Wat is poësie?

Deur Caren Kearley

Wat is poësie?

Poësie is digkuns of verdigte taal: dis taal wat meer verfynd, letterkundig, figuurlik, simbolies en betekenisvol is as allerdaagse vaktaal. Baie mense wil hul eie idees, gedagtes, beginsels, ideologieë, geloofsoortuigings en kwessies op ‘n verbeeldingryke skeppende manier uitdruk. Dit is ‘n literêre kunsvorm van estetiese en ritmiese eienskappe.
Skrywers het net teks om hul gedagtes oor te dra. As leser van hul gedagtes het jy dan ook net teks om toegang tot daardie gedagtes te kry. Lesers stel gewoonlik in twee kern vra belang:

1. Wat staan nou eintlik in die gedig
2. Hoe weet ek dit
Nadat ‘n leser die gedig gelees het en veral op die letterlike betekenis gelet het – “Wat staan in die gedig?” – help dit om van naderby te bekyk na die middele wat die digter gebruik het – “Hoe weet ek dit?”

Hierdie middele sluit in:
• figuurlike betekenis van woorde
• figuurlike taalgebruik soos beelde en stylfigure
• retoriese middele om leser te beïvloed, soos die spreker/skrywer se standpunte
• woordkeuses
• strofes, punktuasie, herhaling, tipografie, enjambement toon en stemming
• hoe versreëls, strofes en die gedig as eenheid aangebied word
• ritme, tempo (jy moet dus jou gedig hardop vir jouself lees)
• klankeffekte (rym, alleterasie en assonansie, ritme, klanknabootsing
• die emosie wat beelde opwek
• tema en boodskap

Hou in gedagte dat so ‘n lees van die gedig slegs een leser se voorlopige afleidings oor die betekenis van die teks is. Daar is nie altyd finaliteit oor die interpretasie van ‘n goeie gedig nie. Dit is dus belangrik om gevolgtrekkings oor gedigte met ander te deel.

Dit is wel belangrik dat ons die literêre en tegniese kenmerke van gedigte en hul konstruksie bestudeer. Dis ook belangrik om die terminologie en material van digkuns te kan gebruik. Dis egter belangriker om te verstaan hoe hierdie kenmerke as ‘n geheel saamwerk as die leser se belewing van die gedig. Die deeglike lees van ‘n teks behels interpretasie, kreatiewe en persoonlike belewing en die ondersoek van daardie belewing.

Die antwoord op “Wat is Poësie?” is dus ingewikkeld: dit is ‘n samespel van digters se idees waarvoor hulle ‘n bepaalde, verbeeldingryke sort taal gebruik, en die leser se leesvaardighede, leeservaring en waardering van die teks.

Dis ‘n mondvol om in gedagte te hou wanneer jy pen op papier sit en woorde begin skilder. My advies is hou altyd jou leser ook in gedagte, dank an dit net ‘n wenresep wees.

Hoop julle het ietsie nuuts geleer. Lekker skryf en geniet dit.

*Bron: Wikipedia en Om die aarde aan te haal deur Carine Janse van Rensburg

3 thoughts on “Wat is poësie?

  1. sastoriesblog says:

    Ilse, as jy vir ons kan laat weet waar die probleem is dan kan ek dit gou-gou regmaak. Soms mis ons goedjies so tussen al die plasings deur. Klein foutjies wat so mooi weg kruip kan ‘n pyn wees

Lewer kommentaar