Aandag almal bo 50 jaar

Alle lede bo 50 kontak my asseblief vir besonderhede oor stories vir Gryskrag. elsabedebeer8@gmail.com

Dankie

Elsabe de Beer

2 thoughts on “Aandag almal bo 50 jaar

  1. sastoriesblog says:

    Ek plaas dit hier. Die skrywes vir almal bo 50:

    UITNODIGING
    Skryf oor ‘n ‘ENGEL OP JOU PAD”

    GrysKrag, in samewerking met ‘n geesdriftige borg, Riaan Greyling, wil ‘n bundel met kort bydraes publiseer oor die onderwerp: Engele op my pad. Alle lesers van Plus 50-tydskrif en ander belangstellende vyftig-plussers word genooi om bydraes in te stuur.
    Die engel waaroor dit gaan, hoef nie net iemand soos ‘n naby-vriend, familielid of onbekende helper te wees nie. Dit kan selfs jou hond (bv gidshond), selfoon, gunsteling-skrywer, jou dokter, ‘n inspirerende persoon wat jou lewe verander het, of enige iemand of iets wees wat jy as ‘n engel beskou.
    Die verhaaltjie of skets wat jy skryf, kan van uiteenlo- pende aard wees, bv humoristies, verheerlikend, waar- derend, nostalgies, besinnend. Dit kan bv heel plat op die aarde wees of dit kan die bonatuurlike aanraak, dit moet net goed geskryf wees.
    Bydraes van 300 tot so 900 woorde, met ‘n maksi- mum van 1 100 woorde sal in aanmerking kom. Dit moet in duidelik leesbare en goed afgewerkte vorm aangebied word, verkieslik per e-pos.
    Vir die drie beste inskrywings is daar ‘n prysgeld van R1 000 elk en die geleentheid om gepubliseer te word. Sluitingsdatum: Inskrywings moet GrysKrag bereik vóór 7 April en wenners word 30 April 2017 aangekondig.
    Inskrywings en navrae: Kontak Martie Squier by
    GrysKrag: martie.squier@gmail.com of 012 348 3087.

Lewer kommentaar