Wie is…Marike Erasmus

Ons gesels met die wenner van ons vonkgedig pretuitdaging 3, leer haar beter ken en vind uit waar kom haar mooi gedigte vandaan.

untitled89.png

Wie is jy en waar vandaan  kom jy?

Marike Erasmus 51 jaar oud, geskei, ma van 2 dogters en ‘n seun. Trotse ouma van 5 kleinkinders! 4 doringtjies en een Rosie, hopelik sal my laatlam nog so ’n liefdetjie of wat byvoeg wanneer sy eendag trou. Ek is jongste dogter uit gesin van 5. Gebore in Lydenburg

 

Wanneer het jy begin skryf en hoekom?

 

Ek het al van kindsbeen af geskryf, altyd opstelle en gediggies geskryf, maar het later jare begin wonder waar ek my liefde vir skryf vandaan gekry het, aangesien niemand in ons huis ooit gedig of geskryf het, en eers onlangs na my moeder se afsterwe geweet waar dit vandaan kom. My laatlam Nadine het na my moeder se afsterwe ‘n swartband boek aan my gegee en het ek daarin die mooiste gedigte gevind wat my moedertjie geskryf het, en dadellik geweet dit is van haar wat ek dit gekry het. Ek het gedurende 2016 eers begin om van my skrywes te deel op verskeie digblaaie.

 

Wat het jy geskryf wat ons kan lees?

 

Huidiglik plaas ek verskeie gedigte op digblaaie in Facebook, onder andere SA Digters, Eggo Poësie, Deo Valente, DignetSA, en Diggroep vir beginners. Van my gedigte word ook aanlyn voorgelees op verskeie aanlyn radio stasies

Ek het ook deelgeneem aan verskeie digkompetisies, en is my eerste ooit gepubliseerde gedig opgeneem in ‘n bundel genaamd Kersfeeskeur – ‘n ware wins deur K&M uitgewers waarop ek supertrots is.

Van my gedigte word ook in die eerste Bloemlesing van DignetSa opgeneem wat tans in publikasie is

 

Waaroor gaan jou boek/stories en waar kan ons dit kry om te lees?

 

Ek skryf tans ‘n geestelik inspirerende boek, “Testimony to my surrender” wat handel oor die krag van God, waaruit Hy jou kan red en waarheen die lieflike pad van God se genesing jou kan vat.

 

My gedigte gaan oor die lewe, sy mense, natuur en die wonders van God se skepping

 

 

Wat is jou groot droom?

 

Absoluut om die Coca Cola meseum in Atlanta te besoek! Ek is ‘n kranige versamellaar van rare coke memorabilia en versamel ek al die afgelope 30 jaar.

 

My tweede droom is om my eie bundel te publiseer opgedra aan my moedertjie, ek wil dit noem Van hoek tot kant, generasie tot generasie, daarin sal ek gedigte opneem uit die pen van my moeder, en my twee dogters wat ook elk onderskeidelik pragtig kan skryf asook my eie gedigte, die bundel sal uniek wees aangesien ek dit gaan meng met resepte, dus sal dit nie net ‘n koffietafel bundel wees maar ‘n bruikbare bundel. Ek is tans nog opsoek na ‘n publiseerder vir my bundel.

 

Wie of wat inspireer jou?

J.K Rowling ‘n Britse skrywer bekend vir die Harry Potter reeks, wat meer as 400 miljoen eksemplare wêreldwyd verkoop en tientalle toekennings gewen het. Sy is een van die wêreld se mees suksesvolle en invloedryke skrywers wat ook afgesien van haar literêre werk, bygedra tot liefdadigheidsorganisasies om armoede en sosiale ongelykheid te beveg regoor die wêreld. Ek neem ook inspirasie uit werklike gebeure in my eie lewe Insluitend my jonger dae.

 

Behalwe vir skryf, watter ander belangstellings het jy?

Musiek en dans, beslis ja, dan is ek ook ‘n kranige vissersvrou en het my eie visstokke en visgereedskap, ek kan sommer netso alleen wegloop water toe en net stiltyd met myself deurbring om die batterye bietjie te herlaai

 

Gunsteling boek en skrywer en hoekom?

Lion Trilogy Francine Rivers –

 

“A Voice in the Wind”, “An Echo in the Darkness”, “As Sure As the Dawn”;

 

Verskeur deur haar liefde vir ‘n aantreklike aristokraat, ‘n jong slawemeisie wat klou aan haar geloof in die lewende God vir bevryding van die magte van dekadente Rome, en hoe Marcus wegdraai van die weelde van Rome onder leiding van ‘n fluister stem uit sy verlede wat hom vrystel van die duisternis in sy siel as Atretes, Duitse soldaat veg vir sy Vryheid en hoe sy lewe drasties verander is ‘n absolute stoel-vasgeplakte skrywe van begin tot einde.

 

Daar is ook besprekings vrae uiters geskik vir persoonlike en groepsgebruik wat ek baie geniet.

 

Watter plek sal jy nog wil besoek of selfs gaan bly?

Beslis Frankryk en Rome, ek is baie lief vir argitekteur en sal dit vreeslik geniet om na al die geboue te kan gaan kyk, ek sal ook geniet om temidde daarvan te woon.

 

Waar en wanneer skryf jy die beste?

Daar is alewig ‘n pen en papier naby en as dit ontbreek sommer ‘n winkelstrokie, ek skryf altyd, wanneer ek bestuur en gedagtes kom by my op of ‘n gebeurtenis of toneel inspirer my dan neem ek notas op en lateraand wanneer dit stil is, skryf ek. Ek verkies om voor die venster van die balkon te skryf waar ek die vertes kan intuur.

 

As jy môre die lotto wen, wat sal jy doen?

 

Dit sal nogals ‘n prettige affere wees sou ek so ‘n gelukkie bekom, ek dobbel nie en sou ek so baie geld wen sal ek beslis ‘n enorme plaas koop en ‘n verorgingshawe vir mishandelde diere, spesifiek honde en katte oprig en hul bederf tot in die afgrond.

 

Watter belangrike lewensles(se) pas jy in jou lewe toe?

 

‘n Mens kan voeling met vriende en familie verloor, maar as jy voeling met jouself verloor dan het jy moeilikheid, ek glo daar is net twee dinge wat van kardinale belang is, wat ‘n mens wil he en wat ‘n mens nodig het; wat ‘n mens wil he kan hy voor bedel, lieg, steel, roof en selfs moor, maar wat ‘n mens nodig het, kan net God voorsien en moet ons allereers die Koningkryk van God soek en streef na Heiligmaking en die res sal volg.

 

Wat laat jou lekker lag en wat maak jou ongelukkig?

 

Omdat ek ‘n ekstrovert van persoon is, is ek ook ‘n tergees en kan ek nogal sorg vir ‘n paar komiese oomblikke met segoed en vertellings of om mense poetse te bak, dit laat my heerlik gelukkig en uitbundig skater of giggel as iemand dit geniet.

 

Wanneer mense en diere vir wie ek lief is seer of swaarkry, dan breek my hart in duisend stukke, en dit maak my bitter ongelukkig

One thought on “Wie is…Marike Erasmus

Lewer kommentaar