Ontmoet die wondervrou agter INK

untitled8.png

Wie is Anzé Bezuidenhout?

Ek is eintlik ‘n introvert wat nie graag oor myself gesels nie, dus is dit baie moeilik om iets oor myself te sê.

Ek is ’n plaasvrou met ’n groot liefde vir die Bosveld, maar ook ’n entrepreneur wat my eie padstal / kunswinkel (IetsiVanAls curios & biltong) bestuur en waarop ek geweldig trots is. Dáár omring ek my met mooi goed en mooi mense en dit maak my baie gelukkig. Ek het grootgeword op ’n plaas in Marble Hall-distrik, en later  gematrikuleer aan Hoërskool Piet Potgieter in die voormalige Potgietersrus. Deesdae woon ek en my man Willie op ’n plaas op die Springbokvlakte, naby Modimolle(Nylstroom).  Ons is al 34 jaar getroud en ons het drie dogters en vyf kleinkinders. My gesin is my rots en steunpilaar en hulle maak my lewe propvol mooi dinge. My woorde op papier is my asem en daarsonder sal my siel sterf. Deur my emosies in gedigte vas te vang is my manier om uiting te gee aan dit hier diep binne my (Veral omdat ek so n groot introvert is)

 

Ek het ’n webtuiste www.ink.org.za geskep waar ek aan enigeen met ‘n besonderse liefde vir Afrikaans die geleentheid bied om hul liefde vir die taal uit te leef in gedigte, rubrieke, verhale en ook musiek en liriek. www.ink.org.za, is ’n waardevolle bymekaarkomplek vir enigeen wat in Afrikaans wil skep. Dit is interaktief en enige digter, skrywer of liriekskrywer kan hieraan deelneem. Op die webtuiste is daar ook maandelikse kompetisies. Die webtuiste het ook ’n biblioteek en ’n afdeling wat opleiding verskaf. Daar kan enigeen wat geregistreer het kom leer en die werk van ou en nuwe meesters lees. Ek glo vas aan die stelling dat kennis mag is en daarom deel die webtuiste dit gratis met enigeen wat geregistreer het. My liefde vir Afrikaans is my enigste vergoeding vir hierdie wonderlike hulpmiddel vir ander skrywers, digters en lesers.

 

Wat het jy geskryf wat ons kan lees?

Ek is ‘n digter wat my diepste emosies oor elke denkbare gedagte op papier neerpen, dit is my manier om perspektief van die lewe te kry. Ek het tans 7 digbundels in die mark

1.      Gebroke harts gebedeuntitled3

2.      Ek (en jy) is susters van Eva – Bybelsevroue in n neutedop)untitled2

3.      By die voete van my Skepperuntitled

4.      Met my woorde as verfkwasuntitled4

5.      Revolusie in purperuntitled5

6.      Woorde is my asemuntitled7

7.      Wasem woorde uit my hartuntitled6

 

 

Waaroor gaan jou boek en waar kan ons dit kry om te lees?

1.      Gebroke harts gebede is n bundel waar ek al die seer in my lewe vasgepen het sodat ek kon aanbeweeg.

2.      Ek (en jy is susers van Eva is n bundel wat handel oor die lewens van die 43 vroue wat in die Bybel genoem word met Skrif verwysings.

3.      By die voete van my Skepper is n Geestelike bundel.

4.      Met my woorde as verfkwas is liefdes gedigte

5.      Revolusie in purper is n mengelmoes gedigte oor alles in die lewe

6.      Woorde is my asem is liefdes gedigte.

7.      Wasem woorde uit my hart is n natuur bundel.

Alle bundels kan direk van my verkry word anzebez@gmail.com teen R200 wat posgeld insluit. Bundels kan ook vanaf Malherbe uitgewers aangekoop word http://www.malherbe-uitgewers.slimlifedevelopment.co.za/

 

 

Waar het die idee vir jou storie vandaan gekom?

Solank as wat ek kan onthou is woorde my asem en sonder dit sal my siel sterf, deur my emosies in gedigte vas te vang is my manier om uiting te gee aan dit hier diep binne my (Veral omdat ek so n groot introvert is)

 

Hoe lank het jy aan die boek gewerk?

Ek werk so gemiddeld 6 maande aan ‘n boek

 

Wat is die proses wat ‘n skrywer moet volg om ‘n manuskrip in ‘n gepubliseerde boek te verander?

Heel eerste is dit deursettingsvermoë! Glo in jou drome. Ek het amper 40 jaar gewag voor ek genoeg selfvertroue gehad het om my woorde met die wêreld te deel, en van daar af is dit eenvoudig harde werk. Sodra jy so 120 gedigte gereed het (of 100 langer gedigte) moet jy dit saamvoeg in n word.doc in A5 formaat, dan begin die sif en herskryf, gaan elke gedig deur, lees eers van bo en dan van onder terug, so vang jou oog menige spelfoute. Maak seker jou gedig is woordekonomies en dat dit nie jou leser gaan verveel omdat dit ‘n langdradige geskribbel is nie maw soos die engelse sê.. Kill your darlings

 

 Het jy al ooit “writers block” gehad en hoe breek jy deur dit?

Ja (agv persoonlike omstandighede) vir n volle 3 jaar kon ek geen woorde op papier (of eers in my kop vorm) neerskryf nie, dit was die aakligste tyd in my lewe want alles het in my opgekrop. Ek het die Bybel gevat en al my geliefkoosde stukkies geneem en myself gedwing om ‘n gedig oor elkeen te skryf, party het weke gevat maar ek het myself eenvoudig gedwing om elke dag ten minste ‘n uur daaraan te spandeer, partydae het ek letterlik net gesit en lees met geen woorde om te skryf nie, met tyd het dit begin beter gaan en het my woorde weer begin vloei. Woorde kom tydens so n blok nie sommer net wonderbaarlik weer eendag terug nie, mens moet deur die emosies werk wat jou verhoed om te skryf.

 

Watter raad sal jy vir nuwe skrywers gee?

Glo in jou talent, want dit kom van Bo en glo in jouself! Dan (dit klink soos n cliché) dra ‘n notaboekie saam (of gebruik die notepad op jou selfoon) en skryf gedagtes, partymaal net ‘n woord neer, dalk kan jy dit iewers in ‘n gedig gebruik.

 

As jy ‘n dag saam enige iemand kon spandeer, wie sou dit wees en hoekom?

As dit enigsins moontlik kon wees met Jesus, daar is so baie om te vra en om dankie te sê vir Sy liefde en onuitputlike Genade.

As dit ‘n mens moet wees sou ek by Elizabeth Eybers, Antjie Krog of Ingrid Jonker se voete gaan sit en al hulle kennis indrink ook prober uitvind hoe hulle gevoel en gedink het tydens sekere van hulle gedigte.

untitled9.png

 

 

 

BEMARK JOUSELF PRO-AKTIEF

deur Janie Oosthuysen

BEMARK JOUSELF PRO-AKTIEF

Daar is niks wat jou verhoed om met ’n voorstel vir ’n nuwe boek,  bundel of reeks na ’n uitgewer te gaan nie. Knoop ’n geselsie aan by ’n boekbekendstelling en volg dit op met ’n oproep of ’n e-pos, hoe anders moet hulle van jou weet? Gebruik elke moontlike geleentheid om uitgewers te leer ken en uit te vind wat hul voor- en afkeure is.

 

Met die Bessie Hemelbesem-reeks het ek die konsep ontwikkel en tesame met die eerste twee stories aan Lapa  voorgelê. Hulle het ’n geskikte kunstenaar gevind en

die gevolg was die eerste drie Hemelbesem-boeke.

 

Moenie vergeet om tydskrifte en koerante te nader met ’n voorstel nie. Martie Preller se suksesvolle Die Balkieboek het as ’n reeks kort tydskrifstories begin.

Die verhaaltjies is uiteindelik deur NB in boekvorm saamgevat.

 

 

Vonkfiksie deur NB Uitgewers (1999) is ’n bloemlesing[1] bestaande uit weninskrywings vir Human & Rousseau en De Kat se kort kortverhaalwedstryd.

 

 

Hierdie suksesverhale, en talle ander, sou nie “gebeur” het as die skrywers met gevoude handjies gesit en wag het nie. Ook jý moet publikasiegeleenthede sóék en jouself aktief bemark indien jy suksesvol wil wees. Woon slypskole, boekfeeste en boekbekend-stellings by, neem deel aan kompetisies, bevriend skrywers, digters, uitgewers en illustreerders, en hou jou kontakte warm, jy weet nooit waarheen dit kan lei nie.

 

 

PUBLIKASIEKANSE

Natuurlik sal dit wonderlik wees as jou eerste manuskrip deur ’n gevestigde uitgewery opgeraap word en ’n blitsverkoper word wat miljoene verdien. Nie dat jy hierop moet staatmaak nie. Wees eerder realisties en geniet die skrywery, sukses sal wel kom as dit moet gebeur.

 

Nie dat jy moet sit en niks doen nie! Die publikasiegeleenthede wat hieronder volg, is prettig en soms selfs lonend. Neem gerus daaraan deel.

 

Klik hier vir Rapport Vonkfiksie

Net 100 woorde.

 

Kontak Taalgenoot by: taalgenoot@atkv.org.za

 

Klik hier vir Tydskrif vir Letterkunde

 

Stuur jou gedigte na: die.reizigers@gmail.com

 

Stuur jou kortverhaal, ’n foto en ’n kort bio na: netfiksie@litnet.co.za en besoek litnet (http://www.litnet.co.za/) gereeld.

 

Koop en bestudeer tydskrifte soos Lig, Lééf, Vrouekeur, Huisgenoot e.a. Kyk watter soorte kortverhale en artikels elk publiseer. Maak ’n kort voorlegging aan die redaksie.

