Nuus van ons Facebook blad

Moenie hiervan vergeet

SKRYFUITDAGING 4
BOEKRESENSIE – Maksimum 300 woorde
Skryf ‘n resensie oor enige Afrikaanse boek.
Raad:
Maak seker jy HET die boek gelees waaroor jy dit resenseer!!
Doen asb navorsing oor watter inligting noodsaaklik is in resensie, bv. Genre, teikenmark ens.
Bespreek skrywer kortliks en verwys na sy/haar vorige publikasies
Bespreek jou positiewe en negatiewe indrukke van die boek
Onthou jy moet eindig met jou eie opinie asook ‘n aanbeveling vir toekomstige lesers
Die prys van die boek en waar dit beskikbaar is kan ook genoem word.
Uitdaging sluit: 1 April 2017
(Moet asb nie ‘n “fool” maak van jouself en NIE inskryf nie!!)
Lieflike prys weereens.

‘n Storie van Hendie Grobbelaar geplaas deur Elsabe de Beer

Sien julle nou waarom ek so mal is oor Hendie se stories: Kyk hierdie een:
Die wit Afrikaanse feex
Ek is Afrika. Ek is wit, nie swart nie. Maar dit was nie my keuse nie en dis okei so. Baie goed is niemand se keuse nie.
Ek is ook ‘n Afrikaanse feex, want ek staan op vir my taal nadat ek vir baie jare in Engels moes kommunikeer in ‘n koue wêreld vol syfers en woorde wat vreemd op my tong rol.
Ek glo in die son, en dat sy strale vir ons almal genoeg is. Ek is moeg vir die skadu’s en om jammer te sê. Hoe lank kan mens jammer sê voordat dit niks meer beteken nie? Ek kan nie die verlede verander nie, maar ek kan ‘n sê hê in my toekoms en in die wat nie kan praat nie s’n ook. Soos mishandelde honde, kinders en ou mense.
Ek smag na gelykheid onder die hemelboog, in alle opsigte.
Ek praat nie politiek nie, ek praat Afrikaans en soms uit wanhoop, frustrasie en selfverdediging, gooi ek die rooi taal, veral een spesifieke woord.
Ek sou wat wou gee om ‘n swart taal ook te kon praat, en ek bewonder die wat dit so maklik laat klink.
Ek eer die dapperes wat opstaan vir hul kultuur, hul geloof en hul toekoms en terselfdertyd, ander s’n ook te eerbiedig.
Taal is net ‘n kommunikasiemiddel, maar dit voed ook jou ander are.
Ek gaan nie toelaat dat my are doodgedruk word nie. Ek sal juig in my taal, vry in my taal, ek sal rock in my taal en ek sal vloek in my taal. Fok! Lekker woord daai.
Niemand moet gedwing word om prys te gee wat vir hom dierbaar is nie.
Die son se strale skyn vir almal.
Ek is ‘n wit Afrikaanse feex van Afrika.

 

Onthou om jou storie te skryf vir RSG

Van Amore Bekker: Elsabe,

Stuur slegs vir my stories wat “gob-smack” toe val lig is…..
Daarmee bedoel ek, dat jou mond oop val.
Dat jy dit nie kan glo nie, en dat jy dit vir almal om jou vertel…

Dankie
Amore

Van SA Digters blad

AANDAG!!!
VONKGEDIG PRETUITDAGING 3

Skryf ‘n gedig wat op ‘n boekmerk gedruk kan word- maksimum 18 reëls

Tema: lees, stories, skryf, boeke ens.

Uitdaging sluit 24 Maart om 13:00

Ps: hou wydte van boekmerk in gedagte – maw kort versreëls!

 

Lewer kommentaar