Uitdaging 4 Wengedigte

untitled

Wengedig – uitdaging 4

Ronel Marè Dunn to SA Digters

KOFFIE AS METAFOOR

KOFFIE IS

Koffie is my alarm
wanneer die dag kletterend breek
koffie is my brekfis
per dalks met ‘n beskuit
koffie is my troos
in verdriet
koffie is my heildronk
vir vreugde en plesier
koffie is my bedmaat
sodat ek met een oog toe kan slaap

Ronel©
05/04/2017

Naaswenner – Uitdaging 4

Velma Barnard to SA Digters

Pretuitdaging – Koffiegedig

Jou geur hang swaar
soos donker koffiebone
en jou kus rus
op my lippe
nes die witskuim
wat bo-op koffie is
maar waarna ek meeste hunker
is die soet wat in jou sluimer

©Velma Barnard
29/03/2017

Naaswenner – Uitdaging 4

Ansie Drotsky to SA Digters

Pretuitdaging: Koffievers

Beker Van My Hart

Dis jy
wat my hart
Mocha Java
as jou romerige
Cappucino woorde
sag . . . liefkosend
vul die beker
van my hart

Ansie Drotsky
Kopiereg

2 thoughts on “Uitdaging 4 Wengedigte

Lewer kommentaar