 

 

KOMPETISIES

Kyk uit vir kompetisies soos:

  1. Die ATKV se prosa- en gedigte-kompetisies
  2. Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se jaarlikse kompetisie. Vra die inskrywingsvorm aan by: bloemsv@yahoo.com en/of sluit by die vereniging aan.
  3. Besoek www.skryfgeheime.com vir nuus oor nuwe kompetisies

 

 

Vir volledige inligting oor en volle kontakbesonderhede van alle Suid-Afrikaanse uitgewers besoek PASA (Publishers’ Association of South Africa) by:

Webwerf: http://www.publishsa.co.za/members-and-freelancers/members/publishers/list/15/      

Stuur ’n e-pos of ’n brief met jou storie-idee of konsep aan daardie uitgewery wat jou oog vang.

 

’N PAAR BEKENDE UITGEWERS

Teen dié tyd behoort hierdie plaaslike uitgewers vir jou bekende name te wees.

 

Lapa Uitgewers

Klik hier vir manuskripvoorleggings: http://www.lapa.co.za/manuscripts

 

Malan Media

’n Opwindende nuwe uitgewery wat nou gevestig raak en ook kompetisies aanbied. Klik vir meer info: Malan Media – manuskripte

 

NB Uitgewers

Klik hier vir besonderhede oor manuskripvoorleggings:

Kinder- en jeugboeke

Satyn- en Hartklop-liefdesverhale

 

Drukname:

Kwela – voorleggings

Tafelberg – voorleggings

Human & Rousseau – voorleggings

Lux Verbi: http://luxverbi.co.za/Content/GeneralContent/manuscript-submissions

 

 

Protea Boekhuis

Proteaboekhuis – winkel

 

 

Besoek ook hierdie webwerwe:

http://www.theshortstory.org.uk/prizes/

http://www.fanstory.com/tour2fs.jsp?pu=0

http://www.howto.co.uk/writing/how-to-write-short-stories-for-magazines/

 

WAARSKUWING:  Loop lig vir uitgewers soos Raider, Dorrance Publishers, AuthorHouse, e.a. wat verwag dat jý moet betaal vir die “voorreg” om jou boek by hulle te publiseer.[2]

 

Kan jy nie ’n uitgewer of tydskrif se riglyne vir die voorlegging van manuskripte op die web kry nie? Bel hulle of stuur ’n hoflike e-pos en vra dit aan. Indien die uitgewery nie op jou oproep of e-pos reageer nie, moet jy die papierroete volg en jou manuskrip per landpos instuur vir oorweging. Dis ongelukkig so dat die meeste uitgewers oorval word deur manuskripte en gevolglik uitsoekerig is, én soms onhoflik voorkom.

 

♦♦     MY VOORLEGGING IS IN, WAT NOU?

In die geval van ’n bundel kortverhale, novelle of roman kan jy jou voorberei op ’n wagtydperk van tussen drie en ses maande, soms selfs ’n jaar of meer. Kortverhale wat aan tydskrifte voorgelê word, het ’n aansienlik korter wagperiode, en aanvaarding al dan nie verloop gewoonlik informeel per telefoon en/of e-pos. Skrywers

ontvang gewoonlik ’n enkelbedrag met die veronderstelling dat die verhaal daarna ten volle aan die tydskrif/koper behoort, m.a.w. kopiereg berus by die koper. Indien jy as skrywer nie hiermee tevrede is nie, moet jy dit met die betrokke tydskrif uitklaar vóórdat jy die enkelbedrag aanvaar.

 

Betreffende boeke is sake meer kompleks.

Neem in ag dat die meeste uitgewers:

  • toegegooi word onder manuskripte waarvan die meerderheid swak geskryf is
  • nie net op soek is na iets nuuts en kreatiefs nie, maar veral na daardie spesiale manuskrip met die nodige kommersiële potensiaal wat vir almal sal geld maak
  • mense is met persoonlike voorkeure en afkeure (ook wat stories en skrywers aanbetref) wat hul werk wil geniet en nie met moeilike voornemende skrywers wil sukkel nie
  • nie alléén die besluit neem nie, maar dat ’n hele reeks mense by keuring betrokke is, naamlik, keurders, redakteurs, uitgewers, boekwinkelaankopers, rekenmeesters, bemarkers, bibliotekaresses én potensiële lesers. As enige van hierdie ketting mense géén moontlikhede in jou storie sien nie, is die kanse skraal dat die uitgewer dit vir publikasie sal aanvaar.

 

Wees dus pragmaties en geduldig.

 

MAAR … as jy ná drie maande nog niks gehoor het nie, sal niemand jou verkwalik indien jy die telefoon sou optel en vriendelik sou vra of iemand al ’n besluit geneem het. Hanteer ’n negatiewe respons met grasie, al is dit moeilik. Onthou dat jy hierdie spesifieke uitgewer in die toekoms dalk weer sal wil nader.

 

 

Indien ’n uitgewer wel in jou kortverhaal/bundel/novelle/roman geïnteresseerd is, sal die volgende na alle waarskynlikheid gebeur:

  • Jy sal ’n telefoonoproep of e-pos ontvang wat jou sal inlig dat jou storie moontlikhede het en dat die uitgewer daaraan aandag gee.
  • Jy sal ’n keurdersverslag ontvang óf die redakteur of uitgewer sal jou per telefoon, e-pos of persoonlik inlig wat met die storie skort.
  • Daar sal van jou verwag word om veranderings te maak tot die manuskrip na die uitgewer, redakteur of keurder se sin is, óf tot iemand moed opgee, dalk selfs jy.
  • Wanneer die uitgewer voel dat die storie op ’n redelike standaard is, sal sy dit self verder redigeer/laat redigeer en/of aan haar span (bestaande uit ander uitgewers, keurders, bemarkers, lesers, boekwinkelaankopers, bibliotekaresses, ens.) voorlê vir verdere keuring.

 

In hierdie stadium kan jy die uitgewer vra om ’n skoon kontrak per e-pos aan jou te stuur sodat jy kan sien wat hul vereistes is. Moenie verwag dat ’n uitgewer in hierdie vroeë stadium ’n formele aanbod om te publiseer aan jou sal maak nie.

 

 

WAT IS MY REGTE?

Wanneer jy ’n uitgewerskontrak teken, gee jy aan die uitgewery verlof om sekere regte ten opsigte van jou werk te ontgin. Die uitgewery betaal jou vir die gebruik van hierdie regte terwyl die boek in druk is. Jou betaling kan die vorm aanneem van ’n eenmalige bedrag en/of outeursgelde.[3]

 

Hoewel alle kontrakte in beginsel onderhandelbaar is, besef die meeste skrywers gou dat die gewig by die uitgewery lê en dat die meeste nie sommer aan hul kontrak sal verander nie. Terwyl party skrywers regshulp inwin en soms selfs lang gevegte aanknoop, is ander huiwerig om ’n potensieel lonende skrywer-uitgewer-verhouding voortydig te versuur. Dikwels onderteken skrywers die kontrak daar en dan sonder om dit eens te lees. Maar om net alles klakkeloos te aanvaar is ook nie die regte benadering nie, aangesien jy lank met die kontrak sal moet saamleef.

 

 

Enkele belangrike aspekte:

  • Hoewel sommige uitgewers te kenne sal gee dat alle skrywers ’n standaardkontrak onderteken, is elke klousule in die teorie onder-handelbaar. In die praktyk is (veral nuwe) skrywers gelukkig as enkele klein veranderings aanvaar word.
  • Selfs in die hoofstroom is die kanse skraal dat neweregte (soos TV-, radio-, vertaal-, elektronies, ens.) ontgin sal word. Tog het die uitgewer gewoonlik ’n groter kans as die skrywer om byvoorbeeld ’n ko-produksie met ’n oorsese uitgewer te beding.

 

 

Let veral op klousules t.o.v. hierdie aspekte:

–          Kompeterende werke/Mededingende publikasies.  Hier stem die skrywer in om geen ander werk te produseer wat in kompetisie met die onderhawige titel sal wees nie. Probeer om dit te vermy. Ek het baie stories al oor en oor verkoop aan verskillende uitgewers met verskillende behoeftes en markte. Telkens het ek die storie in ’n ander formaat (lengte, moeilikheidsgraad, taal) aangebied.

–          Volgende boek/e. Moenie uit pure dankbaarheid dat die uitgewery bereid is om jou boek uit te gee onderneem om jou volgende twee of drie werke ook aan hulle voor te lê nie, daardie uitgewery is nie noodwendig die beste plek vir jou volgende manuskrip nie. Behou jou vryheid.

–          Kopiereg. Dit is ’n ingewikkelde saak, aangesien uitgewers in die meeste gevalle in die praktyk in elk geval alle regte rakende jou boek gaan beheer, sodat jou kopiereg feitlik net in naam bestaan. Dikwels sal hulle kopiereg in DIE VOLTOOIDE WERK (m.a.w. die finale boek as geheel) aan hulself toeken. Maar probeer nogtans om die kopiereg ten opsigte van jóú gedeelte van die werk te behou.

–          Basket of cross-accounting. Waak teen kontrakte waar kostes op ’n spesifieke titel teen die inkomste op ’n ander titel gedebiteer word. Byvoorbeeld: Dit kan gebeur dat die uitgewery die vertaler van jou boek nié uit die inkomste op die vertaling wil vergoed nie, maar wel uit die outeursgeld op die oorspronklike (Afrikaanse) weergawe. In daardie geval sal jy beslis aan die verloorkant wees.

–          Sommige uitgewers gebruik netto ontvangstes[4] as basis wanneer hulle outeursgeld bereken. Wees maar pragmaties in hierdie verband.

–          Hersienings. Dring aan op die reg om toekomstige hersienings van jou werk self te doen.

