En die wenner is…

En die wenner van Skryfuitdaging 5 is: Maritza du Preez. Jy wen ‘n gratis proeflees en redigering by Leoni Benghiat van SA Vryskutskrywers. Reg vir plasing in ‘n bundel of tydskrif. Baie geluk, Maritza, jy het die uitdaging presies hanteer soos wat ek gevra het. En inboks vir my jou posadres dan stuur ek vir jou my eerste kortverhaalbundel.

Elsabe de Beer

Pretuitdaging 3

PRETUITDAGING 3:

SELFMOORDBRIEF VAN ‘N SIRKUSNAR 🎪🎪🎪

Skryf ‘n selfmoordbrief wat ‘n sirkusnar agterlaat wat duidelik die rede vir en manier van selfdood weergee.

Mag ernstig of humoristies wees.
Maksimum 150 woorde

Sluitingsdatum: 13 Mei om 1 uur

Luister hier na RGR se uitsending van 28/04

Dankie Anze van INK  http://www.ink.org.za/  vir hierdie blink plan. Vir die wat van julle wat nie op Vrydae na Ria se program op Rainbow Gospel Radio kan luister nie, gaan ons die links op die blog plaas. Hierdie is die eerste probeer slag so as daar ‘n probleem met die links is, laat weet my. Vir die wat Vrydae kan luister, hier is die link http://streema.com/radios/RainbowGR of download Simple Radio app op jou foon…gebruik minder data en klank is baie goed.

Ria Fourie – Woord en Noot Kleur

View file Deel 1

View file Deel 2

View file Deel 3

View file Deel 4

Rainbow Gospel Radio vandag om 1 uur

Hi almal, ek lees more (28/04) die volgende gedigte en verhale voor:
‘n Flikkering van God se siel – BcHooman (sy lees self)
Die Pianis – Werner die Woordskilder
Blou Maandag – Riana Le Roux
Kleure van ons lewe – Marietjie Erasmus
Blind – Daniel
Laslappieliefde – Anze Bezuidenhout
Kleure in n vrou se lewe – Elsabe de Beer
Kleur –Riana Barnard Matthee (sy lees self)
Groen – Marietjie Erasmus
Fifty shades of Blue – Ansie Drotsky
Nog n Kleur van Riana Barnard Matthee
n Blommeruiker – BcHooman
My hart is groener – Marietjie Erasmus
Lappieskombers – Riana Le Roux (sy lees self)
Kleureboog – Rone (Sy lees self)
Steenkool – Marietjie Erasmus
Lig en donker – Marietjie Erasmus
Ek is nie n kleur nie – Marietjie Erasmus
Tussen lig en donker – Melinda Du Plessis (sy lees self)

Verhale:
Amelia aweregs – Zoons
Valentynsdag _ Peter Zaayman
‘n Koue nostalgie – Bets Koen
Hansie en Grietjie skryf n sprokie – Bruno Andries
Die Muse redigeer – Ina Cantoni

http://streema.com/radios/RainbowGR of download Simple Radio app op jou foon…gebruik minder data en klank is baie goed

Digwenke

Digwenke en idees vir die week deur Caren Kearley

Kom ons kyk die week na die begrip rym. Hiermee word verwys na die herhaling, gereeld of ongereeld van sekere klanke. Rym word nie net in digkuns gebruik nie maar ook in die gewone daaglikse spreektaal. Ek dink spesifiek aan spreekwoorde soos:
– Hy het by die blou dam vakansie gehou
– Oos, Wes, tuis bes

Die rym verleen aan hierdie spreekwoorde ‘n seggingskrag sodat mens dit beter kan onthou. In digkuns moet die rym ook so ‘n uitheffingsfunksie hê. Dit mag nooit as ‘n blote versiering aangewend word nie, want dit klink dan gedwonge. Dit is nie toevallig dat daar soms van swak poësie as rymelary gepraat word nie. Enige digter moet volgens my opinie dus daarteen waak om rym te oordoen.

En tog het rym nie altyd ‘n belangrike rol gespeel nie. Die tipiese Griekse en Latynse digters het nie van rym gebruik gemaak nie, terwyl die Germane weer slegs van alliterasie (of Stafrym) gebruik gemaak het. Dit egter ‘n feit dat rym steeds ‘n belangrike rol speel in digkuns. Hierdie toenemende populariteit van die rym moet waarskynlik toegeskryf word aan die geleidelike verdringing van die mentum deur groter ritmiese vryheid.

