Ontmoet vir Elsabe de Beer

15873567_10212128728113021_4641049722087323533_n

Wie is jy en waar vandaan kom jy?

Ek is Elsabe de Beer, grootgeword in Vereeniging, getrou met my skoolkys, Johan. Ons het twee kinders en drie kleinkinders.Ek het my lewe lank skoolgehou en was altyd lief daarvoor om vir die kinders in die klas stories te vertel wat ek sommer so in die vertel opgemaak het.

Wanneer het jy begin skryf en hoekom?

Ek het verlede jaar besluit ek is lus om te skryf en het ingeskryf vir ‘n kursus by Skryfgeheime vir Kratiewe Skryfkuns. Daarna het ek begin soek na facebook blaaie waar ek my stories kon plaas. Iemand het my stories raakgelees en gevra of hulle dit nie in ‘n gesmantlike bundel kon publiseer nie. Natuurlik het ek ja gesê. My stories is in twee gesamentlike bundels gepubliseer.

Wat het jy geskryf wat ons kan lees?

 “Kesfeeskeur n Ware Wins” en “Jy is vrou” deur Killian & Mlaherbe.Kort daarna is my eie bundel kortverhale “Petro se Klavier en ander verhale” ook gepubliseer deur Killian & Malherbe.

Wat is jou groot droom?

 Om ‘n bundel of ‘n roman te skryf wat by alle boekwinkels verkoop word.

Wie of wat insperieer jou?

My man inspireer my ongelooflik, kom kort-kort hier aan met ‘n storie wat ek kan skryf. En ook iets wat iemand vir my vertel, ek maak vinnig ‘n storie daarvan.

As jy nie skryf nie, wat doen jy om te ontspan?

Ek skilder ook en borduur graag, maar die skrywery hou my deesdae pal besig.

Gusteling boek en skrywer en hoekom?

My gunstelingskrywer is verseker Annelie Botes. Sy skryf so gemaklik en lekker. Dis hoe ek wil skryf!

Watter plek sal jy nog wil besoek of selfs gaan bly?

Ek en my man maak ‘n punt daarvan om eenkeer per jaar oorsee te gaan vakansie hou, os was nou al omtrent in 20 lande. Maar my gunsteling plek in die hele wêreld is Graaff-Reinet in die Klein-Karoo, daar sal ek wil gaan bly!

Waar en wanneer skryf jy die beste?

Vroeg oggend wanneer almal nog slaap, in my bed op my laptop.

As jy môre die lotto wen, wat sal jy doen?

Ek dink nie ek sal ooit die lotto wen nie, ek koop nie lotto kaartjies nie!

Wat is jou sterk en swak punte?

My sterk punte is dat ek ‘n ekstrovert is en met almal oor die weg kom. Ek kan ook baie lojaal wees.

My swakpunt is seker dat ek soms baie impulsief optree, ek haat om te wag vir iets om te gebeur! Ek wil dit MAAK gebeur!

One thought on “Ontmoet vir Elsabe de Beer

  1. Hendie says:

    Ons is ‘n klomp Vaaldriehoekers hier bymekaar! Lekker om meer van jou ook te lees my skryfvriendin. Dankie vir jou geduld en vasbyt met hierdie blad en sy mense.

Lewer kommentaar