–          Boek uit druk. Met moderne tegnologie is dit teoreties moontlik dat ’n boek nóóit uit druk sal gaan nie. Probeer om ’n klousule in te voeg waarvolgens die boek uit druk sal wees nadat ’n bepaalde getal verkoop is, anders sit die uitgewery dalk jare op die regte sonder dat hulle die boek verder bemark.

–          Dis nie in ’n skrywer se belang om hierdie soort klousule te aanvaar nie:

Vertroulikheid. Die outeur onderneem om, ondanks die beëindiging van hierdie ooreenkoms, geen inligting of kennis rakende die sakebedrywighede of die eiendom van die Uitgewer te openbaar of dit regstreeks of onregstreeks wetend of onwetend te gebruik nie, tensy die kennis of inligting openbare kennis is.

 

Dis ’n omvattende klousule wat groot beperkings op die skrywer lê, maar nié op die uitgewer nie. In effek beteken dit dat die skrywer NIKS oor die uitgewer mag sê nie, selfs al sou die uitgewer amper ENIGIETS oor die skrywer kwytraak. Ingeval van ’n dispuut kan dinge lelik skeefloop vir daardie skrywer wat hierdie klousule klakkeloos aanvaar het.

 

 

Hanteer veranderings aan die kontrak soos volg:

Moenie veranderings op die kontrak self maak nie. Vat jou voorstelle en vrae in ’n hoflike brief saam en adresseer dit aan jou redakteur/uitgewer. Sy sal dit op haar beurt aan die kontrakte-afdeling stuur. Wees pragmaties. Neem in ag dat nie alle veran-derings toegestaan sal word nie, maar dat jy sekere toegewings sal moet maak, aan die begin waarskynlik heelwat, indien nie alles nie. Besluit wat werklik belangrik is en bespreek die saak op ’n hoflike manier sonder om onnodig moeilik te wees of jou humeur te verloor. Onttrek jou manuskrip vroegtydig per brief indien jy voel dat jy nie met die finale kontrak sal kan saamleef nie. Stuur jou manuskrip eerder aan ’n ander uitgewery.

 

Maar wees realisties. Gewoonlik verloop sake verbasend glad, ten spyte van die eensydige kontrakte waarop sommige uitgewerye aandring.

 

 

HOU JOU BOEK WARM

  • Vestig jouself in die mark wat jy betree het deur jou eerste boek op te volg met ’n tweede en ’n derde, aanvanklik minstens een elke twee jaar en verkieslik in dieselfde genre. Die rede is dat jy ’n groep getroue lesers wil opbou wat reikhalsend na jou nuwe boek sal uitsien.
  • Bemark self. Hoewel die uitgewery ’n groot belegging in jou boek gemaak het, gee die meeste elke jaar honderde titels uit. Dis onrealisties om te verwag dat hulle net so sterk oor jou boek sal voel soos jy. Dis in jou eie belang om jou vinger op die pols te hou en opvolgwerk te doen. Maak seker dat jou boek in elke moontlike katalogus en op elke moontlike leeslys verskyn. Vra die uitgewery se bemarkingsplan aan en kyk krities daarna. Gaan sien die bemarkingspan met voorstelle ten opsigte van bekendstellings, opvoerings of leesmarathons. Wees beskikbaar en woon hierdie sessies by. Vind ander markte, soos daardie boekhandelaars wat nie jou boek op hulle rakke het nie. Gesels met hulle. Moenie skroom om jou boek self bekend te stel by boekklubs en boekwinkels nie. Jou betrokkenheid sal help voorkom dat daardie boek waaraan jy so hard gewerk het ’n voortydige dood sterf.

 

 

OUTEURSGELD

Outeursgeld wissel tussen twee uiterstes. Aan die een kant 12% op die kleinhandelsprys minus BTW, bv. Lapa en Protea Boekhuis. M.a.w. as die boek R114 kos, kry jy 12% van R100, of R12 per boek. Die ander uiterste is ’n heelwat minder goeie 10% op netto ontvangstes wat jy ook soms met medeskrywers, vertalers en illustreerders moet deel. Dis in jou eie belang om uit te vind wat ’n uitgewer se outeursgeldstruktuur en bemarkingsplan is voordat jy vir hulle begin skryf.

 

 

 

 

DIE PAD VORENTOE …

Noudat jy jou manuskrip weggestuur het, wonder jy waarskynlik wat jou te doen staan. Jy het dalk selfs al besef dat jy nog maar aan die begin van jou vakleerlingskap as skrywer staan, dat skryf nie ’n maklike ambag is nie en dat daar nog talle komplekse vaardighede is wat jy moet bemeester en slyp.

 

Dis nóú dat selfdissipline ter sprake kom, want dis nóú dat jy wéér deur die kursusmateriaal moet werk. Smee die yster terwyl dit warm is. Baie dinge wat voorheen nie vir jou sin gemaak het nie, sal nou vir jou duidelik word. Gaan dan oor tot aksie, vind ’n nuwe storie-idee en bou dit uit volgens die beginsels wat jy gedurende kursus aangeleer het.

 

Jy het waarskynlik ook ander voorbehoude. Heel moontlik wonder jy of jou eerste manuskrip wel iewers ’n tuiste gaan kry. Indien nie, wéét dat jy nie alleen is nie. My eerste manuskrip is nooit gepubli-seer nie. Ek het dit elf keer na dieselfde uitgewer gestuur en elf keer teruggekry met die versoek om wéér daaraan te werk. Elke keer het ek my bes gedoen, maar dit op die ou end in die snippermandjie gegooi. Dit was egter ’n goeie leerskool, want my tweede storie is onmiddellik deur NB Uitgewers opgeraap.

 

Glo my, met ’n eerste probeerslag is bostaande die reël eerder as die uitsondering. Selfs die formidabele JK Rowling het erken dat sy ’n laai vol stories het waarop sy haar tande gesny het, maar wat nooit ’n huis sal kry nie. Aan die Harry Potter-reeks het sy vyf jaar lank beplan voordat sy begin skryf het. Ten spyte daarvan is die eerste Harry Potter-boek deur nege uitgewers afgekeur voordat dit uiteindelik vir publikasie aanvaar is.

 

 

Ingeval jy nou op Moedverloor se Vlakte sit,

lees hier wat John F. Kennedy op die vooraand van die

Apollo-ruimteprogram gesê het:

 

“We aim to go to the moon … We aim to achieve

this goal … Not because it is easy,

BUT BECAUSE IT IS HARD.”

 

Wie is jý dus om moed op te gee?

 

 

 

OM OP TE SOM:   Moenie die storie waaraan jy so hard gewerk het gedurende die laaste snikke laat struikel nie; lees dit nog ’n slag met ’n vergrootglas van voor tot agter deur. Plaas dan jou vertroue in jou manuskrip en stuur dit aan die uitgewery van jou keuse.

[1] Rubrieke, reisverhale, tydskrifstories, gedigte, ens. word ook by tye as bundels of bloemlesings saamgevat en uitgegee.

[2] Uitgewerye wat hul sout werd is, dra SELF die koste van die publikasieproses en betaal aan hul skrywers outeursgeld na gelang van verkope. Indien jy ooit ’n manuskrip of memoir self wil uitgee, kontak my gerus sodat ek die kontakdetail van betroubare vryskutte aan jou kan stuur.

[3] Hoewel so te sê elke oorsese uitgewery ’n voorskot sal betaal, is daar min plaaslike firmas wat dit uit vrye wil sal doen. Gevestigde skrywers kan ’n voorskot aanvra – en dit dalk kry. Oor die algemeen is dit ’n goeie idee om te probeer, aangesien jy tot drie jaar op jou outeursgeld kan wag. Moenie dat jou trots in jou pad staan nie – hoekom sal jy toelaat dat ’n uitgewery op geld sit wat jóú toekom?

[4] Netto ontvangstes is die kleinhandelsprys minus BTW sowel as ALLE kortings toegestaan aan boekwinkels en/of skole. Volgens hierdie metode kan die outeursgeld op bv. R40 bereken word, terwyl die boek dalk R100 kos.

Vonkgedig Pretuitdaging 3 Wenner

$_32.jpg

VONKGEDIG PRETUITDAGING 3
Boekmerk Tema -Boeke

Geparste woorde
vergete in die bladsye

van ‘n boek, vervalle;
verlore in die dieptes
van ‘n boekrak vol
sinne in geparste blomme,
bedek met stof en herinneringe
wag vir my om verlore
oomblikke terug te vat,
versamel en absorbeer
die woorde
en idees vasgevang
binne die bindings,
verlore gedagtes
met tyd gedruk
verlore in die bladsye
van my kinderdae
geboekmerk, vir ewig

©Marietjie Erasmus
“Ek gee toestemming dat hierdie skrywe op die geassosieerde blaaie en moontlik voortvloeiende media gepubliseer en uitgesaai mag word.”

 

 

 

VONKGEDIG PRETUITDAGING 3

Boekmerk Tema -Boeke

Gedagtes is woorde 
hul omring jou waar jy is;
boeke in jou eie hande geskryf
is binne jou twee moue
almal van hulle
die boek is jy;
mure rondom luister
na die woorde
hul ore reageer in ink
die mure is dun papier
nooit so leeg
as die effense beweging
van die wind
oral waar jy beweeg
is papier rondom jou
jy’s geweeg in ink
die oomblik tussen drome
en gedagtes
laat jou gees lewendiger
as die klop van jou hart
want woorde beweeg

©Marietjie Erasmus
“Ek gee toestemming dat hierdie skrywe op die geassosieerde blaaie en moontlik voortvloeiende media gepubliseer en uitgesaai mag word.”

 

 

VONKGEDIG PRETUITDAGING 3

Boekmerk Tema -lees

Lees vir my raaisels en rympies 
lees vir my stories
oor kastele en konings
seerowers en ridders,
lees vir my van jakkals en wolf
en draak-boek gevegte
lees vir my oor ruimteskepe,
van stories lank vergete
en wanneer jy klaar is-
lees hul asseblief weer

©Marietjie Erasmus
“Ek gee toestemming dat hierdie skrywe op die geassosieerde blaaie en moontlik voortvloeiende media gepubliseer en uitgesaai mag word.”

