Skryfuitdaging 2 Wenner

Dagboekinskrywing van ’n 14 jarige seun.
(199 WOORDE)

 

13 September 2013 – D-DAY!

9mm Beretta Semi Automatic – Check *MA! VERANDER DIE KODE VAN DIE KLUIS!

15 Koeëls – Check *NB* Magasyn vol voor jy loop!

Boeta se BMW gloves – check. Net vir incase. NERVES = SWEATY PALMS

Masker – Check  Nee los. Hulle moet my gesig sien. Wie laaste lag!

WIE VREK EERSTE

Jaco Basson – Een bullet deur die kop. Jou pretty boy gevreet – GONE

Eric Jones – Twee, nee drie. Een vir elke keer wat jy die besem in my hol gedruk het.

Freek Voster – Twee shots. Een deur die balle en een deur die nek. Elke dag geboelie. NOOIT WEER!

Dina Venter – SLET! Vir jou skiet ek vrek, vyf shots. Dis nie genoeg nie, maar hierdie “mofgat” sal jou wys waar jy jou vingers kan druk.

Henco Jong. Ek weet jy is ook … I love You. Twee skote. Nie dood nie, net pyn – BLOEI … soos my hart vir jou. Wees wie jy is!

Meneer Smit. Daai middag agter die paviljoen. Net een woord van meneer kon alles stop. SHOT!

Laaste bullet. Myne. Kopskoot, of in die mond. Hang af of iemand my keer.

*Ps.* Ma, ek is gay. Ek weet ma weet. SORRY . Moenie vir pa sê nie … seblief! Baai.

© Elaine Cronje 2017

 

Elaine photo.JPG

Wie is  Elaine Cronje?

 

Vir ’n baie lang tyd is ek al op soek na my roeping. Daardie rede hoekom ek gebore was. Ongelukkig in hierdie ou lewe word geen vrae ooit met net een direkte gesprek beantwoord nie en dus het ek verlede jaar besluit om dit te loop soek. Skryf was nog altyd iewers baie laag op my “ek wens ek kon” lysie en daarom het ek besluit om eerste daarmee te begin en te sien of dit my gaan vervul soos niks nog ooit kon.

Ek het in 2016 ’n skryf kursus gedoen by Skryfgeheime-skryfskool  en so bietjie vir bietjie geleer. Ek woon al vir 19 jaar in Pretoria en skryf op my beste as ek alleen in die huis is sodat ek my woorde hardop kan teruglees … oor en oor en oor.

Ek leer ongelooflik baie deur ander “probeer-skrywers” se stories te lees. Dit is daar waar ’n mens dadelik taalfoute optel en so leer om dit te verbeter. Ek leer ook natuurlik deur gevestigde skrywers se boeke te lees, maar het nie ’n gunsteling nie. Een maand vergaan ek oor liefde en romanse en die ander maande soek en vrees en angs in my lewe. Ek geniet wel om boeke te lees wat nie pretensieus is nie, wat geskryf word deur elke-dag taal te gebruik. Woorde wat ek gebruik en nie iets wat ek eers moet gaan naslaan nie. Ek is al vir 18 jaar in die kosbedryf en geniet ander mense se kos meer as my eie … enige iets behalwe vis.

Ek is baie swak met taal en spelling en het dus ongelooflik baie om te leer, maar ek vind deur gereeld aan SA Stories se kort uitdagings deel te neem verbeter ek meer as wat ek maande lank aan een storie probeer skryf. Dis baie sleg om as skrywer te sê, maar ek raak gou verveeld met een storie, dus as ek iets kan skryf en dis môre klaar, kan ek aanbeweeg na die volgende projek.

 

Lewer kommentaar