SA Stories Bundel

Ons bundel:
1.Die titel is Nostalgie.
2. Dit gaan gepubliseer word deur groep 7 drukkers.
3. Groep 7 borg die buiteblad en bladuitleg vir ons, m.a.w. hulle doen dir gratis en professioneel vir ons. Dankie, Ilette!
4. Ek, Riana en Leoni Benghiat keur die stories wat in die bundel geplaas word.
5.. Alle stories wat gekeur word MOET geproeflees word deur Hannelie Pretorius. Ons wil nie ‘n bundel saamstel wat nie op standaard is nie. Dit moet taalkundig korrek wees in alle opsigte.Elke skrywer wie se storie gekeur is, betaal R50 per storie direk aan Hannelie.
6. Groep 7 stel die bundel saam, stuur vir my, Riana, Hannelei en Leoni elk ‘n proefboek om weer deur te gaan vir moontlike foute.
7. Groep 7 druk die boek en julle betaal direk by groep 7 die bedrag in wat hulle bepaal. Op die oomblik is dit ongeveer R50 per eksemplaar, plus posgeld.
8. Ons oorweeg om dalk 25 stories in die bundel te plaas omdat ons so baie goeie stories ontvang het. Dan sal dit dalk ongeveer R60 per eksemplaar kos.
9. Niemand is verplig om ‘n bundel aan te koop nie, dit is jou keuse. Ons plaas niemand onder verpligting om te koop nie.
10. Groep 7 neem nie kopiereg oor van jou storie nie, jy mag dit dan weer, klaar geproeflees enige plek plaas of publiseer.

Dit, in kort, is ons storie oor ons bundel. Ek en Riana hoop julle is tevrede so!

4 thoughts on “SA Stories Bundel

  1. Ronel says:

    Dis uitstekend en baie dankie. Kan byna nie wag nie.
    Wanneer sal ons weet watter en wie se verhale opgeneem word?

Lewer kommentaar