 

 

Kortverhaal riglyne vir tydskrifte

Hoe om jou kortverhaal in rooi rose te publiseer

~

Riglyne vir kortverhale vir rooi rose …

Ons publiseer ’n groot verskeidenheid verhale soos liefdesverhale, verhoudingsverhale, kontreiverhale en verhale oor die land (S.A.) en sy mense. Ons publiseer ligter verhale, ernstige verhale en letterkundige verhale. Laasgenoemde moet so geskryf wees dat die leser dit na een (of hoogstens twee) keer se lees kan verstaan en dit moet ook nie te swartgallig wees nie.

Ons publiseer nie verhale waarin Godslastering voorkom of verhale wat as rassisties geïnterpreteer kan word nie. Ook nie verhale waarin eksplisiete seks of oormatige geweld voorkom nie.

Verhale moet aan vereistes vir goeie kortverhale voldoen; soos byvoorbeeld ‘n sterk begin, ekonomiese taalgebruik en ’n verrassende slot.

Verhale moet van so 1,500 tot so 2,500 woorde hê.

Ons betaal van so twee duisend tot vier duisend rand per verhaal, afhangende van die lengte en hoe goed die verhaal vertel is.

Jy kan jou verhaal per e-pos of per slakkepos stuur. As jy jou verhaal per slakkepos stuur en dit wil terughê, moet jy ’n geadresseerde gefrankeerde koevert saamstuur vir terugsending. Stuur verhale (net een op ’n slag) aan: Corlia Fourie, rooi rose, Posbus 412982, Craighall 2024 of na my e-posadres: corlia@caxton.co.za Moet asb. nie verhale per faks stuur nie.

 

Foute wat dikwels voorkom

As jy wil skryf, word asb. eers ’n leser. Niemand wat wil skryf, kan dit doen as hulle nooit lees nie. En lees in die genre waarin jy wil skryf. (Ek kry nog te veel oproepe van voornemende skrywers wat vir my vra of r.r. nog kortverhale publiseer.)

’n Kortverhaal vra nie vir ’n karakter se hele lewensbeskrywing nie. Dis gewoonlik net ’n greep uit daardie karakter se lewe. Maar daar moet wel karaktertekening wees, liefs deur die manier waarop die karakter optree of praat. Soos die Engelse sê: “showing, not telling.”

Daar moet ’n duidelike indeling van paragrawe wees.

 
 
 

Laat die storie eerder aanmekaar loop as daardie staccato-manier van skryf met dubbelspasies om tydsverloop, plekwisseling ens. aan te dui.

Kry ’n goeie woordeboek of ’n speltoetser vir jou rekenaar. Almal maak foute, maar dit laat ’n slegte indruk as daar feitlik nie ’n sin sonder spelfoute is nie.

 

Styl en toon

Skrywers gebruik hul eie styl (bv. humoristies). Ons verkies nie ’n spesifieke styl nie, maar as ek baie stories in ’n humoristiese styl aanvaar het, sal ek voorkeur gee aan ’n ernstiger verhaal. (En natuurlik is die teenoorgestelde ook waar.)

Pasop vir ’n naïewe toon – ’n naïewe karakter sal naïwiteit in optrede en dialoog openbaar. ’n Skrywer moet versigtig wees vir ’n naïewe verteller (wat die verhaal maklik simpel kan laat klink), maar daar is uitsonderings soos as die verteller ’n kind is.

Die toon waarin ’n verhaal verkieslik vertel moet word, is een waarin die leser se intelligensie nie onderskat moet word nie. Verkieslik ‘n intelligente geselstoon. Beslis nie prekering of uit die hoogte nie.

 

NB

*Moet asb. nie van die verhaalredakteur van ’n tydskrif verwag om skryflesse te gee nie. Daarvoor is skryfskole daar. As die slot bv. te stomp is, of die verhaal dubbel so lank as die verhale wat ons aanvaar, sal ek so sê, maar ek het ongelukkig nie die tyd om vir enige (voornemende) skrywer in besonderhede te sê wat met sy storie verkeerd is nie. (Veral as daar hoegenaamd niks reg is aan die storie nie – waar begin ’n mens?)

*As ek sê dat daar niks met jou storie verkeerd is nie, maar dat ek bv. op die oomblik heeltemal te veel van daardie tipe stories – reeds aanvaar – het, bedoel ek dit en jy kan dit met ’n geruste hart na ’n ander tydskrif stuur.

Riglyne vir kortverhale vir Vrouekeur

  • Vrouekeur gebruik net een soort verhaal: ‘n Kortverhaal wat 1 500 woorde beslaan teen ‘n vergoeding van R1 900. Die storielyn kan kompleks wees en aandag van die leser verg. Moet egter nie probeer om ‘n epiese verhaal vol subtemas en groot tydspronge in 1 500 woorde te vertel nie. Dit verwar net die leser.
  • Omdat ons soveel verhale ontvang en daar relatief min plek in die tydskrif is vir verhale, het Vrouekeur besluit om verhale wat potensiaal toon op ons webblad ook te publiseer om skrywers blootstelling te gee. Hierdie skrywers ontvang nie enige betaling nie, maar lesers stem maandeliks vir die beste verhaal en die wenverhaal wen ‘n R1000. Wanneer ‘n skrywer ‘n verhaal instuur, gee sy of hy daarmee toestemming om daar gepubliseer te word. Baie belangrik: Vrouekeur oorweeg net verhale wat tussen 1 450 en 1 500 woorde lank is. Verhale wat nie binne hierdie woordtelling val nie, word gediskwalifiseer.
  • Indien ‘n verhaal potensiaal toon en met veranderings verbeter kan word, sal ons verhaleredakteur dit voorstel. Ons kan nie ‘n verhaal herskryf om in ‘n spesifieke genre te pas nie. Ons kan bloot raad gee. Die skrywer kan dan self besluit of hy/sy die veranderings wil aanbring en die verhaal weer wil instuur. Maar wanneer die redakteur voel die verhaal het NIE potensiaal nie, sal dit bloot afgekeur word.
  • Stuur net een storie op ‘n slag. Ons ontvang baie verhale en wil almal graag ‘n kans gee.
  • Die verhaal moet verkieslik in die teenwoordige tyd geskryf wees, selfs al gebeur iets in die verlede. Die Afrikaanse “het ge-“vorm raak baie moeilik om te lees as die hele verhaal in die verlede tyd afspeel. Skryf jou storie verkieslik in ‘n toeganklike, moderne idioom en in ‘n gemaklike styl.
  • Hoewel Vrouekeur heelwat manslesers het, is die meerderheid vroue – hou dit dus in gedagte as jy jou tema kies. Die veiligste is om ‘n verhaal te skryf wat in mans en vroue se smaak sal val. Vroue hou tradisioneel van romanse, dus is dit altyd ‘n goeie temakeuse, maar ons wil hoegenaamd nie voorskriftelik wees nie. Onthou net dat hierdie verhale gereeld as ontvlugting gelees word, dus iets wat lekker en gemaklik lees. Lekker ligte leesstof, selfs met ‘n komiese ondertoon, werk goed. As ‘n mens dus so ‘n kortverhaal aanpak, moet jy in gedagte hou wie jou lesers is en wat hul behoeftes is. Tog wil ons ook die grense van die verlede ‘n bietjie verskuif, dus sal meer volwasse verhale, soos aksie- en avontuurverhale of selfs rillers oorweeg word. Die rillermark floreer deesdae!
  • Onthou, konflik vorm gewoonlik die kern van enige goeie storie, of dit nou ‘n romantiese, dramatiese of komiese verhaal is. Die belangrikste bly egter die storie. Jy moet ‘n storie hê om te vertel en dit só skryf dat ander dit graag wil lees.
  • Jy kan self besluit of jy die alomteenwoordige verteller of ‘n eerstepersoonverteller wil gebruik. Dit hang af van die soort storie wat jy vertel.
  • Onthou maar altyd dat daar eintlik net ‘n paar basiese stories is en dat elke storietema ‘n variasie op een van daardie temas is. Dit is egter die manier waarop ‘n ou storie (‘n cliché as jy wil) in nuwe klere aangetrek word, wat die deurslag gee.
  • Goeie smaak is altyd die wagwoord. Wees versigtig as jy omstrede onderwerpe aanraak. ‘n Mens kan natuurlik sulke temas gebruik, maar dan met groot omsigtigheid en subtiliteit. ‘n Mens wil nie jou leser vervreem of aanstoot gee nie. Pasop veral vir temas soos godsdiens, seksuele geweld en misdrywe, dwelmmisbruik, rassisme, alkoholisme, sogenaamde “afwykings” en politieke kommentaar.
  • Dieselfde geld vir kru taalgebruik, godslastering en haatspraak. As jy sulke onderwerpe of terme wil gebruik, moet dit absoluut gemotiveer wees.
  • Waak teen lang, ingewikkelde sinne of oormatige beskrywings met ‘n oormaat byvoeglike naamwoorde om emosie of skoonheid te beskryf. Minder is meer. Karakters en hul taalgebruik moet geloofweaardig wees. Dit beteken dat sogenaamde sleng gebruik kan word as dit is hoe mense praat, veral jongmense, maar moenie dit in oormaat gebruik sodat dit later die aandag van die storie aftrek nie. Mense praat ook soms in halwe of kort sinne.
  • Ken die onderwerp waaroor jy skryf en doen navorsing waar nodig. Lesers let feitelike onakkuraathede op en reageer vinnig daarop, wat ’n skrywer in die verleentheid kan stel.
  • Eindes moet verkieslik gelukkig wees, maar hoef nie net in daardie patroon te val nie.
  • Reeds gepubliseerde skrywers is ook welkom om verhale voor te lê.
  • Verhale moet per e-pos voorgelê word. Heg dit as ‘n aparte Word-dokument aan die e-pos. Ongelukkig word geen handgeskrewe verhale aanvaar nie.
  • Hou by ‘n maklik leesbare lettertipe soos Arial of Times Roman en met 1.5 lynspasie.
  • Maak asb seker dit is maklik leesbare dokumente. Moet asb nie in Hoofletters skryf nie, dis baie moeilik om te lees. Moet ook nie verhale in kolomme op ‘n bladsy plaas nie.
  • Skryf die titel van die verhaal asook die naam van die skrywer aan die begin van die verhaal. As jy ‘n skuilnaam wil gebruik, dui dit duidelik aan, byvoorbeeld: Liefde in die Skemer deur Martie van Rensburg (GEBRUIK SKUILNAAM Petra Lindeque). Moenie net die naam van die storie skryf nie. PLAAS ASB. U E-POSADRES OOK IN DIE VERHAAL. Ons ontvang baie verhale en dit help baie met die administrasie as die e-posadres in die storie ingetik is.
  • Laat ongeveer ‘n maand toe nadat jy jou verhaal ingestuur het om reaksie van ons verhaleredakteur te kry. Moenie navraag doen as jy binne ‘n week nie reaksie gekry het nie. Moet ook nie ‘n volgende verhaal stuur tot jy nie reaksie op jou eerste een gekry het nie. Rig jou navrae net aan die verhaleredakteur.

