SA Stories begin met ‘n kettingroman

Maak skerp julle potlode, julle breine, begin ons met ‘n kettingroman. Ek sal die eerste hoostuk plaas saam met my storieplan. Julle kies dan watter hoofstuk julle wil skryf. Net vir bietjie leer, ek is gladnie van plan om julle werk te gebruik vir my vir ‘n roman nie. Net ‘n oefening om te leer hoe om ‘n roman te skryf!! As ons dalk later besluit om dit te publiseer noem ons elke skrywer se naam en noem dit: SA Stories Roman of iets!!

Alle lede, ons wil kyk hoe dit werk, Janie Oosthuysen het vir my ‘n plan gestuur om ‘n roman te beplan. Wat van ons begin ‘n roman, ek skryf die eerste hoofstuk en elkeen kry ‘n hoofstuk om te skryf. Natuurlik sal ons erkenning gee aan elke skrywer

Skrywers van ons eerste ketting-roman:

Hfst 1- Elsabe de Beer
Hfst 2- Pieter Van Loggerenberg
Hfst 3- Ina Cantoni
Hfst 4- Hanlia Dippenaar
Hfst 5- Hannes Snyman (Vallei Arts En Crafts)
Hfst 6- Adele van Zyl
Hfsr 7- Riana Le Roux
Hfst 8- Melinda Du Plessis
Hfsr 9- Martie van Bavel
Hfst 10- Maude Kate Potgieter Bester
Hfst 11- Douwlina Du Plessis
Hfst 12- Esme van der Westhuizen

 

My toneelkaarte van die hoofstukke:

En my storieplan. Julle mag natuurlik aan die storieplan verander soos julle wil. Daar kom dalk nog iets baie interesssant uit!

Met alle erkenning aan Janie Oostuysen van Skryfgeheime:
Om jou roman saam te stel, besluit hoe dit gaan afloop, jy kan altyd ʼn bietjie verander as jy van plan verander:
Maak ʼn kaartjie (indekskaart vir elke hoofstuk, tot jy so tien of twaalf het, en besluit watter jy eerste gaan gebruik.

1 My storieplan vir hierdie roman: Adele van Zyl, suksesvolle bestuurder by ABSA, se man Francois, in ʼn niksnuts, bakkie bouer wat baie lief is vir vrouens
Francois se hy wil haar nie meer he nie, Sy moet trek, hy en sy nuwe meisie wil daar kom bly.

2 Adele gaan drink koffie in Mugg & Bean en hoor ʼn gesperk tussen twee meisies af war oor Francois praat,

3 Adele word gebel deur haar pa se prokureur om haar in te lig dat haar pa die huis aan haar bemaak het nadat hy vir Francois uitgevang het en Francois gesmeek het hy moet die verband oorneem’

4 Francois laat maak sy bakkie reg – sien Mandie ( sy meisie by wie hy ʼn vierjarige seuntjie het) is daar by die bestuurder Piet, en vertel vir hom hulle gaan Durban toe. Francois word woedend en slaan aan Piet.

6, Piet le ʼn klag teen Francois en hy word gevange geneem vir aanranding. Moet ʼn nag saam met Spider in ʼn sel deurbring.

5 Francois laat maak sy bakkie reg – sien Sanet ( sy meisie by wie hy ʼn vierjarige seuntjie het) is daar by die bestuurder Piet, en vertel vir hom hulle gaan Durban toe. Francois word woedend en slaan aan Piet.

7 Adele ry na haar suster toe in Bloemfontein en op pad reg langs Soweto, kry sy ʼn papwiel, Twee mense bied aan om haar op te laai. Skielik kom ʼn polisievoertuig aamgejaag. Die speurder neem die twee ou mense in hegtenis, hulle het al baie meisies ontvoer as bruid vir hulle vertraagde seun. Werner. Die polisiebeaampte raak smoorverlief op Adele.

8. In Naomi, Adele se suster se huis. Plattelands, goeie man. Werner kom daar kuier.

9. Adele word al hoe sieker. Gaan dokter toe, Moet operasie ondergaan.

10. Francois daag by hospitaal op wangedra hom. Werner staan haar by.

11. Na sy gesond is, neem Werner haar terug Pretoria toe. Hy het intussen haar kar laat regmaak.

Wat vind sy as sy daar by haar en Francois se huis aankom??

