Digwenke en idees vir die week

 

Kom ons kyk die week na ‘n metafoor. Dit is ‘n saak van gelyk stel aan ‘n ander. Hy is ‘n vark. Sonder nes, asof of soos te gebruik. Dit is dus ‘n oordragtelike, figuurlike uitdrukking wat op ‘n vergelyking, ooreenkoms berus, die beeld in die plek van die eindelike voorstelling plaas, of die ooreenkoms tussen twee vergeleke voorwerpe suggereer.

Voorbeelde van metafore:
‘n hart van goud
‘n Kop van klip
winde van my bestaan

Hier is een van my gedigte waar ek die hele gedig as ‘n metaoor geskryf het:

Winterswind

Mistroostig mankoliekig murmureer hy
om die huis se hoeke;
droefgeesgtig ween
sy stilswenkende asem
laag oor die dorre vlaktes
dié oumanswind
se klaaglied
oor die w-i-n-t-e-r
van ‘n lewe
sonder genade
of
lewensrede

© 2016 Caren Kearley

One thought on “Digwenke en idees vir die week

Lewer kommentaar