Stuur jou verhaal aan ons verhaleredakteur Dineke Volschenk by dineke007@gmail.com.

Stuur jou kortverhaal vir ons

kortverhale1

RIGLYNE VIR HUISGENOOT SE KORTVERHALE

Lengte: 1 500 woorde.

Genre: Alle genres, insluitend liefdesverhale, maar ons wil graag meer verhale met ‘n kontemporêre aanslag plaas. Verhale wat handel oor gesinsverhoudinge, sosiale aangeleenthede, die internet en e-pos, ens, asook whodunits, is dus welkom.

Storielyn: Die hoofvereiste is dat die verhaal lekker moet lees, en as daar ‘n verrassing op die leser wag, des te beter. Dit moet ook opbeurend eerder as morbied en prikkelend eerder as gewaagd wees. Laastens moet daar ‘n definitiewe storielyn wees; sketse word nie aanvaar nie.

Teikenmark: Huisgenoot is ‘n gesinstydskrif en ideaal gesproke moet die kortverhale geskik wees vir almal (mans en vrouens asook jong mense).

Aanbieding: Slegs getikte manuskripte sal vir keuring aanvaar word.

Omons sub-proses te vergemaklik let asb op die volgende:

  • Gebruik dubbele aanhalingstekens deur SHIFT en die toets met dubbele aanhaaltekens te druk
  • Gebruik net een spasie ná punte, kommas, kommapunte, vraagtekens, ens.
  • Druk ENTER net een keer om ‘n paragraaf te maak; moenie indents maak nie.
  • Vermy die oorgebruik van aksenttekens; gebruik dit net waar absoluut nodig.
  • Vermy die gebruik van verkleinwoorde.

Betaling: R1,25/word = R1 875

Sorg asseblief dat volledige adres- en kontakbesonderhede op die mss verskyn (ook aanghegsels wat per e-pos gestuur word).

E-pos is verkieslik (cvanzyl@media24.com) of pos dit aan Posbus 1802, Kaapstad 8000, en merk dit vir die aandag vanCecilia van Zyl.

 

 

Moenie vergeet van VivA Afrikaans

http://viva-afrikaans.org/

viva-logo.png

Sluit aan, daar is so baie hulp vir skrywers:

Betekenis
Idiome, vaste uitdrukkings en voorsetsels
Leestekens
Sinskonstruksies
Aktief en passief
Ander sinskonstruksiekwessies
Deiksis en anaforiek
Woordsoorte
Spelreëls
Styl
Taalkunde
Taalvariasie
Uitspraak
Verbuigings (fleksie)
Woordeskat en woordkeuse
Ander

Ontmoet die skrywer van Wintersvlei se Magic

untitled.pngWie is jy en waar vandaan  kom jy?

Ek is Lindie van Gass, ‘n baie loud kaalvoetplaasmeisie, van net buite Mooinooi af.

 

Wanneer het jy begin skryf en hoekom?

 In graad 6, want my juffrou het van toe af vir my vertel ek gaan ‘n skrywer word eendag. Ek vrek oor die mag van woorde!

 

Wat het jy geskryf wat ons kan lees?

 Gaan loer gerus na my blog, wat in die proses van verandering is, maar op die oomblik is dit nog cappuccinos.wordpress.com en my Facebook-blad en instagram-blad het gedigte op: Lindie van Gass en lindievangass_skryf

 

Waaroor gaan jou boek/stories en waar kan ons dit kry om te lees?

 2 boeke. Rigtingbeneuk en Wintersvlei se Magic. Beide is jeugromanne, maar Rigtingbeneuk se storie is effens swaarder. Die blog se stories gaan oor ‘normale mense wat inspireer’. Boeke is by my direk beskikbaar op die stadium.

cover 2.jpgFace 3.jpg

 

Wat is jou groot droom?

 

Om so goed te wees met dinge verwoord, dat mense jou woorde wil gebruik om ‘n gevoel te beskryf. Nes ons almal Antjie Krog se ‘en my reis kom tot ‘n einde’ versie wil sing wanneer ons liefde kry.

 

Wie of wat inspireer jou?

 

Mense. Mense en woorde. Want beide hierdie kan die lelikste, maar ook die mooiste dinge in die wêreld wees.

 

Behalwe vir skryf, watter ander belangstellings het jy?

 

Ek vrek oor lees (natuurlik). Ek is ook ‘n wynliefhebber en verskriklik sosiaal. Baie lief vir die platteland en die natuur.

 

Gunsteling boek en skrywer en hoekom?

 

 Hoe kies mens ‘n gunsteling boek? Ek dink top 3: 1. A million little pieces – James Frey (want dit het my hele uitkyk op lewe verander)

2. A little life – want, wow. Lees dit.

3. The Last Lecture – dit het my baie geleer!

 

Watter plek sal jy nog wil besoek of selfs gaan bly?

 

Ek wil nog bittergraag Italië en Switzerland toe. Italië om Italiaans te leer praat en Switzerland om te sien of die alpe regtig so inspirerend is.

 

Waar en wanneer skryf jy die beste?

 

In koffiewinkels. Tyd is redelik irrelevant vir my.

 

As jy môre die lotto wen, wat sal jy doen?

 

 Soveel moontlik skryfkursusse doen sonder om te stress oor waar die aandete vandaan gaan kom en wie die huur gaan betaal.

 

Watter belangrike lewensles(se) pas jy in jou lewe toe?

 

  1. Verandering is gereeld nodig.
  2. As dit binne jou kapasiteit is, neem verantwoordelikheid daarvoor.

 

Wat laat jou lekker lag en wat maak jou ongelukkig?

 

Ek lag vir byna enige iets, so eerlikwaar, enige iets.

Ongelukkig? Om oor geloop te word. 

Egafrikaans

Ons stories is op egafrikaans! ( Ja, ‘n mens skryf dit so.)
Sluit aan by hulle, dan kan jy elke week die nuusbrief ontvang.

Hallo Vriende,

Moenie hierdie geselsbrief lees, sonder om die Oordenking aan die einde te lees nie, dit gaan oor die huwelik.

HULP MET STAALTJIES:

Soos lesers van hierdie geselsbrief sekerlik al gesien het is ek gedurig besig om na staaltjies te soek wat ek kan gebruik en in verlede week kontak Elsabe de Beer my en bied aan dat ons van hulle skrywers se kostelikhede kan gebruik. Jy kan meer oor hulle gaan lees by – SA Stories op facebook. Na Corinus se gesegdes, plaas ek van die bydraes wat ek van Elsabe ontvang het.

((o)) 000ooo000 ((o))

Vandag is Corinus weer eerste aan die woord en met hierdie bydrae van Corinus, sal jy mooi moet lees van ou idiome. Geniet dit! Dis kostelik en miskien, net miskien moet jy dit meer as eenkeer lees om dit te waardeer.

GESEGDES VAN DIE VOLK – Corinus

Praat mens deesdae van die “volk”, verdink almal jou dadelik van rassisme of dat jy so ver regs in die politiek staan dat jy Orania as ‘n oorgeblewe kommunistiese vakansie-oord beskou. Hierdie keer handel “volk” egter oor daardie kultuurskatkis wat vinnig besig is om uitgedien te raak en gevaar staan om dood te loop, naamlik idiome en segswyses. So onlangs as sestig jaar gelede was al die gesegdes hieronder deel van die Afrikaanse omgangstaal. Soms was dit as streekstaal in minstens twee van die ou provinsies gereken, maar elke matrikulant sou meeste daarvan geken het.

Op skool, nou seker al 50 jaar gelede, is die goed in my ingevoeter. Deesdae mag onderwysers nie meer die lat inlê nie, alhoewel ek opmerk dat veral die onderwysers in die Weskaap maar goed besig bly om maer bokke te dip – blykbaar die meeste van al die provinsies. Ek kan my indink dat kinders na so ‘n pak slae al vrywend oor hul boude vir mekaar sal vra: “Het die by kwaai gesteek?” of “Vandag het die onnie ons dadels gegee” of selfs (afhangende hoe hard daar geslaan is) “Ons het vandag op ons diederiks gekry” of “Meneer het frikkadel van ons gemaak.”

