Groot Nuus van ons Facebook blad

Skryf jou Toeval-storie vir RSG

Alle skrywers. Wonderlike nuus. Ons het met Amore Bekker van RSG kontak gehad en sy is bereid om te kyk na ons stories van toeval, om dalk uit te saai. Onthou dit moet waar wees, toeval, en niks meer as 300 woorde nie. Plaas hier onder die opskrif TOEVAL:

Welkom Chanettte Paul

Ons verwelkom vir Chanette Paul hier op ons blad. Welkom by ons Chanette! Ek dink ons almal kan van jou leer!

SA Stories en Digters blad gaan groot

Ek voel ek moet vanmiddag iets sê!! Terwyl ek vanmiddag so luister na ons twee groepe, digters en skrywers se gedigte en stories – moet ek sê ek is so geweldig TROTS om deel daarvan te wees!!!

Ons het die afgelope twee maande regtig al SOVEEL vermag en almal se entoesiasme en vordering is ongelooflik!! Ons eerste kortverhaalbundel gaan AWESOME lyk en daarna tackle ons die digbundel!

Ek en Elsabe wil vir elkeen van julle dankie sê vir julle bydraes en die aanlyn-vriendskappe wat ons smee!
Ons wil ook dankie sê vir Ria, Groep 7, Leoni, Janie, ons adminlede en veral Suretha wat vanuit Zim ons blog op haar eie behartig! 👏🏻👏🏻👏🏻👏🏻

Ons geniet ons gate uit (al is tyd vir self skryf en slaap effe minder 🙄)

Hou aan om ons te bless met julle skrywes!

Riana Le Roux

2 thoughts on “Groot Nuus van ons Facebook blad

  1. ranabarnard@gmail.com says:

    Chanette Paul!!!!!!! Ek het nie woorde nie. Dit kan net wonderlik wees. Dankie vir julle wat so hard besig is om al hierdie wonderlike dinge te laat gebeur. Chanette Paul. O my soul wat n voorreg
    Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!

  2. sastoriesblog says:

    Dankie, Riana, vir jou ook, Ons het BAIE bereik in die kort tydjie dat ons aan die gang is. Ek se ook dankie aan ons admin en AL ons skrywers en digters! Sonder julle sou ons nie hierdie dinge alles kon gedoen het nie!

Lewer kommentaar