NB: ITA FRONEMAN SE DIGTERSLYPSKOOL

 

Ek het al by verskeie Digblaaie my kennis verniet gedeel van hoe om jou digkuns uit te brei en vaardiger te kan dig.
Ek wil dit egter nie onder ‘n bestaande Diggroep se vaandel doen nie, en het ‘n nuwe groep gestig onder bostaande naam, onafhanklik van enige bestaande Diggroep. Ek beplan om teen 15 April met die tweede slypskool te begin.

WAT BEHELS SO ‘N SLYPSKOOL?
• Die koste beloop R300 per persoon met aanvang van kursus ( dis werklik minimaal gemeet aan R30 per week en ure wat ek spandeer aan jou )
• Die kursus duur 10 weke met 10 opdragte
• As jy voor die tyd die kursus staak, is gelde nie terugbetaalbaar nie
• Ek hanteer alle skryf- en digvaardighede in ‘n unieke en intensiewe kursus
• Nuwe digmateriaal word aangebied wat ek nog nooit so gedeel het tevore nie, so dis nêrens anders bekombaar nie
• Jy gaan nie in kompetisie wees met ander nie, slegs in kompetisie met jouself
• Ek sal op ‘n glyskaal punte gee vir jou opdrag dat jy jou sukses van elke opdrag kan meet en jou vordering dophou en waar jy presteer en waar leemtes bestaan
• Daar word nie pryse uitgeloof nie want dis nie ‘n kompetisie nie, slegs plek om informasie te bekom van hoe om jou digkuns te verfyn en meer kennis op te doen oor Afrikaans en Digmiddele
• Met suksesvolle afloop van jou kursus sal jy ‘n mooi sertifikaat as erkenning ontvang
• Die inligting daar gedeel, bly vertroulik my intellektuele eiendom wat jy nie mag versprei nie
• Jy mag wel jou gedigte wat jy daar plaas ook op ander groepe plaas ten afloop van evaluering daarvan
• Jy plaas jou gedig op die groep se blad en in komentaarruimte ontvang jy my volledige evaluering en jou punt
• Jy mag vele kere die opdrag “oorskryf” as jy nie dadelik die uitkoms bereik het nie waar ek dan steeds hulp verleen, dit bly egter jou unieke styl, ek skryf niemand se gedigte “oor” nie, dit bly uniek jou eie werk
• Daar is ook interaksie tussen die student in gesprek en vrae
Kontak my gerus per inkassie op FB of per epos by info@artbyita.co.za as jy belangstel.
Hoop ek sien vele daar!

©Ita Froneman

Lewer kommentaar