Sommer vir die lekker

job-meme.jpgPRETUITDAGING 2

Vir die van julle wat afleiding soek tussen die skryf van jul Nostalgie stories en Elsabe se groot skryfuitdaging…..

Skryf ‘n DEKBRIEF vir jou CV van maksimum 200 woorde, waarin jy die eienaars van jou plaaslike gym oorreed om jou in diens te neem, om hul aerobiese klas aan te bied.

Hul vereistes is:
Ouderdom: 20 -30 jaar
Gewig/fiksheid: Superfiks en slank/ferm
Persoonlikheid: Ekstrovert/lief vir mense.

Jy voldoen aan GEEN van die bogenoemde vereistes nie, maar is desperaat!

Julle skrywes mag humoristies of ernstig van aard wees en jy MOET jouself bemark (al voldoen jy nie aan die vereistes nie)

Sluitingsdatum: 14 April

2 thoughts on “Sommer vir die lekker

Lewer kommentaar