Ontmoet vir Riana Le Roux

Sora 100%

  1. Wie is jy en waar vandaan kom jy?

Ek is Riana le Roux, gebore en grootgeword in Vanderbijlpark , maar woon tans in Vereeniging. Ek is 28 jaar getroud met Deon, my ingenieursman en het twee pragtige tienerdogters. Ek is ‘n Grafiese ontwerper, maar die laaste 20 jaar maak en bemark ek landwyd ‘n reeks denim-  en houtprodukte,  veral  aan padstalle. Verder is ek ‘n troufotograaf, gee kitaaslesse , bak vir ‘n klompie kliënte en nou ook ‘n “wanna be” skrywer

  1. Wanneer het jy begin skryf en hoekom?

Ek het laasjaar Junie vir die pret aan die Beeld Koerant se blitsverhaalkompetisie deelgeneem en derde gekom. Daar het die skryfgogga gebyt en het ek kortverhale begin skryf. Om ‘n boek op die winkelrakke te hê, is nog altyd op my “bucket list” – dis waarom ek begin skryf het. Drie weke gelede het ek ook begin gedigte skryf – hoofsaaklik vir ons SA Digtersblad.

  1. Wat het jy geskryf wat ons kan lees?

My storie “Offerliefde” is reeds op die blog geplaas indien iemand lus het om te lees. My kortverhaal “ Die Geheim” verskyn in die 14 April uitgawe van Vrouekeur tydskrif en nog twee ander kortverhale verskyn binnekort in Huisgenoot en nog een later in Vrouekeur. My gedigte kan nog net op ons digtersblad gelees word.

  1. Wat is jou grootste droom?

My droom is natuurlik om ‘n bekende skrywer te word, maar om ook my besigheid verder uit te brei. Die SA Storie- en Digtersblad/Blog is ook vir my en Elsabe baie lekker, omdat dit onbekende skrywers en digters help om “gehoor en gesien” te word.

 

  1. Wie of wat insperieer jou?

Stories van bekende skrywers se pad na sukses, is vir my baie inspirerend. Verder inspireer daaglikse gebeure en die mense in my lewe my.

 

6.Wat doen jy om te ontspan as jy nie skryf nie?

Vir ontspanning skilder, hekel en lees ek. Fotografie is ook ‘n stokperdjie waarby ek nou en dan uitkom. Vir oefening stap ek – wanneer die tyd dit toelaat.

 

  1. Gunsteling boek/skrywer en hoekom?

Op hierdie stadium verslind ek Chanette Paul se boeke. Ek vind aanklank by haar manier van skryf, omdat my skryfstyl baie dieselfde is.

  1. Watter plek sal jy nog wil besoek of selfs gaan bly?

Ek sal nog graag die hele Europa wil deurreis. Het defnitief rooimiere. Ek was nog net in Duitsland met die Wêreld Boekeskou.

Verder sal ek graag die spreekwoordelike “huisie by die see” wil hê, waar ek voltyds kan skilder en skryf.

9.Waar en wanneer skryf jy die beste?

Ek skryf laataand of baie vroeg in die oggend, wanneer geen kinders of selfoon my kan hinder nie, maar soms ook elke minuut wat ek tussenin vry het.

  1. As jy môre die lotto wen, wat sal jy doen?

As ek more die Lotto wen, sal ek defnitief eers vir ‘n paar goeie skryfkursusse gaan en dan vir ‘n jaar of wat toer en stories bymekaarmaak vir my “Best seller”. Ek sal ook betaal vir my kinders se studies – cash en kontant!

2 thoughts on “Ontmoet vir Riana Le Roux

  1. Hendie says:

    Nou wraggies, nog ‘n Vanderbijlparker! Ekself het ‘n groot gedeelte van my lewe daar deurgebring en soos die spreekwoord gaan…Ons almal het ‘n bietjie Vaaldriehoek in ons of hoe? Lekker om jou ook te leer ken.

Lewer kommentaar