen 14 April, skryf dan ‘n sorie van 1,500 woorde vir volle gratis proeflees en redigering reg vir plasing,Sluitingsdatum 22 April. Jy hoef nie die storieplan ook in te stuur nie, maar doen dit, julle sal verbaas wees hoe dit jou help met jou storie.

Skryfuitdaging 5