Rym is ook nie sommer net rym nie. Daar word onderskei tussen:
1. Volrym en halfrym – dit is wanneer klinkers en die daaropvolgende medekinkers van een lettergreep van ‘n woord ooreenkom met die klinkers en medeklinkers van die daaropvolgende word. Gewoonlik staan sulke rymwoorde aan die einde van ‘n versreël en dan praat on sook van eindrym.
2. Binnerym is wanneer woorde binne ‘n versreël rym met die vorige versreël se eindwoord Soms word na alliterasie en assonansie ook verwys as binnerym
3. Beginrym is wanneer rymwoorde aan die begin an versreëls voorkom
Oor al die verskillende rymvorme kan mens behoorlik ‘n boek skryf, maar ek gaan nie nou verder daarop uitbrei nie. Sekere digvorme soos die sonnet, limeriek, kwatryne en vele ander vereis baie streng en spesifieke rympatrone.

Volgende keer bespreek ons die funksie van rym.
Lekker dig en onthou om sommer baie te lees ook.

Bron: Woord en wonder van A.P Grové

SA Stories begin met ‘n kettingroman

Maak skerp julle potlode, julle breine, begin ons met ‘n kettingroman. Ek sal die eerste hoostuk plaas saam met my storieplan. Julle kies dan watter hoofstuk julle wil skryf. Net vir bietjie leer, ek is gladnie van plan om julle werk te gebruik vir my vir ‘n roman nie. Net ‘n oefening om te leer hoe om ‘n roman te skryf!! As ons dalk later besluit om dit te publiseer noem ons elke skrywer se naam en noem dit: SA Stories Roman of iets!!

Alle lede, ons wil kyk hoe dit werk, Janie Oosthuysen het vir my ‘n plan gestuur om ‘n roman te beplan. Wat van ons begin ‘n roman, ek skryf die eerste hoofstuk en elkeen kry ‘n hoofstuk om te skryf. Natuurlik sal ons erkenning gee aan elke skrywer

Skrywers van ons eerste ketting-roman:

Hfst 1- Elsabe de Beer
Hfst 2- Pieter Van Loggerenberg
Hfst 3- Ina Cantoni
Hfst 4- Hanlia Dippenaar
Hfst 5- Hannes Snyman (Vallei Arts En Crafts)
Hfst 6- Adele van Zyl
Hfsr 7- Riana Le Roux
Hfst 8- Melinda Du Plessis
Hfsr 9- Martie van Bavel
Hfst 10- Maude Kate Potgieter Bester
Hfst 11- Douwlina Du Plessis
Hfst 12- Esme van der Westhuizen

 

My toneelkaarte van die hoofstukke:

En my storieplan. Julle mag natuurlik aan die storieplan verander soos julle wil. Daar kom dalk nog iets baie interesssant uit!

Met alle erkenning aan Janie Oostuysen van Skryfgeheime:
Om jou roman saam te stel, besluit hoe dit gaan afloop, jy kan altyd ʼn bietjie verander as jy van plan verander:
Maak ʼn kaartjie (indekskaart vir elke hoofstuk, tot jy so tien of twaalf het, en besluit watter jy eerste gaan gebruik.

1 My storieplan vir hierdie roman: Adele van Zyl, suksesvolle bestuurder by ABSA, se man Francois, in ʼn niksnuts, bakkie bouer wat baie lief is vir vrouens
Francois se hy wil haar nie meer he nie, Sy moet trek, hy en sy nuwe meisie wil daar kom bly.

2 Adele gaan drink koffie in Mugg & Bean en hoor ʼn gesperk tussen twee meisies af war oor Francois praat,

3 Adele word gebel deur haar pa se prokureur om haar in te lig dat haar pa die huis aan haar bemaak het nadat hy vir Francois uitgevang het en Francois gesmeek het hy moet die verband oorneem’

4 Francois laat maak sy bakkie reg – sien Mandie ( sy meisie by wie hy ʼn vierjarige seuntjie het) is daar by die bestuurder Piet, en vertel vir hom hulle gaan Durban toe. Francois word woedend en slaan aan Piet.

6, Piet le ʼn klag teen Francois en hy word gevange geneem vir aanranding. Moet ʼn nag saam met Spider in ʼn sel deurbring.

5 Francois laat maak sy bakkie reg – sien Sanet ( sy meisie by wie hy ʼn vierjarige seuntjie het) is daar by die bestuurder Piet, en vertel vir hom hulle gaan Durban toe. Francois word woedend en slaan aan Piet.

