Wat jy moet hê om te skryf

Ons het lede van ons Facebook blad gevra wat hulle moet hê om te kan skryf. Talent? ‘n Graad? ‘n Verbeelding? Dit het my nie verbaas om te lees dat die lede net tyd en stilte nodig het om te skryf. (Koffie, tabak, wyn, die natuur en musiek is ook genoem) Daar het ook baie voorstelle verskyn van boeke wat in jou besit moet wees en ons het dit goed gedink om ‘n lysie vir julle te maak.

Die boeke wat skryfkenners aanbeveel wat jy op jou rak moet hê as skrywer of proefleser:

1. PHAROS: Beknopte Verklarende Woordeboek

2. Afrikaanse Woordelys en Spelreëls

3. PHAROS: Skryf Afrikaans van A tot Z

4. Riana Scheepers & Lei Kleyn: Die Afrikaanse Skryfgids

5. PHAROS: Sinonieme en verwante woorde

6. Die Groot Afrikaanse Aanhalingsboek

7. Idiomewoordeboek.

 

 

 

 

 

2 thoughts on “Wat jy moet hê om te skryf

Lewer kommentaar