Van ons politici (van wie meeste skynbaar dink hulle leef in die land van Kokanje) en staatsamptenare (wat dit my mos lyk meeste van Koerland se vleis geëet het) se bankrekenings groei sterk van al die duimkruid en handesmeer wat hulle kry, aangehelp deur geleentheid wat geneentheid gee. Word iemand wel uitgevang, is dit gesang velskoen, vers vadoek, sing. So nou en dan word iemand darem wel skuldig bevind en moet hy hoenderspoor dra. Net jammer ons grondwet verbied deesdae die straf waar ‘n regter ‘n moordenaar of verkragter se keel kan laat weet hoe swaar sy agterent weeg.

Lyk my hulle hou deesdae heeltyd konsistorie in die parlement, want dis mos lekker om van anderman se leer breë rieme te sny. Het jy nodig om by ‘n staatsdepartement iets te moet gaan doen, lyk dit of meeste daar Maandag hou. Luister ek so na ons ministers, klink dit my mos alteveel of van hulle met die nagskuit gekom het. In die dae van olim was daar ook maar oliekoeke in die parlement, maar deesdae lyk die kafbale in die meerderheid, veral as ek luister hoe hulle ‘n staatspresident probeer beskerm wat nie die abc ken rondom Nkandla nie. Lyk my hoeka die Speaker het oë soos ‘n tjokkerbekaasvoël nodig om ‘n oog in die seil te hou wanneer veral die EFF padlangs praat en die praathuis op stelte sit. Kyk mens deesdae na ons einste genoemde agbare president, lyk dit publiek of hy die vyselstampers en die kriewelkrappers het sodra iemand “Nkôndla” sê.

As Prins Charles nie met die linkerhand getrou het nie, was hy heel moontlik nou nog met sy eerste vrou getroud en was haar naam beslis nie Diana nie.

Na die matriekeindeksamen is al die ouers bang dat hulle kinders op Margate se strand te veel vir Saartjie gaan soen sodat hul tee te sterk gaan wees of hulle hoog veertien op die strand rondlê en heeltyd net Engels praat. Dit, terwyl almal ook gaan ystervark slaan, en ons weet van drukkies en soentjies kom kousies en skoentjies.

En les bes, vra maar vir enige getroude man, al is skoonmoeder hoe gesuiker, sy bly maar suur. Almal wat Lotto speel, gooi ‘n spiering uit om ‘n kabeljou te vang.

(Verwysings: Afrikaanse Spreekwoorde Gesegdes, ens. Sewende druk, 1936; Afrikaanse Spreekwoorde Gesegdes en ander Uitdrukkings, Derde druk, 1954 (net ingeval ‘n politikus sou dink ek skel hom))

((o)) 000ooo000 ((o))

WHATSAPP: Wil jy twee keer per week ‘n klankgreep (Audio clip) op jou slimfoon ontvang, doen die volgende:

Maak die volgende nommer een van jou kontakte op jou foon – +27626708246 (Maak 100% seker dat die nommer korrek is.)

Nadat jy dit ‘n kontak gemaak het, stuur ‘n Whatsapp aan daardie nommer met die woord – KLANK en jou noemnaam.

En dan wag jy geduldig. Binne ‘n dag of wat gaan jy van my hoor.

Ek wil dit baie duidelik stel, dat hierdie NIE ‘n groep in Whatsapp is nie. Met ‘n groep kan almal wat deel is van die groep vir mekaar Whatsapp boodskappe stuur. Dit is soms baie ongemaklik. Ek gebruik ‘n ander opsie in Whatsapp en met daardie opsie kan jy NIE vir almal boodskappe stuur nie. Sou jy wel op ‘n Whatsapp boodskap reageer, gaan net ek dit ontvang en nie almal nie.

NB. Die week se eerste klankgreep gaan oor Morsekode.

((o)) 000ooo000 ((o))

DIE NAGWA:

Op my stofdorpie het die aandklok gesorg dat die dorp agtuur toemaak en afsit. Dt het egter die tyd nader gebring waar die kinders se kattekwaad kan begin.

Twee mense was op die dorp nie die kinders se vriende nie. Die eerste was die polisieman – wie ook al op diens was – want hy het gedurig gedreig om die kinders in die tronk te gooi. Sodra die polisieman op diens iemand sien drentel in die straat of met sy fiets rondry, het hy met sy Landrover vangwa tot langs jou gery en gesê, “Julle laaities moet rigting kry of ek sluit julle op!”

Die tweede persoon op die dorp van wie die kinders nie gehou het nie, was die tegnikus. Niemand het geweet wat sy naam is nie, hy was net die tegnikus. Hy het na die Poskantoor se drade en die sentrale gekyk. Hy het ook so ‘n geel Ford Capri gery wat vreeslik gebrul het. As hy kinders op die straat sien, dan jaag hy op hulle af asof hy jou wil omry. Wat sou gebeur as jy nie uit die pad gespring het nie, die weet ek nie. Ons was nie dapper genoeg om uit te vind nie.

Met die dorp wat afgesit het, het die kinders deur die vensters uitgeglip. Ons het besluit om die polisieman ‘n les te leer. Gewapen met ‘n rol toiletpapier, het ons afgestap hoofstraat toe. Ons weet die verveelde posisieman ry so elfuur in die nag in die hoofstraat af. Dit het nie lank gevat om een enkel laag toiletpapier oor die pad te span nie. Die polisieman het dan afgery en gestop. Die papier afgeruk en dit agter in sy vangwa gegooi. Dit het ‘n daaglikse speletjie begin word. Elke aand span ons die papier, en elke aand haal hy dit af. Dit het aangehou vir tien dae. Hy het nogal baie te sê gehad oor wat hy met ons sou doen as hy ons vang.

Die tafel was gedek vir ons wraak. Ons het weer die papier gespan, maar hierdie keer was daar ‘n kind in die pad – so 100 meter van die papier, af. Net ver genoeg dat hy die figuur kan sien, maar nie sal kan uitmaak wie dit is nie. Toe sy ligte in die pad val, toe begin die outjie hardloop. Dit is hier waar die polisieman seker gedink het sy grootste droom word waar en hy versnel, ignorer die toiletpapier.

Dit was ‘n veskriklike geluid toe die vangwas die toitelpapier tref. Wat die konstabel nie geweet het nie, is dat ons hom “mak” gemaak het met die toiletpapier. Agter die toiletpapier was nr 10 staaldraad gespan. Die draad het die vangwas op die ligte getref en opgeskuif. Hier het dit oor die enjinkap gegly en die buitespieëls en ruitveëers afgeruk. Toe tref dit die lang polisieantenna en ruk dit ook af. Die konstabel het die vangwa dwars in die straat gedraai en al skuiwende tot stilstand gekom. Hy het net gesit en voor hom uitgestaar.

DIe dorp se ligte het begin aangaan. Die hele dorp het die slag gehoor. Terwyl die grootmense stadig in hulle japonne gaan kyk wat aangaan, het ons kinders huis toe gesluip en in ons beddens gaan klim. Stroopsoet en onskuldig..

(Met erkenning aan Hansie Lategan)

((o)) 000ooo000 ((o))

Indien jy meer wil weet van ons toer na blommeland in Namakwaland gedurende Augustus, stuur ‘n e-pos aan Danie by D@nie.co.za met die onderwerp – BLOMME-INLIGTING en ek sal die res doen.

((o)) 000ooo000 ((o))

DIE HONDEMAN:

Oom Sybrand sit op die stoep en suig aan sy pyp. Daar is van sy skaap gesteel gisteraand en soos hy vir Klaas ken was die weer wydsbeen gesuip en het nie die honde hoor blaf nie. Klaas staan hoed in die hand en sê “my kroon, ek het net twee biertjies gedrink en die honde het nie geblaf nie my kroon.

Oom Sybrand beduie hom om liewer te loop voor hy sy nek omdraai. Hy wil nog Kooperasie toe vanmiddag. Op die Kooperasie se stoep loop hy vir Piet Mooifontein raak. Maskas, maar ons het mekaar lanklaas gesien. Kom ons gaan eers vir koffie en Martie se melktert. Ja Piet, daar is gisteraand drie van my skape gesteel. As ek hulle net kan vastrek. Ek het vir Bez Bezuidenhout ingekry om te help sê oom Piet. Hulle noem hom hondeman. Bel Graaf Reinette se polisie en vra vir speurder sersant Bez Bezuidenhout.

Oom Sybrand het dan ook skaars die volgende dag sy probleem aan speur sersant Bez Bezuidenhout verduidelik of hy kom stop met sy blou Valiant op die erf. Hy klim uit en loop na oom Sybrand toe. Steek sy hand uit en vra baie kortaf “hoeveel werkers het u”. Die werkers staan ook al almal daar rond. Bez bezuidenhout laat hulle almal in ‘n ry staan en vat een met ‘n rooi hemp onder die arms en skud hom mooi in gelid sodat almal in ‘n reguit ry staan.

Riempie snuif aan elkeen en sit later sy poot op rooihemp. Vloeksteen!!! hier is jou skaapdief meneer Coetzee. Riempies maak nooit ‘n fout nie. Met die terugry laai hy dan ook die “beskuldigde” af met ‘n waarskuwing dat hy hom sal toesluit as hy hom ooit weer in die geweste sien. Bez Bezuidenhout glimlag. Met ‘n dankbare oom Sybrand, ‘n skapie in die kattebak so kort voor Kersfees.

(Met erkenning aan Riana Barnard Mathee)

((o)) 000ooo000 ((o))

LEEUWêRELD:

Die ou moet te voet deur ‘n gebied gaan waar daar baie leeus is en hy het nie ‘n vuurwapen by hom nie. Hy doen toe navraag by die mense wat daar woon wat hy kan doen sodat hy nie leeukos word nie. Een ou gee hom toe klokkies en blinkers om aan sy klere vas te sit, want leeus hou volgens hom nie van klokkies en blinkgoed nie. Hy maak toe so, maar voor hy die staptog aandurf wil hy darem seker wees hy sal veilig wees. Hy vra toe weer iemand en die verwys hom na die leeukenner van die gebied. Hy ontmoet hom en die kenner bied aan om hom in die veld meer van leeus te leer. So ‘n ent verder kom hulle op leeumis af en die kenner dui aan dat dit ‘n klein leeu s’n is. Die ou is baie beïndruk daarmee en hulle stap verder die veld in. Die kenner gaan staan weer stil by leeumis en dui aan dat dit die keer ‘n groot leeu s’n is. Hy vra die kenner hoe hy dit weet en kry die antwoord: dit is vol klokkies en blinkers.