7 Adele ry na haar suster toe in Bloemfontein en op pad reg langs Soweto, kry sy ʼn papwiel, Twee mense bied aan om haar op te laai. Skielik kom ʼn polisievoertuig aamgejaag. Die speurder neem die twee ou mense in hegtenis, hulle het al baie meisies ontvoer as bruid vir hulle vertraagde seun. Werner. Die polisiebeaampte raak smoorverlief op Adele.

8. In Naomi, Adele se suster se huis. Plattelands, goeie man. Werner kom daar kuier.

9. Adele word al hoe sieker. Gaan dokter toe, Moet operasie ondergaan.

10. Francois daag by hospitaal op wangedra hom. Werner staan haar by.

11. Na sy gesond is, neem Werner haar terug Pretoria toe. Hy het intussen haar kar laat regmaak.

Wat vind sy as sy daar by haar en Francois se huis aankom??

TONEELKAART
PLEK: In Adele se huis
KARAKTERS: Adele, Francois
DOEL: Om die hoof probleem te skets
HINDERNISSE: Francois wil huis verkoop. Adele nie genoeg geld om alleen aan te gaan nie. Sy is in elk geval dalk swanger.
BESLUITE: Adele moet besluit wat sy gaan maak
GEVOLGE: Adele begin agterkom Francois is onbetroubaar.
LESERSEMOSIE: Woede teenoor Francois.
Simpatie met Adele

TONEELKAART 2
PLEK: Mugg & Bean
KARAKTERS: Adele, Sanet, vriendin
DOEL: Om die Adele te laat besef hoe onbetroubaar Francois is.
HINDERNISSE: Adele wil nog vir Francois hê.
Sanet en haar kind.
Sarel wat wil hê hulle moet saam met hom Kaap toe gaan
BESLUITE: Adele besluit om haar suster te bel en te gaan kuier.
Sanet besluit om saam met Sarel te gaan.
GEVOLGE: Adele gaan haar kop skoonmaak.
Sanet gaan vir Francois los.
LESERSEMOSIE: Wantroue in Francois.

TONEELKAART 3
PLEK: Haarkapper salon
KARAKTERS: Adele, haarkapster, naelversorger.
DOEL: Om Adele te laat besef hoe onbetroubaar Francois is.
HINDERNISSE: Adele wil dit nie glo nie.
Die rekeninge. Haar kredietkaart baie oorgebruik.
Francois se bakkie-bouery.
BESLUITE: Adele wil wegkom
Sy gaan nie meer so vir Francois sorg nie.
GEVOLGE: Sy sal moet besluit of sy nog vir Francois wil hê.
Francois gaan woedend wees.
LESERSEMOSIE: Dalk frustasie met Adele?

En so stel jy ʼn toneelkaart op vir elke hoofstuk.

Hoofstuk 1
Voete van klei.
Sy word stywe lyf wakker. Waarom het sy hier op die bank geslaap? Sy rek haar uit, besef sy het nog dieselfde klere aan as die vorige dag. Stadig begin alles terugkom. Francois is gisteraand weg, haar verlaat vir ‘n ander meisie. Wat is haar naam nou weer? Sanet? Ja, hy het gesê Sanet. Sanet is die rede waarom Francois haar nooit kon saamneem op sy “sake-besoeke” en rugbytoere nie.Hy het gesê hy is nie meer lief vir haar nie, sy moet ander blyplek gaan kry, die huis is in elk geval op sy naam alleen geregistreer. Hy wil met Sanet in die huis kom bly.
Quo Vadis, Adele?
Sy spring onder die stort in, was sommer haar hare ook en trek aan om te gaan werk. Die huis is deurmekaar, sy wou gisteraand goed skoonmaak, maar dit was toe nie ‘n goeie aand daarvoor nie. Francois en sy Sonja het haar planne deurmekaar gegooi.
Op pad kantoor toe in haar twee jaar oue Jetta, dink sy terug aan hoe sy en Francois smoorverlief getrou het, en hoe sy in elk geval geglo het dit is vir ewig. Haar besoek aan die dokter van die vorige dag bly ook draai in haar kop.
Op kantoor laat blyk sy geensins dat iets verkeerd is nie, is gewoon haar ou self: Adele, die professionele, goedversorgde hoof van personeel by ABSA bank. Sy moet net haar beeld behou.
“Jou beheptheid met jou werk en voorkoms irriteer my. Sanet is ‘n warmbloedige vrou wat partykeer nie eens grimering dra nie. Sy weet hoe om ‘n man gelukkig te hou. ‘n Man is nie ‘n klip nie. Ek soek ‘n vrou met vuur, nie ‘n winkelpop nie.”
Sy teusel maar deur die dag, haar aandag nie by haar werk nie. “Sanet-warmbloedig-winkelpop-stywe voorkoms-irriteer.”? Het hy regtig al hierdie dinge kwytgeraak?
En jy wat die afgelope tyd so geïrriteerd raak met Francois se kamtige entrepreneurskap, Adele?
‘n Man met sy eie besigheid en goeie rugbyspeler. “Op pad iewers heen.” Maar sy het al self gesien hoe hy sommer `n klompie werkloses op die hoek van die straat oplaai en gaan aflaai op die ‘site’ waar hy kastig herstelwerk aan mense se huise doen. “Handy Francois” staan op sy bakkie geskryf.
Sy weet ook dat hy soms die hele dag iewers in `n kroeg sit en nonsens praat of gaan rugby oefen, net om dan weer so teen vieruur die manne te gaan oplaai en vir die eienaar te vertel hoe hard hulle gewerk het!
En dan die oneindige rekeninge wat by die huis aankom vir materiaal wat nie betaal is nie. Wat sou Francois met die geld doen wat die mense hom betaal?

