Kompetisie Wenner

Pieter van Loggerenberg: Wenner van ons vorige skryfuitdaging:Wanneer het jy begin skryf?

Op skool het ek beginne maar nooit ernstig oorweeg as beroep nie dit was eers in 2011 na my ma ‘n nagedagtenis boek begin skryf het wat ek ook weer begin skryf het.

Waar bly jy?

Ek bly tans in Pietersburg

Wanneer skryf jy?

Heeltyd, al is dit in my kop. Mense wat my ken sê hulle dink as ek slaap droom ek van skryf. Maar gewoonlik as my neus nie erns in ‘n boek is nie skryf ek

Waar leer jy die beste skryf?

Uit ander se foute “grappie” umm laat ek dink. Definitief SA Skrywers blad en natuurlik SA Vryskutskrywer wat die blits kursus geborg het

Wat is jou gunsteling boeke?

H C Bosman : Se stoep stories en Oom Schalk Lourens reeks. Etienne van Heerden se Toorberg.
En laaste anders gaan die lys nooit eindig nie. ‘n Kortverhale reeks met die naam “Die Bike boek”.

Wat is jou gunsteling gereg?

Enige iets wat gaan saam met tamatie sous. Hoender slaai en Noedelslaai is ek ook lief voor.

Waar sit jy as jy skryf?

Gewoonlik op die balkon by die huis waar ek die mense in die straat kan dop hou.

Wil jy stilte hê as jy skryf?

Ja, mens kan nie konsentreer met geraas nie.

Wat inspireer jou om te skryf?

Mense en hul lewensverhale daar’s altyd ‘n storie wat wag om geskryf en gehoor te word

One thought on “Kompetisie Wenner

Lewer kommentaar