Natuurlik het die ou net daar besluit om nie voort te gaan met sy staptog alleen deur die leeugebied nie. Dit het my herinner aan ‘n keer in die wildtuin toe ons laat namiddag, kort voor die kamphekke sluit ‘n laaste draai gaan ry het. Ons kry toe ‘n trop leeus wat sommer naby die pad lê. Na ons so ‘n tyd hulle doen en late bekyk het ry ons weer ‘n entjie aan en kry toe ‘n veldwerker te fiets wat in die rigting van die leeus ry. Ons stop toe langs hom waarna hy toe saam met ons ry terwyl hy die fiets langsaan regop hou en ons stadig by die leeus verbyry.

Nou wonder ek steeds of leeus van fietsklokkies hou.

(Met erkenning aan Salomon van der Wath)

((o)) 000ooo000 ((o))

TROETELDIERE IS SOOS KINDERS IN DIE HUIS:

Daar is daagliks artikels op sosiale media en in die gedrukte media waar mense hulp vra met diere wat wegraak. Selfs in winkelsentrums en op lamppale sien ons soms advertensies oor verlore diere.

‘n Troeteldier wat verlore raak kan soos dood in die familie wees want dit is presies wat dit is, ‘n troeteldier waarvoor almal baie lief word en wat baie afleiding vir die huisgesin verskaf.

Baie diere word na ‘n veearts geneem waar ‘n tjip onder die vel geplaas word. ‘n Baie goeie idee totdat die praktiese sy ondersoek word. Eerstens moet die persoon wat die verlore troeteldier kry na ‘n veearts gaan sodat die tjip geskandeer kan word. Soms het ‘n troeteldier nie ‘n tjip in nie en is dit ‘n nuttelose oefening. Dit is ook nie altyd maklik om ‘n dier wat vreemd is in ‘n voertuig te laai nie.

CrisisOnCall is sedert 2002 in die identifikasiebesigheid en het dan ook ‘n leier op die gebied geword danksy volgehoue navorsing en fokus op identifikasie-metodes wat namens iemand kan praat wanneer hy/sy self nie kan nie. Ons het oor jare ‘n goeie reputasie opgebou onder lede en die gebruikers, paramedici.

Omdat troeteldiere vir CrisisOnCall ook belangrik is, het ‘n nuwe identifikasie-metode vir troeteldiere nou die lig gesien. CrisisOnCall het ‘n skyfie wat aan ‘n troeteldier se nekbandjie geplaas kan word waarop die CrisisOnCall logo, noodnommer en ‘n unieke plaatjienommer op voorkom.

Hoe werk die stelsel?

Wanneer iemand ‘n verlore troeteldier kry skakel hy die noodnommer, wat ook CrisisOnCall se standaard noodnommer is, en gee die plaatjienommer aan die agent. Die agent sal dan die betrokke persoon koppel met die eienaar en so kan hulle ‘n reëling tref om die troeteldier weer by sy eienaar uit te bring. So maklik soos dit!

Die skyfie kos eenmalig R60 per troeteldier en die eienaar moet ook ‘n lid wees van CrisisOnCall. Die inligting van die troeteldier word op die CrisisOnCall databasis geplaas en dit word gedoen as deel van die standaard pakket. Daar is dus geen addisionele maandelikse koste vir die lid nie.

Lidmaatskap kos R99 per gesin per maand wat die volgende insluit:

Krisislyn

Identifikasie

Dra van belangrike inligting (medies sowel as ander inligting)

Reismonitering (Reisende lede en hul gesinne word met gereelde intervalle geskakel totdat hulle hul eindbestemming bereik waarna ‘n teksboodskap na ‘n genomineerde naasbestaande gestuur kan word om te bevestig dat die reis veilig verloop het.

Gratis ambulansdiens in ‘n noodgeval (Pad- en lugvervoer)

Mediese-, gesondheids- en regsadvies

Reël van padbystand (Betaal van padbystand kan opsioneel bygevoeg word.)

Padkaart bystand

Reël van noodverblyf

Troeteldierbystand

Die administrasiekoste vir EgAfrikaanse lede is vir die volgende week slegs R 100. Identifikasie-bandjies is beskikbaar teen R 40 eenmalig.

Ons nooi jou uit om vir ons ‘n e-pos te stuur sodat ons al die voordele wat ons bied aan jou bekend kan stel om jou sodoende te help wanneer ‘n noodsituasie skielik ontstaan. Klik net hier vir die e-pos – CrisisOnCall

((o)) 000ooo000 ((o))

RESEP – Heerlike sop

2 x blikkies tamatiesop
1 x blikkie hoendersop
1 x blikkie sampioensop
1 x pakkie spek, gesnipper
1 x ui, fyngekap
Melk om te verdun, indien nodig

Braai bacon en ui in ‘n kastrol. Gooi al die blikkies sop by, meng goed, bring tot kookpunt. Stel hitte laer en laat prut vir so 30 minute.

Dit klink nie “great” nie, maar glo my, dis watertand lekker

(Hester het dit ingestuur.)

((o)) 000ooo000 ((o))

WYSHEID:

Moenie gepla word deur nietighede nie. Ons het beperkte tyd in die wêreld, so spandeer dit op die werk en mense wat die belangrikste is vir jou, aan die wat jy liefhet en goed wat saak maak. Mens kan ‘n halwe leeftyd vermors met mense van wie jy nie hou nie, of om goed te doen terwyl jy elders beter af kan wees.

((o)) 000ooo000 ((o))

WENK:

DOKTER DIT REG

Sorteer julle medisynekas volgens kinders, volwassenes, salwe, pille, strope, ensovoorts. Pak ook ‘n klein noodhulpkissie wat julle op naweek-wegbreke kan saamvat.

((o)) 000ooo000 ((o))

OORDENKING – Jou Huweliksmaat – 1 Petrus 3:1-7

Is daar ‘n mooier prentjie as twee stokou gryskoppe wat liefdevol hand aan hand stap en styf teen mekaar op die parkbankie gaan sit? ‘n Halfeeu se sout het hulle saam opgeëet; saam deur swaar tye gegaan; saam kinders groot gemaak; saam oud geword, en deur al die jare het hulle liefde vir mekaar net groter en hegter gegroei.

Om ‘n huwelik te laat werk is nie maklik nie, en so dikwels sien ons dat huwelike net eenvoudig nie uitwerk nie. Die man en vrou kan doodeenvoudig nie meer mekaar verdra nie, en weldra spat die vurige liefde van weleer aan duisend skerwe. As ‘n mens egter noukeurig jou huwelik grond op dít wat in die Woord daaroor vir ons geleer word, kan baie droefheid en pyn dikwels verhoed word.

In Petrus se tyd was dit bitter moeilik vir ‘n vrou in die huwelik. Sy het nie dieselfde status as ‘n man gehad nie en is dikwels soos ‘n vloerlap behandel. Om die waarheid te sê was die vrou se posisie in die samelewing maar haglik, want sy het géén sê gehad nie. Met die koms van die Christelike Kerk het vrouens egter hulle menswaardigheid teruggekry. In die kerk het hulle ware mense geword, gelyk met enige ander mens voor God. In die huwelik het hierdie nuwe status egter baie spanning veroorsaak, want skielik sien die man dat sy vrou nie meer die slaaf is wat sy was nie, veral as hy steeds ‘n ongelowige was. Dit het egter baie wyer uitgekring: die owerhede het gesien hier kom groot moeilikheid. Hierdie nuwe Godsdienstige beweging was besig om die huishoudings te ondermyn. Vroue het nou skielik baie meer seggenskap gehad as voorheen, en dit was ‘n reuse euwel! Dit alles het die Christenvroue in ‘n baie moeilike situasie geplaas, en daarom skryf Petrus hoe hulle dit alles moes hanteer om ‘n uiters plofbare situasie te ontlont.

Ons moenie hierdie gedeelte sien as ‘n algemene riglyn oor die huwelik vandag nie, maar dit gaan eerder oor die gelowige vrou se plig teenoor haar onredelike man in ‘n samelewing waar daar bitterlik teen die vrou gediskrimineer was. As ons egter gaan kyk na ons eie situasie vandag, en in die agtergrond van ons eie kultuur, dan geld die dinge wat Petrus vir die vrou sê gewoonlik óók vir die mans van vandag.

In vers 1 kry die vrou die opdrag om onderdanig te wees aan haar man. As ons egter Efesiërs 5:21 lees, sien ons dat dit ‘n wedersydse onderdanigheid moet wees. Hulle moet aan mekaar onderdanig wees. Dit is baie belangrik. Om onderdanig aan iemand te wees beteken nie dat daardie persoon jou baas word nie, maar eerder dat jy daardie persoon wil dien uit liefde vir God. Daar moet dus ‘n wedersydse diens aan mekaar wees. As slegs een persoon gelowig is, kan dit bitter moeilik raak, want dan word dit ‘n eensydige diens en eensydige onderdanigheid. As dit jou lot is, dink dan aan Jesus wat ook so ‘n eensydige offer gebring het toe Hy vir die sondes van die ongelowige wêreld betaal het aan die kruis. Sulke eensydige onderdanigheid kan jy nie uit jou eie krag regkry nie, maar alleen uit die geestelike krag wat die Heilige Gees vir jou gee.

