Ontmoet vir David Viljoen

untitled21Wie is jy en waar vandaan  kom jy?

Ek is David Viljoen van Melville, Johannesburg. Tans woon ek in Underberg, Natal.

Wanneer het jy begin skryf en hoekom?

Ek het so ‘n jaar en ‘n half gelede ernstig begin skryf toe ek besef dat boeke woorde en die afrikaanse taal die enigste ding is wat my werklik gelukkig maak.

Wat het jy geskryf wat ons kan lees?

Talle kortverhale, sketse en ‘n paar drama’s. Ek is nou besig met my eerste joernalistieke artikel.

Waaroor gaan jou boek/stories en waar kan ons dit kry om te lees?

Grootendeels is my stories die verhale van interresante mense wat ek ontmoet, dan laat ek my verbeelding met hulle wegloop.

Wat is jou groot droom?

Om ‘n suksesvolle romanskrywer te wees, rustig op ‘n klein dorpie by die see te woon met my vrou en rus en vrede te hê waar niemand my pla nie.

Wie of wat inspireer jou?

Die mensdom en sy maniere.

Behalwe vir skryf, watter ander belangstellings het jy?

Classic RocknRoll, XBOX, meisies, die engelse premier sokker liga en die Blou Bulle.

Gunsteling boek en skrywer en hoekom?

P.G du Plessis is beslis my gunsteling skrywer. Gunsteling boek is “For Whom The Bell Tolls” van Hemingway

Watter plek sal jy nog wil besoek of selfs gaan bly?

Ek sal graag in die V.S.A wil gaan woon voordat al die goeie ou RocknRoll bands uiteindelik ophou toer 🙂

Waar en wanneer skryf jy die beste?

Laat in die aand by my kombuistafel.

As jy môre die lotto wen, wat sal jy doen?

‘n Huisie op die Weskus koop en sonder sorge sit en stories skryf.

Watter belangrike lewensles(se) pas jy in jou lewe toe?

Om NOOIT OOIT die stryd op te gee nie.

One thought on “Ontmoet vir David Viljoen

Lewer kommentaar