TONEELKAART
PLEK: In Adele se huis
KARAKTERS: Adele, Francois
DOEL: Om die hoof probleem te skets
HINDERNISSE: Francois wil huis verkoop. Adele nie genoeg geld om alleen aan te gaan nie. Sy is in elk geval dalk swanger.
BESLUITE: Adele moet besluit wat sy gaan maak
GEVOLGE: Adele begin agterkom Francois is onbetroubaar.
LESERSEMOSIE: Woede teenoor Francois.
Simpatie met Adele

TONEELKAART 2
PLEK: Mugg & Bean
KARAKTERS: Adele, Sanet, vriendin
DOEL: Om die Adele te laat besef hoe onbetroubaar Francois is.
HINDERNISSE: Adele wil nog vir Francois hê.
Sanet en haar kind.
Sarel wat wil hê hulle moet saam met hom Kaap toe gaan
BESLUITE: Adele besluit om haar suster te bel en te gaan kuier.
Sanet besluit om saam met Sarel te gaan.
GEVOLGE: Adele gaan haar kop skoonmaak.
Sanet gaan vir Francois los.
LESERSEMOSIE: Wantroue in Francois.

TONEELKAART 3
PLEK: Haarkapper salon
KARAKTERS: Adele, haarkapster, naelversorger.
DOEL: Om Adele te laat besef hoe onbetroubaar Francois is.
HINDERNISSE: Adele wil dit nie glo nie.
Die rekeninge. Haar kredietkaart baie oorgebruik.
Francois se bakkie-bouery.
BESLUITE: Adele wil wegkom
Sy gaan nie meer so vir Francois sorg nie.
GEVOLGE: Sy sal moet besluit of sy nog vir Francois wil hê.
Francois gaan woedend wees.
LESERSEMOSIE: Dalk frustasie met Adele?

En so stel jy ʼn toneelkaart op vir elke hoofstuk.

Hoofstuk 1
Voete van klei.
Sy word stywe lyf wakker. Waarom het sy hier op die bank geslaap? Sy rek haar uit, besef sy het nog dieselfde klere aan as die vorige dag. Stadig begin alles terugkom. Francois is gisteraand weg, haar verlaat vir ‘n ander meisie. Wat is haar naam nou weer? Sanet? Ja, hy het gesê Sanet. Sanet is die rede waarom Francois haar nooit kon saamneem op sy “sake-besoeke” en rugbytoere nie.Hy het gesê hy is nie meer lief vir haar nie, sy moet ander blyplek gaan kry, die huis is in elk geval op sy naam alleen geregistreer. Hy wil met Sanet in die huis kom bly.
Quo Vadis, Adele?
Sy spring onder die stort in, was sommer haar hare ook en trek aan om te gaan werk. Die huis is deurmekaar, sy wou gisteraand goed skoonmaak, maar dit was toe nie ‘n goeie aand daarvoor nie. Francois en sy Sonja het haar planne deurmekaar gegooi.
Op pad kantoor toe in haar twee jaar oue Jetta, dink sy terug aan hoe sy en Francois smoorverlief getrou het, en hoe sy in elk geval geglo het dit is vir ewig. Haar besoek aan die dokter van die vorige dag bly ook draai in haar kop.
Op kantoor laat blyk sy geensins dat iets verkeerd is nie, is gewoon haar ou self: Adele, die professionele, goedversorgde hoof van personeel by ABSA bank. Sy moet net haar beeld behou.
“Jou beheptheid met jou werk en voorkoms irriteer my. Sanet is ‘n warmbloedige vrou wat partykeer nie eens grimering dra nie. Sy weet hoe om ‘n man gelukkig te hou. ‘n Man is nie ‘n klip nie. Ek soek ‘n vrou met vuur, nie ‘n winkelpop nie.”
Sy teusel maar deur die dag, haar aandag nie by haar werk nie. “Sanet-warmbloedig-winkelpop-stywe voorkoms-irriteer.”? Het hy regtig al hierdie dinge kwytgeraak?
En jy wat die afgelope tyd so geïrriteerd raak met Francois se kamtige entrepreneurskap, Adele?
‘n Man met sy eie besigheid en goeie rugbyspeler. “Op pad iewers heen.” Maar sy het al self gesien hoe hy sommer `n klompie werkloses op die hoek van die straat oplaai en gaan aflaai op die ‘site’ waar hy kastig herstelwerk aan mense se huise doen. “Handy Francois” staan op sy bakkie geskryf.
Sy weet ook dat hy soms die hele dag iewers in `n kroeg sit en nonsens praat of gaan rugby oefen, net om dan weer so teen vieruur die manne te gaan oplaai en vir die eienaar te vertel hoe hard hulle gewerk het!
En dan die oneindige rekeninge wat by die huis aankom vir materiaal wat nie betaal is nie. Wat sou Francois met die geld doen wat die mense hom betaal?

Op kantoor sukkel sy om aan die werk te kom. Die lêers wat dringend aandag vereis lê nog net so onaangeraak.
Die gelui van haar selfoon ruk haar terug na die werklikheid.
“Hi, Sus,” sê haar suster, Mia. “ Is jy ok? Ek voel aan iets is fout. Wat is verkeerd?”
Adele vertel so kortliks vir haar van die dilemma waarin sy haar bevind.
“ Jy kom direk na werk hier na my toe. Ek wil alles hoor, en vir jou ook iets gee,” is Mia se opdrag.

Lewer kommentaar