Skryfuitdaging 1 Wenner

Die Honde man.

Stormdronk kom Klaas my mos inlig my skape is gesteel net toe ek rustig sit en pyp rook. “My kroon” sê hy toe ek hom uittrap, “dit was net twee biertjies”. Hy stry toe ook toe ek sê ek moet Maria maar eerder voorman maak. Dat sy verkeerd gehoor het en die honde nie geblaf het nie want hy het niks gehoor nie. Hy belowe toe hy sal uitvind wie dit is want hy soek nie skelms hier in ons midde nie. Op die dorp loop ek Piet raak en die stel voor ons gaan kry koffie en melktert by Martie se kaffee wat mooi uitgevat is met als wat sy by die China Shop op uitverkoping gekoop het. Nutteloos om te sê nie een ding was ‘n stel nie, die bordjies en koppies was almal verskillend. Daar lig hy my toe in oor die Honde man en Martie stem ook saam. Die man, ene Bez Bezuidenhout, het ‘n kleintjie dood aan skaapstelery. En ek besluit sommer daar en dan dat ek wat Sybrand Coetzee is hom gaan kry. So gemaak so gedaan en nie lank nie, hier stop Bez met sy Valiant met die hond Riempies al knorrig en snuiwend aan al wat plaaswerker is. Daar maak hy my hulle almal op ‘n ry laat sit. Ek sien toe hy skuif die een werker en loop na Riempies en die hond maak so ‘n draai en wys die een uit wat nie reg gesit het nie. Hy sê vir my “Hier is jou skaap dief.” Ek bedank hom met ‘n skapie vir sy moeite en sien hom af met ‘n ontevrede werker en ‘n knorrende Riempies agter in sy Valiant. Later sou my buurman eers vir my sê dat Riempies elke keer die werker kies wat Bez skuif.

© Pieter van Loggerenberg

Leer ken die skrywer

Wanneer het jy begin skryf?

Op skool het ek begin maar nooit dit ernstig oorweeg as beroep nie dit was eers in 2011 na my ma ‘n nagedagtenis boek begin skryf het wat ek ook weer begin skryf het.

Waar bly jy?

Ek bly tans in Pietersburg

Wanneer skryf jy?

Heeltyd, al is dit in my kop. Mense wat my ken sê hulle dink as ek slaap droom ek van skryf. Maar gewoonlik as my neus nie erns in ‘n boek is nie skryf ek

Waar leer jy die beste skryf?

Uit ander se foute (grappie). Umm, laat ek dink. Definetief SA Skrywers blad en natuurlik SA Vryskutskrywer wat die blits kursus geborg het

Wat is jou gunsteling boeke?

H C Bosman se stoep stories en die Oom Schalk Lourens reeks. Etien van Heerden se Toorberg. En laaste (anders gaan die lys nooit eindig nie) ‘n kortverhale reeks met die naam Die Bike boek.

Wat is jou gunsteling gereg?

Enige iets wat gaan saam met tamatie sous. Hoender slaai en Noodle slaai is ek ook lief voor.

 Waar sit jy as jy skryf?

Gewoonlik op die balkon by die huis waar ek die mense in die straat kan dop hou

Wil jy stilte he as jy skryf?

Ja, mens kan nie konsentreer met geraas nie

Wat inspireer jou om te skryf?

Mense en hul lewens verhale daar’s altyd ‘n storie wat wag om geskryf en gehoor te word

One thought on “Skryfuitdaging 1 Wenner

Lewer kommentaar