Jeugboeke reeks deur Mary Sadler

Dis baie moeilik om deesdae goeie jeugboeke in Afrikaans te kry. Kyk gerus na Mary Sadler se reeks om boetie en sussie aan die lees te kry.

14238193_1123653447728955_3506893028629515531_n.png

Die Karoo-avonture is geskoei op die Amerikaanse Wilde Weste-kultuur en speel af in die Groot Karoo in die 1870’s. Die karakters is Lang Henning en Boet, wat te perd die veld deurkruis en afreken met allerhande boewe. Iemand het my eendag vertel die kinders daar by hulle speel Lang Henning en Boet soos ons vroeër cowboys en kroeks gespeel het! https://www.facebook.com/LangHenning/?fref=ts

12105717_915522765208692_3311125513154802944_n.png

Die Poniehoewe-Klubreeks is gemik op meisies van so 11 tot 14 jaar, en gaan oor die avonture van vyf maats en hul ponies. Ek probeer om hierdie boeke leersaam te maak, maar hoofsaaklik gaan dit oor lekker stories. https://www.facebook.com/Poniehoewe-Klub…/…

Alle besonderhede en hoofstukke om te lees is ook op die webwerf www.groenheide.co.za

Lang Henning's photo.
Die Lang Henning-reeks is ook beskikbaar as e-boeke, teen slegs R18 elk. Besoek die webwerf www.groenheide.co.za om op te laai!

Lewer kommentaar