Nuus oor Ons Rubriek

WENNER VAN RUBRIEK PRETUITDAGING!!

Ek is dood eerlik as ek sê dat AL sestien inskrywings regtig goed was. Sjoe, dit raak al moeiliker om ‘n wenner te kies.
Ons wenner is:

SONJA BROWN

Baie geluk Sonja, en dankie dat jy so getrou aan al ons uitdagings deelneem.

Nou die wonderlike nuus wat die prys betref vir hierdie pretuitdaging!!

Ons het op ons SA Stories Blog ‘n afdeling geskep vir ‘n weeklikse rubriek, nl “ONS RUBRIEK” (Dankie Suretha). Hier gaan elke week Maandag, ‘n rubriek geplaas word deur JULLE, ons lede.
Sonja se wen-rubriek word volgende week Maandag geplaas en daarna mag sy elke Maandag – tot einde April, ‘n rubriek skryf vir die BLOG in ‘n tema van haar keuse.
Daarna kry almal wat aan hierdie uitdaging deelgeneem het, ‘n kans om ‘n rubriek te plaas.

Ek, Riana le Roux, sal op elke Maandag iemand laat weet wat sy rubriek moet regkry om te email na my vir goedkeuring teen die Saterdagaand, sodat sy dit teen die Maandagoggend kan plaas.

Beperk asb die rubrieke tot 300 woorde en vermy so veel moontlik sterk taal of onderwerpe wat aanstoot kan gee. Indien die persone wat deelgeneem het nie kans sien om ‘n rubriek vir die BLOG te skryf nie, los ‘n boodskap in comments asb.
Hou dit oor die algemeen lig en opbeurend van aard.

PS: Gaan doen ‘n bietjie navorsing in bekende tydskrifte en loer na hul gereelde Rubriekskrywers se rubrieke vir inspirasie.

One thought on “Nuus oor Ons Rubriek

Lewer kommentaar