SA Storie Nuus Week 1: 3 – 9 April

Wat op die oomblik op die blad gebeur:
1. Nostalgie storie vir ons bundel saam met toestemming vir proeflees en plasing – 1,500 woorde, Sluitingsdatum 15 April. e-pos na my of Riana Le Roux

2. Skryfuitdaging 5. Stel ‘n storieplan saam volgens Janie Oosthuysen se riglyne,en stuur vir my teen 14 April, skryf dan ‘n sorie van 1,500 woorde vir volle gratis proeflees en redigering reg vir plasing,Sluitingsdatum 22 April. Jy hoef nie die storieplan ook in te stuur nie, maar doen dit, julle sal verbaas wees hoe dit jou help met jou storie. ( Waarom nie jou Nostalgie storie so doen nie?)

3, Onthou julle humorsitiese stories van so 500 woorde na Riana vir egafrikaans.

Lekker skryf, almal!

Lewer kommentaar