Op kantoor sukkel sy om aan die werk te kom. Die lêers wat dringend aandag vereis lê nog net so onaangeraak.
Die gelui van haar selfoon ruk haar terug na die werklikheid.
“Hi, Sus,” sê haar suster, Mia. “ Is jy ok? Ek voel aan iets is fout. Wat is verkeerd?”
Adele vertel so kortliks vir haar van die dilemma waarin sy haar bevind.
“ Jy kom direk na werk hier na my toe. Ek wil alles hoor, en vir jou ook iets gee,” is Mia se opdrag.

Vonkgedig Uitdaging 6

VONKGEDIG UITDAGING 6:

Skryf ‘n gedig van maksimum 12 reëls wat die volgende woorde bevat:

heilsaam
proe
traan
kosbaar
sering
treurlied
gousblom/me

Sluitingsdatum: 1 Mei om 1 uur

Wenner van Vonkgediguitdaging 5

AANDAG!!

WENNER van Vonkgediguitdaging 5:

Gedig vir begrafnisbrief vir Ma of Pa.

Baie geluk aan:

Simon Riekert

‘n Pragtige beskrywing van ‘n liefdevolle pa.

Jou prys is ‘n blits-digkursus by SA-Vryskutskrywers geborg deur Leoni Bengiaht!!

Inbox asb vir my jou email adres en posadres Simon.

Dankie vir al die ander inskrywings!! Word elke keer moeiliker om te kies.

See more

Simon Riekert to SA Digters

VONKUITDAGING 5
BEGRAFNISBRIEF

Hierdie skryfie is vir jou, my liewe Pa
iets wat ek stilweg wil insmokkel in jou bruin baadjiesak
voor jy wegraak in onthou, jou memoirs gaan wegpak
want al het jou vriend Jesus besluit, genoeg is genoeg
het jy, miskien aspris, merkers vir my siel geploeg;
soos om jou roostuin en asaleas te pamperlang
soos om vir Ma ʼn roosknop te bring
soos om uit volle bors in Oudominee se kerk te sing
soos jou ja wat ja was, en jou nee soms nee
soos jou lief vir visvang in die blou-blou see
soos jou Joseph Rodgers wat lekker vetderms kon sny
soos jou nartjies en biltong op Loftus, netjies in ʼn ry
soos jou Old Spice wat ruik op my skeerkwas
soos jou profiel in my oggendspieël, asof jy daar was
soos jou lief vir jou kinders en kinders se kinders
soos… asof jy netnou weer terug is

© Simon Riekert

(Simon Lodewyk Riekert 1925-2010)

Moenie die GROOT dag mis

18056731_643340419210185_1661376334445204328_n.jpg

GROOT NUUS!!!

Ons Boekbekendstelling/Kuieroggend vir SA stories en SA Digters gaan DV plaasvind op Saterdag 29 Julie 2017 in Centurion!!

SANTIE VAN DER MERWE , bekende skrywer gaan vir ons kom vertel hoe sy begin skryf het en raad gee en vrae antwoord!!

Dit is net een deeltjie van die wonderlike dag wat ons vir julle beplan! Daar is genoeg tyd vir almal om ‘n plan te maak om nie die geleentheid te mis nie!!

Ons sal die volledige details later deurgee! Watch this space!!! 👀