Kompetisies

Lapa se jeugroman-kompetisie 2017

Skryf ‘n verhaal in Afrikaans vir lesers tussen 12 en 18 jaar oud. Voorgeskrewe lengte:  30 000 tot 60 000 woorde. Alle inskrywings moet oorspronklike, ongepubliseerde werk wees. Wenromans sal deur LAPA Uitgewers gepubliseer word.

 

Prysgeld: Eerste prys: R25 000; Tweede prys: R15 000; Derde prys: R10 000

Sluitingsdatum: 30 September 2017

Klik vir die inskrywingsvorm

Afri-fiksie 2017 – wetenskap-fiksie en -fantasie

Skryf ‘n kortverhaal, dink Harry Potter, Isaac Asimov, of wat ook al tot jou spreek. Volwassenes sowel as skoliere is welkom. Sluitingsdatum: 31 Julie elke jaar.

 

Klik vir algemene inligting

Klik vir riglyne

Maskew Miller Longman 2017

Pearson invites experienced, new and aspiring writers to submit their unpublished and original Teen Novels for learners aged 14 to 16 as part of the 2016 Maskew Miller Longman Literature Awards. Stories can explore the following themes but are not limited to: comedy, romance, fantasy, sport and adventure. Give South African teenagers the gift of reading in their mother tongue.

 

Prizes: A prize of R8 500 will be awarded to each winner and the winning entries will be considered for publication by Pearson. A prize of R3 500 will be awarded to each finalist.

Closing date:  2 May 2017.

More information

Poort-skryfkompetisie 2017

Die Poort-skryfkompetisie vind jaarliks plaas, dis ’n projek van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en het ten doel om skeppende skryftalent in Afrikaans onder hoërskoolleerders te ontdek en aan ’n groter gehoor bekend te stel.

Klik vir meer inligting en om in te skryf.

Gedig-kompetisie

LitNet-gedig-kompetisie. Kontantprys en boekpakke te wen.

Tema: Skryf ’n gedig oor jou tuiste. Mense vind hul tuiste op verskillende plekke – in ’n dorp of huis, die natuur, geloof, ’n ander persoon, die liggaam wat die siel huisves of in die wete dat die wêreld net ’n tydelike huisvesting is. Vir party is dit ’n plek waarvan hulle wil wegkom, vir ander ’n plek om na terug te keer. Sluitingsdatum: 28 Februarie 2017

LitNet-gedig-kompetisie.doc

Microsoft Word Document 26.5 KB

Download

RomanzaLiefde

Skrywers van kortverhale skuif nader. Lapa se nuwe tydskrif, RomanzaLiefde, verskyn kwartaalliks by sekere takke van Clicks, Checkers, Spar en CNA. Vind hieronder uit wat die riglyne is.

RomanzaLiefde – Riglyne.pdf

Adobe Acrobat Document 213.8 KB

Download

Klik hier om jou RomanzaLiefde-storie in te stuur

1. BSV-skryfkompetisie 2017

Sluitingsdatum: 12 Mei 2017

Lekker pryse

KRY MEER INLIGTING

BSV – Inskrywingsvorm 2017 Jnr & Snr.doc

Microsoft Word Document 35.5 KB

Download

BSV Inskrywingsvorm 2017 Ope.doc

Microsoft Word Document 34.5 KB

Download

BSV Skryfwedstrydpamflet 2017.pdf

Adobe Acrobat Document 320.1 KB

Download

NB UITGEWERS se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2018

Die Groot Afrikaanse Romanwedstryd word elke drie jaar deur NB Uitgewers aangebied. In 2012 was Ingrid Winterbach die  wenner met Die aanspraak van lewende wesens en in 2015 Dan Sleigh, met sy roman 1795. Die debuutwenner was Anneli Groenewald met Die skaalmodel.

Prysgeld van altesaam R350 000 is op die spel. Die wenner ontvang R200 000, terwyl die tweede en derde prys onderskeidelik R70 000 en R40 000 beloop. Daar is ook ’n debuutprys ter waarde van R40 000.

 

Vind die inskrywingsvorm en reëls hier:

AFRIKAANSE ROMANWEDSTRYD 2018.doc

Microsoft Word Document 58.5 KB

Download

RSG se radiodrama-kompetisie: Jaarliks

RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie. Slegs oorspronklike en nuwe radiodramas word aanvaar. Buiten die drie hoofpryse is daar soms ook ‘n spesiale prys vir skrywers jonger as 30.

Sluitingsdatum: Donderdag 30 Junie. 

Vir meer inligting oor die skryf van radiodramas en hoe om in te skryf, klik HIER

City Press & Tafelberg Uitgewers, nie-fiksie: Jaarliks

City Press en Tafelberg, ‘n druknaam van NB-Uitgewers, belê in niefiksie-outeurs deur middel van ‘n jaarlikse prys. Die prys van R60 000 word jaarliks toegeken aan ‘n skrywer om navorsing te befonds vir ‘n niefiksie-boek oor ‘n onderwerp wat belangrik is binne die Suid-Afrikaanse konteks.

Klik hier. 

 

Klik en luister:

KLIK HIER en luister na Skryfgeheime-student, Fred Charly, se 2014-RSG-wen-inskrywing.

Wetenskapfiksie en -fantasie-kortverhaalwedstryd

Hierdie jaarlikse Afrikaanse wetenskapfiksie/fantasiekompetisie word deur Thompson Boekdrukkery geborg, onderskryf en geadministreer.

Sluitingsdatum: 1 Julie elke jaar.

Klik hier vir meer inligting

Sanlam-prys: Tweejaarliks

Kyk uit vir die tweejaarlikse Sanlam-prys vir jeuglektuur. Michelle Cooper van Tafelberg Uitgewers skryf: “Die kompetisie geskied elke twee jaar, die volgende kompetisie sal soos gebruiklik op 30 Junie 2015 vir inskrywings sluit, en die wenboeke sal in Oktober 2016 verskyn. Hou hierdie blad dop vir meer inligting.”

NB Uitgewers se Groot Roman-kompetisie: Jaarliks

One thought on “Kompetisies

Lewer kommentaar