Gedrag, sê Petrus, is baie belangriker as woorde. “Woorde wek maar dade trek.”, lui ‘n bekende spreekwoord. Jy sal nooit jou ongelowige man/vrou oortuig deur vir hom/haar te preek nie. Jou voorbeeldige gedrag is egter ‘n reuse preek, en daardeur mag jou huweliksmaat dalk tot bekering kom.

Petrus skryf in vers 3 ‘n ding wat talle vroue al nagmerries gegee het: “Julle skoonheid moet nie bestaan uit uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en sierlike klere nie.” As jy hierdie versie op sy eie lees, gaan baie vrouens hulleself eerder in ‘n donker kamer toesluit vir die res van hulle lewens. “Eerder dood as sonder grimering!” het ek menige vrou al hoor sê. As ons dit egter binne sy konteks lees, verander die prentjie: daar is niks verkeerd met juwele en grimering en al die ander vroulike fieterjasies nie, solank as wat jy die skoonheid uitstraal wat die Heilige Gees alleen in jou kan gee. Ons praat hier van dinge soos blywende beskeidenheid en ‘n kalmte van gees (vers 4). Innerlike skoonheid is soveel belangriker as die uiterlike, maar net soos grimering slegs ‘n masker is om jou mooi te laat lyk, so kan jy dalk ook ‘n mooi geestelike masker opsit. Innerlike skoonheid moet diep uit die hart kom sonder enige toneelspel of maskers!

As jy dalk gedink het dat hierdie gedeelte net vir vrouens geskryf is, moet jy weer vers 7 lees, waar hy spesifiek vir die mans sê dat hulle verstandig met hulle huweliksmaats moet saamleef. Hierdie is “heilige diplomasie,” waar die man wat nog gedink het dat hy die baas in die huis is terdeë moet besef dat huweliksmaats gelykes in die huwelik is.

Inderdaad wys jou verhouding met jou huweliksmaat hoe jou verhouding met God lyk. As dit vir jou ‘n probleem is om te bid, moet jy dalk na jou huwelik kyk, of die probleem nie dalk dáár lê nie! En as jou huwelik wankel, mag die éintlike probleem dalk in jou verhouding met God lê.

Gebed:
Here, help my om asseblief my huwelik kerngesond te hou.

(Met erkenning aan Louis Nel)

Skryfwenke: Hoofletter

Dankie Leoni Benghiat van SA Vryskutskrywers

Hoofletter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Hoofletters (Engels: “Capital letters“) sluit die alfabetletters A, B, C, …Z in (ASCII kode 65 tot 90) en sluit a, b, c, … z uit.

‘n Sin begin altyd met ‘n hoofletter, met uitsondering waar ‘n sin met ‘n begin, maar dan word die eerste woord na die ‘n wel met ‘n hoofletter geskryf. Bv. ‘n Appel is rooi.

Wanneer hoofletters gebruik word in die middel van ‘n sin[wysig]

  • Name en vanne van persone
  • Daevan die week – bv Maandag, Dinsdag, ens.
  • Maandevan die jaar – bv Februarie, April, Desember, ens.
  • Eerste letter van ‘n kolpunt (“bullet”)(uitgesluit ‘n)
  • Geografiese dinge, ingesluit straatname, stede, dorpe, provinsies, lande, federasies, subkontinente, kontinente, oseane (Atlantiese Oseaan), seë (Middellandse See), mere, riviere, woestyne en berge – bv Kerkstraat, Asië, Bangkok, Kaapstad, Oos-Afrika, Engelse Mere Distrik, Berg Everest, Niagara Valle, Noord-Wes Europa, Oranjerivier, Suidelike Afrika, Jemen, ens.
  • Planete en sterrestelsels– bv, MercuriusVenusMelkwegAndromeda-sterrestelsel, ens. LW dat die son en die maan en die aarde met kleinletters geskryf word. Hierdie woorde is selfstandige naamwoorde. Die feit dat die lidwoord, “die” vooraan geskryf word, bevestig dit.[1]
  • Historiese en geologiese tydperke– bv die Ystydperk, die Middeleeue, die Steentydperk, die Reformasie, die Renaissance, die Kambriese Periode, Oerknal, ens.
  • Tale– bv Afrikaans, Engels, Duits, ens.
  • Handelsmerke– bv Coca-Cola, DaimlerChrysler, Intel, Kodak, Lycra, Microsoft, Toyota en Volkswagen.
  • Universiteitsgrade– bv, Baccalaureus in Kuns, Baccalaureus in Besigheid, Wetenskap, Meesters in Wetenskap, Doktors in Filosofie, ens.
  • Oorloë– bv die Angolese Oorlog of Bosoorlog, die Eerste Wêreldoorlog, die Golfoorlog, die Viëtnam-oorlog, maar die oorlog in Italië.

Wanneer hoofletters nie gebruik word in die middel van ‘n sin nie[wysig]

  • Akademiese vakke– rekenkunde, biologie, chemie, aardrykskunde, geskiedenis, wiskunde, fisika, behalwe taalvakke soos Afrikaans, Engels en Zoeloe.
  • Algemene kartografiese terme– bv ewenaar, breedtegraad, lengtegraad.
  • Algemene chemiese, tegniese, finansiële en regsterme– bv balansstaat, butanol, kontantvloei, katalise, ingenieurskontrak, etanol, regsgeding, polipropileen, raffinaderye, opbrengs op ekwiteit en volhoubare ontwikkeling – tensy dit eiendomsreg name is, soos Chevron se Isokraking tegnologie™ en Sasol Advanced Synthol™ reaktor.
  • Maatskappy departemente, forums en komitees– bv raad van direkteure, bekendmaking werkgroep, groep finansiële afdeling, groep menslike hulpbronne-afdeling, gelyke indiensnemingsforum, interne ouditkomitee en korporatiewe bestuurskomitee.
  • Kompasrigtings– bv, oos, noord, noord-ooste, suid, suid-wes en wes, behalwe waar hierdie verwys na die groot subkontinentale streke soos Suid-Afrika, Oos-Afrika, Noord-Wes-Europa en Suid-Oos-Asië.
  • Geldeenhede– bv, dollar, euro, kroon, pond, pula, rand, sjilling, jen en yuan.
  • Werkstitels en beroepe– bv, rekenmeester, prokureur, voorsitter, uitvoerende hoof, direkteur, ingenieur, algemene bestuurder, geoloog, bestuurder, besturende direkteur, president, veiligheidsverteenwoordiger en vise-president.
  • Gedeeltes van lande, state, provinsies, lande en metropolitaanse gebiede– byvoorbeeld, die suide van China, oostelike Duitsland, suidelike kus van die Wes-Kaap, die suide van Kalifornië en noord Hampshire, maar let op woordeboekgespesifiseerde uitsonderings soos “Londen’s West End”.
  • Komitees, sentrums, departemente en sake-eenhede

As ‘n reël, kapitaliseer ons nie die meeste interne komitees en ander organisasies of eenhede nie, soos bv:

  1. komitee van besturende direkteure
  2. korporatiewe maatskaplike belegging
  3. werknemerwelstandsprogram
  4. groep korporatiewe sake-afdeling
  5. groep uitvoerende komitee
  6. groep finansiële departement
  7. groep beleggerbetrekkinge-afdeling
  8. groep regsafdeling
  9. groep beplanningdepartement
  10. materiaal veiligheidsdatastaat
  11. kantoor van die hoof uitvoerende beampte
  12. voorsieningskettingbestuur
  13. totale gewaarborgde pakket

Let ook op: Internet word met hoofletters geskryf, maar intranet nie. Ons skryf Wêreld Wye Web, maar webcam, webcast, weblog, webmeester, webbladsy.

Moenie maatskappyname geheel en al in hoofletters skryf:

Moet dit nie gebruik nie Gebruik dit
CONDEA Condea
ORYX Oryx
ENGEN Engen

Meervoude van naamwoorde

Wanneer na die formele naam van ‘n spesifieke organisasie verwys word, kapitaliseer ons die eerste letter van elke hoof woord, soos bv New York Aandelebeurs of Londense Aandelebeurs. Wanneer daar egter na meer as een verwys word, skryf ons New York en Londen aandelebeurse.

Kyk ook[wysig]

 

Nuus van ons Facebook blad

Ek wil net weer baie duidelik hier stel ons doel met die blad:
1. Ons wil onervare en nuwe skrywers ‘n kans gee om hulle werk te plaas en deur ander lesers te laat lees.
2. Ons bied elke paar weke vir julle ‘n skryf uitdaging, wat ons hoop julle sal help met julle skrywersontwikkeling.
3. Ons het kontak met heelwat groot name in die publikasie en taal wereld. Elke nou en dan sal julle een of ander prys van hulle wen.
4. Ons werk aan ‘n moontlike bundel oor Nostalgie, heeltemal aparte stories wat na my ge e-pos toe moet word by elsabedebeer8@gmail.com. 1,500 woorde
6. Jou stories wat jy instuur vir die uitdagings, sommer vir die lekker en alle stories hier geplaas sal een of ander tyd op Rainbow Gospel Radio uitgesaai word op ‘n Vrydagmiddag 13:00 tot 15:00. Ria gebruik elke Vrydag vier stories. Jy kan selfs jou storie of gedig self opneem op jou selfoon se voice recorder dan klink dit nog beter. Laat weet my asseblief as jy dit wil doen, ek en Riana wil almal ‘n kans gee om hulleself te hoor!
7. Dan is daar nog die RSG uitsending van Amore Bekker, sy het gese ons kan enige stories van TOEVAL instuur, maksimum 300 woorde. Stuur vir my, ek sal dit vir Amore stuur!
8. Ons het ook elke week vier stories of liewer humoristiese staaltjies wat op eg-afrikaans se blad en nuusbrief geplaas word. Daarvoor stuur julle julle staaljies na Riana Le Roux

Hier is almal BAIE welkom om te skryf!! Die admin