Wenner van Vonkgediguitdaging 5

AANDAG!!

WENNER van Vonkgediguitdaging 5:

Gedig vir begrafnisbrief vir Ma of Pa.

Baie geluk aan:

Simon Riekert

‘n Pragtige beskrywing van ‘n liefdevolle pa.

Jou prys is ‘n blits-digkursus by SA-Vryskutskrywers geborg deur Leoni Bengiaht!!

Inbox asb vir my jou email adres en posadres Simon.

Dankie vir al die ander inskrywings!! Word elke keer moeiliker om te kies.

See more

Simon Riekert to SA Digters

VONKUITDAGING 5
BEGRAFNISBRIEF

Hierdie skryfie is vir jou, my liewe Pa
iets wat ek stilweg wil insmokkel in jou bruin baadjiesak
voor jy wegraak in onthou, jou memoirs gaan wegpak
want al het jou vriend Jesus besluit, genoeg is genoeg
het jy, miskien aspris, merkers vir my siel geploeg;
soos om jou roostuin en asaleas te pamperlang
soos om vir Ma ʼn roosknop te bring
soos om uit volle bors in Oudominee se kerk te sing
soos jou ja wat ja was, en jou nee soms nee
soos jou lief vir visvang in die blou-blou see
soos jou Joseph Rodgers wat lekker vetderms kon sny
soos jou nartjies en biltong op Loftus, netjies in ʼn ry
soos jou Old Spice wat ruik op my skeerkwas
soos jou profiel in my oggendspieël, asof jy daar was
soos jou lief vir jou kinders en kinders se kinders
soos… asof jy netnou weer terug is

© Simon Riekert

(Simon Lodewyk Riekert 1925-2010)

Lewer kommentaar